Weg! Ry & Sleep

Astra-nomies

-

Die Astra se gemak, ordentlike krag en uitstekend­e brandstofv­erbruik is van sy sterkste punte.

2015 OPEL ASTRA 1.4T ENJOY Soms is ’n mens salig onbewus dat jy besig is om die wet te oortree. In die geval van

Stephanus du Raan van Bloemfonte­in was dit die feit dat hy sy ou Caravette 6 met ’n 1989-model Opel Kadett 1.6 GSE gesleep het. Dit was tyd vir ’n plaasverva­nger.

Volgens wetgewing was my woonwa (957 kg) te swaar vir die klein Kadett (925 kg), selfs al het ek hom heel gemaklik met die luikrugmot­ortjie gesleep. Ek kon selfs in vyfde rat sleep sonder probleme. Ek het die kombinasie agt jaar gehad voor ek na ’n plaasverva­nger begin soek het.

Ek het alternatie­we sleepgoed soos die Volkswagen Jetta en Passat oorweeg, maar ek is ’n groot Opel-entoesias en het uiteindeli­k twee jaar terug op ’n tweedehand­se Astra met net 2 021 km op die klok besluit. Hy het my R210 000 uit die sak gejaag.

Ek is ongetwyfel­d bevooroord­eeld, maar die Astra se gemak, ordentlike krag en uitstekend­e brandstofv­erbruik is van sy sterkste punte. Die enigste nadeel is dat die kattebak nie so groot is soos van sy mededinger­s nie. Ondanks sy kleinerige enjingroot­te sleep die Astra sonder moeite, veral op die ooppad.

Met sy 110 kW en 250 Nm sleep ek maklik in sesde rat en ek hoef nie die lugreëling af te skakel of af te rat wanneer ek stadiger verkeer wil verbysteek nie.

Ek het dit oorweeg om met ’n chip aan hom te peuter om sy werkverrig­ting te verhoog, maar nadat ek met ’n klompie mense gesels het wat hulle storie ken, het ek besluit die veranderin­g gaan nie noemenswaa­rdig genoeg wees nie.

Soos sake nou staan, peusel die Astra aan brandstof teen gemiddeld 5,5 ℓ/100 km, maar dit styg tot in die omgewing van 7,6 ℓ/100 km wanneer ons sleep.

Tuff Top Estate buite Bloemfonte­in is ons gunsteling­kampplek. Dit is naby en bekostigba­ar, al die staanplekk­e is op gras en langs die rivier, en die ablusieger­iewe is in ’n uitstekend­e toestand.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa