Weg! Ry & Sleep

Blaargeraa­mte

-

Grassny is nie net om die gras in toom te hou nie, sê Peter Wille van Witrivier, wat inderhaas na sy foon gegryp het.

“Ek was besig om gras te sny toe ’n halfverrot­te blaar my oog tref. ’n Oranjerooi­erige liewenheer­sbesie het op die een kant gesit en die lig op die blaar was van só ’n aard dat ’n mens hom duidelik kon sien. Ek het net my ou iPhone by my gehad en ’n foto geneem. Ek het die finale foto op my skootreken­aar gesny soos ek daarvan hou.” Net soos met Rentia se foto het die foto detail wat ’n mens se oog ’n hele ruk lank besig hou. Uiteraard is die rooi besie die fokuspunt, en saam met die groen die anker van die samestelli­ng. Maar die foto sou nie tot sy reg kon kom sonder die res van die detail nie.

Al is die besie die fokuspunt, haak ’n mens se oog nie hier vas nie. Die oorblyfsel­s van die blaar met sy ingewikkel­de patrone trek vinnig jou aandag en laat ’n mens dink aan ’n padnetwerk op ’n landkaart.

 ??  ?? iPhone SE; 4,15 mm (29 mm in 35 mmformaat); 1/1 1250ste van ’n sekonde; f2,2; ISO 50
iPhone SE; 4,15 mm (29 mm in 35 mmformaat); 1/1 1250ste van ’n sekonde; f2,2; ISO 50

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa