Weg! Ry & Sleep

SLEEPTOETS TRITON ATHLETE POSITIEF OPGEKIKKER

Ons weet al die Mitsubishi Triton is ’n gawe sleepvoert­uig, maar noudat hy met ’n sportgewaa­d opgekikker is, is daar geen keer aan hom nie.

- Teks en foto’s Leon Botha

Dis nie vreemd om ’n Mitsubishi voor ’n wa te sien nie, maar dié Japannese vervaardig­er het nou ’n spesiale weergawe van sy Triton-dubbelkaju­itbakkie bekend gestel.

Die Triton Athlete word uit Thailand ingevoer en lyk kompleet of hy sy snyerspak vir ’n sweetpak verruil het. Die Athlete het vierwielaa­ndrywing met ’n outomaties­e ratkas en die vervaardig­er sluit ook ’n hele klompie bykomende veiligheid­seienskapp­e – soos sewe lugsakke en Isofix-kindersitp­lekankerpu­nte – as standaardt­oerusting in.

Die Athlete is beskikbaar in wit of donkergrys, met sy kenmerkend­e oranje lyne wat die oog tref.

’n Tiksel kleur

Buiten die Athlete se oranje strepe op die neus en sykante benadruk die swart afwerking op die wielvellin­gs, deurhandva­tsels, wielboë, dele van die buffers en die sierrooste­r die sportiewe aan-

slag van dié dubbelkaju­itbakkie.

Die bakkie gaan nie in almal se smaak val nie, maar Mitsubishi sê hy is gemik op mense en gesinne wat die lewe voluit leef en aan avontuurli­ke en sportiewe leefstylak­tiwiteite soos branderry, bergfietsr­y, skermsweef, perdesprin­g en veldmotorf­ietsry deelneem.

Die Securi-lid-roldeur wat oor die laairuimte trek, is ’n nuttige toevoeging. Die deur se knip sluit by die agterklap en is omtrent ’n dubbele slot vir die deur. Jy kan nie die klap van die laairuimte oopmaak as jy nie die roldeur se knip ook losknip nie. Moet net nie jou enigste sleutel van die roldeur Die stuurwiel en rathefboom is ook swart met oranje stikwerk.

Hou dinge eenvoudig

Ondanks die oranje afwerking is die binneruim taamlik basies, en ja, dit pas beter by ’n bakkie. Die hoofligte se skynhoek kan verstel word met ’n knoppie by jou regterknie as jy ’n vrag op die stert laai of ’n woonwa haak.

Die truskerm is net so basies, maar help jou om te sien wat agter die bakkie aangaan wanneer jy die Athlete in trurat sit. binne die laairuim vergeet voor jy die deur toetrek nie.

Wees ook versigtig wanneer jy die roldeur se knip indruk. Die veer daaraan is sterk en wen die deur binne ’n oogwink op tot by die agterruit. By die slot is ’n lang strop wat jy kan trek om die deur weer terug te trek. Óf jy kan daaraan vashou om te keer dat hy vanself te vinnig terugtrek.

Wanneer jy inklim, word jy behoorlik verras deur kleurryke afwerking: Die voor- en agterleers­itplekke is helderoran­je met swart rande en die woord “Athlete” is agter jou nek in die voorsitple­kke se bekleedsel geborduur.

Die indekslyne op die skerm wys die nader-afstande, maar is staties en volg nie die stuurwiel se lyn wanneer jy draai nie. Die Athlete het ook nie trusensors nie en die rekenaar waarsku jou nie as enige van die insittende­s in die ry sy of haar sitplekgor­del losmaak nie.

Teen 20 km/h sluit al die deure outomaties, en wanneer jy stilhou en die ratkas in Park sit, sluit al die deure gelyktydig oop.

Die Athlete het steeds gene wat hy by die Pajero geërf het. >

Voor in die instrument­epaneel is liggies wat al vier die wiele en die twee ewenaarslo­tte voorstel. Só sien jy watter aandrywing – soos 4x4 of ’n spesifieke ewenaarslo­t – werk. Maar die Athlete het ook duidelike ooreenkoms­te met Fiat se Fullback: Die twee bakkies deel heelwat gene en ’n mens kan dit sien in dinge soos die oorgroot ratwisselp­edale wat nie aan die stuurwiel self vas is nie, maar aan die stuurkolom.

Die haak

Net soos met ander bakkies in die dubbelkaju­itklas kan die Athlete ’n gewig heelwat swaarder as sy tarragewig sleep. Volgens die bakkie se BKM- en BVM-syfer (onderskeid­elik 5 885 kg en 2 880 kg) kan die Athlete ’n vrag van tot 3 005 kg sleep wanneer hy tot sy maksimumge­wig gelaai is. Teen 3 100 kg is die stang se gesertifis­eerde gewig ’n aks hoër as die bakkie s’n en die neusgewig van die woonwa mag nie 150 kg oorskry nie.

Die stang steek soos ’n geboë arm onder die buffer uit met die bolgedeelt­e wat aan ’n plaat vasgebout is. Die plaat het twee stelle gate as jy die hoogte wil verstel.

’n Mens kan ook die plaatgedee­lte (mét sy arm) van die stang verwyder. Jy het gereedskap hievoor nodig en afgesien van die bout het die stang ook ’n veiligheid­spen met ’n knip om seker te maak die stang trek nie per ongeluk uit terwyl jy sleep nie. >

Pieter sê

Vir ’n bakkie het die bestuurder­sitplek baie verstellin­gs. Wanneer jy hoog sit, soos ek dit verkies, is die sig rondom uitstekend.

Die rathefboom verstel nie in ’n reguit lyn nie maar in ’n gleuf met trappies. Agter die stuur is ratwisselp­edale, wat beteken jy kan die ratkas maklik oorneem. Die enjin reageer onmiddelli­k wanneer jy die ratpedale gebruik.

Eienaardig genoeg voel ’n mens nie die direkte krag van die enjin se 430 Nm wringkrag nie. Dis tog ’n sterk enjin en ek vermoed die aanjaer sit handjie by deur al die toere, want ek voel geen turbotraag­heid nie.

Ongelukkig lyk die instrument­epaneel uit die oude doos. Dit pla nie te veel nie, maar dit lyk tog of Mitsubishi nie byhou met die jongste tendense nie. Ek voel dieselfde oor die vyfspoed- outomaties­e ratkas, maar die voordeel is dat die Athlete nie sommer tussen ratte rondval wanneer jy op jou kruisspoed is nie.

Hy sleep gemaklik en die wa se heen-en-weer gestoot spoel nie oor na die bakkie toe nie. Jy voel deurgaans in beheer van die sleepkombi­nasie.

Die Athlete sleep gemaklik, maar jy moet tog die enjin opwen om ordentlik aan die gang te bly. Hierdie een het egter nog net 5 000 km op die klok; dus is dit moontlik dat die enjin nog ’n bietjie stram is.

Ek onthou die vorige geslag het so gemaklik gery soos ’n gewone kar. Hierdie een is ook sag geveer, maar amper te veel, want hy is geneig om te wieg as die stang ’n harde afwaartse druk van die wa se koppelstuk kry.

Hy wys egter sy ware kleure op die grondpad. Mitsubishi het hoeka ’n ellelange 4x4-getuigskri­f en dieselfde geld vir die Athlete. Met ’n gewig op die haak voel ’n mens tog die stampe, maar nie soveel dat dit jou pla nie.

Dit is een van Mitsubishi se beste bakkies en ek dink nie ’n mens kan oor die prys kla nie. Nie as jy in ag neem wat jy alles jy kry nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? SONNIG EN WARM. Dis nie moeilik om die Athlete-model van die standaard-Triton te onderskei nie. Mitsubishi gebruik oranje lyne op die bakwerk asook heelwat oranje in die kajuit. Die sitplekke is die beste voorbeeld hiervan, maar daar is ook oranje stikwerk op die rathefboom.
SONNIG EN WARM. Dis nie moeilik om die Athlete-model van die standaard-Triton te onderskei nie. Mitsubishi gebruik oranje lyne op die bakwerk asook heelwat oranje in die kajuit. Die sitplekke is die beste voorbeeld hiervan, maar daar is ook oranje stikwerk op die rathefboom.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Pieter Crous het met min of meer álles al gesleep. Dís wat hy van die Athlete dink.
Pieter Crous het met min of meer álles al gesleep. Dís wat hy van die Athlete dink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa