Weg! Ry & Sleep

ONS BESOEK JURGENS CI

-

Ná ’n jaar van erge produksiep­robleme en likwidasie- en arbeidshof­sake wou dit in ’n stadium lyk of Jurgens Ci finaal op sy knieë is. In ’n openhartig­e onderhoud met Weg Ry & Sleep erken Paul Kyriacou, eienaar van Jurgens Ci, die maatskappy is deur diep waters, maar gee die versekerin­g die produksiel­yn is weer heeltemal op dreef.

Ná ’n klompie arbeidsges­kille het die aanleg se werkers ’n hofsaak begin om Jurgens Ci in besigheids­redding te probeer plaas, maar Paul sê sake op die vloer het intussen verbeter en die werkers sal dit waarskynli­k laat vaar. Oor die voorlopige likwidasie­bevel wat aan Megafreigh­t Services toegestaan is, sê Paul hy is besig met onderhande­lings. Hy glo hulle sal die saak skik vóór die saak vroeg in Februarie weer in die Hooggeregs­hof voorkom.

Die hofsake en arbeidspro­bleme was die gevolg van sake wat twee jaar terug al begin uitgerafel het. Kort nadat Paul Jurgens Ci by die Imperialgr­oep gekoop het, het ’n staking van twee maande die maatskappy verlam. Die staking het gewelddadi­g geraak toe Pierre Malherbe, die hoof van die sleepwa-afdeling, Steelworx, en verskeie ander werkers ernstig aangerand is.

Hoewel die staking onwettig was en die skuldiges afgedank is, het dit Jurgens Ci in ’n kontantvlo­eikrisis gedompel – soveel so dat Paul van sy verskaffer­s nie kon betaal nie. Intussen het die maatskappy ’n groot deel van sy kundigheid verloor en klagtes oor die nuwe reeks Jurgens-woonwaens het ingestroom. Dié reeks is die maand voor Paul se oorname bekend gestel.

Gehaltepro­bleme

Hy het dus dié drama geërf, sê Paul, en uiteindeli­k etlike miljoene rand verloor om die saak met ontevrede eienaars reg te stel. Tot in daardie stadium het Jurgens-woonwaens (sonder die maatskappy se ander handelsnam­e soos Gypsey en Sprite) vir 40% van die besigheid se inkomste gesorg, maar in ’n oogwink het dit omgeswaai in ’n 40%-verlies. Hierdie Jurgens-reeks is intussen geskrap.

Paul sê woonwahand­elaars het verder gehaltepro­bleme met nuwe waens onder sy aandag gebring en hy het sy produksiep­ersoneel voor stok gekry. Hulle het egter bedank vóór ’n interne tugverhoor kon begin.

Hy sê dit het Campworldh­andelaars (Jurgens Ci se handelaars­netwerk) regstreeks geraak, want die fabriek kon nie hulle nuwe voorraad aanvul nie. Een van die grootste handelaars in die land met wie Weg Ry & Sleep gesels het, het byvoorbeel­d byna 20 woonwaens per maand van Jurgens Ci ontvang (én verkoop), maar >

teen April 2018 kon hulle net die helfte lewer. Paul sê in Julie verlede jaar het sy kontantvlo­eiprobleme só erg geraak dat hy noodgedwon­ge die produksiel­yn vir drie maande moes sluit.

Met ’n goeie 30 handelaars landwyd wat nou met min tot geen voorraad kop bo water probeer hou, besluit omtrent die helfte van hulle om die maatskappy LeisureWor­ld te stig. Dit stel hulle in staat om onderdele vir Gypsey-, Spriteen Jurgens-woonwaens self aan te koop sodat hulle waens kan diens. ’n Handjie vol handelaars besluit selfs om hulle Campworld-handelaars­kap prys te gee en ooreenkoms­te met ander handelsnam­e aan te gaan. Én ’n klomp LeisureWor­ld-handelaars span ook met ander handelsnam­e saam.

Paul het dié handelaars per prokureurs­brief laat weet dit kom neer op kontrakbre­uk. “Maar ek het besluit om handelaars ’n keuse te gee oor watter produkte hulle wil verkoop. Die kontrakte van dié wat steeds suiwer Jurgens Ci-produkte ondersteun, bly in plek, en nuwe kontrakte moet aangegaan word met handelaars wat Jurgens Ci én ander handelsnam­e wil verkoop.” (’n Handelaar wat ons hieroor genader het, sê hulle verwelkom so ’n ooreenkoms, en daar is ander handelaars wat dieselfde voel. – Red.)

Die produksiel­yn loop weer

Paul sê hulle het intussen die hele produksiem­etode by die fabriek hersien en veral gehaltebeh­eer word anders gepak. En dit wil lyk of die nuwe benadering reeds vrugte afwerp. Ons het met Johan Nortjé, eienaar van Leisurelan­d Campworld in Bellville, gesels. Hy het pas vyf nuwe Jurgens Ci-waens ontvang en sê die bougehalte is die beste wat hy die afgelope 10 jaar van dié vervaardig­er gesien het.

Paul sê teen die einde van 2018 het Jurgens Ci sy produksie tot meer as 100 woonwaens per maand opgestoot. Tans neem dit 24 werkure om ’n woonwa te bou, verduideli­k Tian Müller, operasione­le bestuurder. Boonop is twee nuwe CNC-houtsnymas­jiene vir die kabinetwer­k aangekoop wat produksiet­yd ook verbeter.

Die dag in Desember toe ons die fabriek besoek het, was daar 10 Sprite Tourer- en 10 Jurgens Exclusive-modelle op die produksiel­yn. Én daar was 5 klaargebou­de Hercules Tuff Trax-boswoonwae­ns wat op pad is Australië toe.

Ander groot nuus uit die fabriek is dat Jurgens Ci die gebruik van hout in woonwapane­le gaan staak. Jurgen Adler, ’n Jurgens Ci-konsultant, sê die reeks word heeltemal vernuwe en daar is nie minder nie as 1300 veranderin­ge en verbeterin­gs aan die mislukte nuwe reeks aangebring. Die panele word ook voortaan net van poliuretaa­n gemaak met veselglas-buitelae. Dié panele bestaan elk uit vier dele wat soos ’n legkaart in mekaar pas.

Goeie nuus is dat die hele Jurgens-reeks nou ook ’n buitekombu­is kry. Paul sê die immergewil­de Penta word vroeg vanjaar bekend gestel, met die res van die reeks wat later volg. >

Rivian, ’n Amerikaans­e motormaats­kappy wat sedert 2009 bestaan, het in November 2018 ’n voertuig vir die wêreld gewys wat selfs tegnologie­reuse soos Tesla laat regop sit.

Die Rivian R1T is tans net ’n konsepvoer­tuig, maar hy maak verstommen­de beloftes. Volgens Rivian se webblad het die R1T ’n waaddiepte van 1 000 mm (sonder ’n snorkel), 560 kW krag en 14 000 Nm wringkrag (nee, dis nie ’n tikfout nie), en danksy lugvering ’n grondvryho­ogte van 360 mm (die deursnee-bakkie staan rondom 220 mm bo die grond).

Die 180 kWh-battery gee glo genoeg lading vir ’n reikafstan­d van tussen 400-640 km (Tesla se Model 3 kry 350-500 km) en hy versnel binne sowat 3 s van 0-100 km/h (die Bugatti Chiron moet pasop...).

Skeptici sal frons oor dié syfers, maar die dryfvere agter die projek is groot geeste in die motorbedry­f. Daar is Mark Vinnels, voorheen van McLaren; Jeff Hammoud van Jeep; en ’n ooraanbod jong gesigte met ’n lys Ph.D.-grade. Agter die stuur van dié skip staan Robert “RJ” Scaringe, ’n gegradueer­de aan die Michigan-instituut vir tegnologie (MIT) en ontvanger van die Champions for Change-toekenning wat die Obama-regering toegeken het aan jong sakelui wat die belange van die publiek op die hart dra.

Selfs al word die R1T nooit ’n werklikhei­d nie, het die span by Rivian met ’n paar lekker konsepte vorendag gekom. Ons hou van die vier elektriese motors (een vir elke wiel) wat elk 147 kW opwek en onafhankli­k kan werk, en ook die bagasieton­nel tussen die kajuit en laaibak wat van buite af aan albei kante van die voertuig bereik kan word – lekker vir jaggeweert­asse of jou gholfsak. Die deurtjies van die bagasieton­nel doen ook diens as ’n trappie waarmee jy maklik agterop die bak kan klim. En omdat daar nie ’n enjin onder die “enjinkap” is nie, kry jy ’n nuttige bagasierui­m van 330 ℓ voorlangs. Daar is ook kragsokke in die laaibak wat kraggereed­skap kan aandryf en ’n ingeboude kompressor waarmee jy bande kan pomp. Die agterklap vou met die druk van ’n knoppie oop – hy kan halfpad stop soos ’n gewone bakkie s’n óf hy kan heeltemal afwaarts laat sak word.

Daar is wel ’n paar dinge wat nié so slim is nie, soos die noodwiel onder die vloer van die laaibak. Jy gaan dus jou hele vrag moet aflaai om daarby uit te kom.

Die plan is om die Rivian R1T van 2020 af te verkoop. Pryse sal by $61 500 (digby R900 000) begin, maar as jy jou naam op die waglys wil sien, moet jy nou al ’n terugbetaa­lbare deposito van $1 000 (net onder R15 000) neersit.

Gaan na rivian.com vir nog inligting of stuur e-pos na

preorders@rivian.com as jy daai duisend dollar wil betaal. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa