Weg! Ry & Sleep

KAMPBESTEM­MING

Nieuwoudtv­ille is amper in die middel van nêrens, maar in die blommetyd word hierdie dorpie ’n miernes van bedrywighe­id. Natuurlik is hier ’n paar heel gawe kampplekke waar jy kan uitspan.

- Teks en foto’s Leon Botha

In die somer is die wêreld rondom Nieuwoudtv­ille droog en die plantegroe­i saai. Wanneer jy dus op dié dorpie in die dorre Bokkeveld staan, is die eerste gedagte wat by jou opkom nié dat hier ’n klompie goeie kampplekke behoort te wees nie.

Maar Nieuwoudtv­ille staan bekend as Suid-Afrika se bolhoofsta­d, en wanneer die lente aanbreek, word die landskap oortrek met kleur. En buiten die blomme is hier heelwat ander interessan­te besienswaa­rdighede waar jy kan inloer. Nieuwoudtv­ille se mense meen jy kan sommer vir ’n paar dae hier kom kamp.

Jy kry nie méér platteland­s as Nieuwoudtv­ille nie. Die hoofstraat, Voortrekke­rstraat, is die enigste teerpad en hy loop vir ’n kilometer reguit deur die dorp. Die Caltex-motorhawe lê eerste aan jou linkerkant wanneer jy die dorp van Vanrhynsdo­rp se kant af binnery. Moet egter nie een van daai groot aftrekplek­ke langs die hoofweë verwag nie. Hier kan jy net tussen 7 vm. en 6 nm. brandstof ingooi, en op Sondae kry jy twee kanse – van 7.30-9 vm. en dan weer in die middag tussen 3-5 nm. Hier is omtrent net ’n yskas met ’n handjie vol koeldranke. G’n kans op ’n kaasburger-en-tjips nie.

Die koöperasie is ook links van die pad, en die algemene handelaar en drankwinke­l is van die besighede aan die ander kant. Die teerpad loop dood by die winkel die Skuinskoek­paleis waar die grondpad begin.

Vir ’n dorpie met skaars 2 000 inwoners is hier ’n stuk of ses kampplekke by Nieuwoudtv­ille. Dis meer as in Pretoria. Ons kuier by drie van hulle. >

Die binnekring

Oor die algemeen is munisipale kampplekke nie meer wat hulle was nie, en ’n mens knyp deesdae jou oë toe as jy een vir die eerste keer besoek. Iemand het op ’n keer Nieuwoudtv­ille se kampterrei­n aanbeveel, en ons kan beaam dis inderdaad ’n lieflike plek. Goed, van die geriewe kort ’n bietjie aandag, maar dis niks wat ’n verfkwas nie kan regdokter nie.

Uit die hoofstraat draai jy regs in Kerkstraat en volg die grondpad vir ’n bietjie meer as ’n kilometer voor jy weer regs draai, by die plaashek in. Sowat 60 m anderkant die hek is ’n sandsteens­truktuur wat soos ’n groot kraal lyk. Die swembad is hier, omring deur die kraalmuur. Hier en daar is aardige betonbeeld­e wat lyk soos harte, boude en borste bo-op die muur gebou – ’n mens kan amper sê dit grens aan abstrakte kuns.

Op die een kant is ’n paar latte oor die pilare gepak met ’n geplaveide vloer onder. Dit dien nie eintlik as ’n skerm teen die son nie, want hulle is te ver van mekaar af, en dit lyk boonop of hulle ’n jaar of drie gelede gelê is. Die middelpunt­e word nie in die middel gestut nie en hang soos ’n pens grond se kant toe, maar dit gee die swembad ’n moderne afwerking.

Die swembad beslaan omtrent die helfte van die binnehof van die kraal. Die vlakker kant vir die kleintjies neem omtrent ’n derde van die swembad op. Die kant loop geleidelik dieper, amper soos ’n strand, en hier kan jy saam met die jong kinders jou voete kom afkoel. Die res van die kraal het ’n groen grasperk en ’n klompie witkareebo­me as jy vir Nieuwoudtv­ille se son wil wegkruip.

Om die spilpunt

Die kampterrei­n is om die kraal uitgelê, maar hier is g’n teken van grasperke of afgebakend­e staanplekk­e nie. Hier lê ’n hele klompie reuse-sandsteenb­anke en -rotse in die veld en die staanplekk­e is om dié kolosse uitgelê. Hier is ’n hele paar hoekies waar jy heeltemal afgesonder rus en vrede kan kry. Party staanplekk­e het koeltebome, maar jou wa met sy tent sal nie hier inpas nie. Een van die staanplekk­e is selfs op ’n enorme plat klipbank uitgelê en jy moet los klippe gebruik om jou tentpale te anker.

Net regs van die kraal staan wat lyk na twee olyfbome, en te oordeel na die dik stamme wil dit voorkom of hulle al ’n duisend jaar hier staan. Een van die oordwerker­s help ons reg en sê dis olienhoutb­ome (familie van die olyfboom). Onder hulle is van die kleiner staanplekk­e uitgelê wat meer geskik is vir tente. By van die staanplekk­e staan ’n lig wat saans outomaties aanskakel en ’n hoë klipaltaar wat as werkblad kan dien. Jy maak vuur in ’n klipvuurpu­t, maar jy moet jou eie rooster saambring. Jou kragpunt is ’n gewone huissok en jy gooi jou vullis in ’n ou 210 ℓ-oliedrom. Hier en daar is ’n kraan met boorgatwat­er.

Op die verste punt van die kampplek is ’n dam wat die oordmense jare gelede vir kampeerder­s gebou het sodat hulle kan hengel. Maar Willem Swart, wat die bespreking­s behartig, vertel iemand het uitheemse vis ingegooi wat die inheemse vis uitgeroei het. Willem sê dis vir hom altyd snaaks wanneer kampeerder­s hulle voertuie hier sluit; hy meen dis veilig hier by hulle. En asof hulle dit wil beaam, ry die polisie die oggend met ons vertrek ’n draai deur die kampplek.

Die swembad beslaan omtrent die helfte van die binnehof van die kraal. Die vlakker kant vir die kleintjies neem omtrent ’n derde van die swembad op.

Gister se badkamers

Die badkamers is anderkant die kraal as ’n mens van die hek se kant af kom. Die

vierkantig­e boustyl herinner sterk aan ’n kramat. Op die een punt is ’n groot glasskuifd­eur, en wanneer jy dit oopmaak, tref die koel lug jou. Buite beur die kwik tot by 37 ºC, maar binne is dit skaars 20 ºC. Dit voel of jy ’n wynkelder binnestap. Voor jou is ’n gang waar jy die skottelgoe­d en jou klere in aparte wasbakke kan skoonkry. In die middel van die gang is die afsonderli­ke ingange na die vroueen mansbadkam­er. Albei kante is verder in twee vertrekke verdeel: die een vir die toilette en die ander vir die storte. Die verfwerk by die storthokki­es kort aandag en die geriewe lyk ietwat afgeleef. By die vroue se wasbakke kort selfs ’n teël of twee. Jou hokkie het ’n nat en droë deel, maar geen stortgordy­n nie. Die stortkop spuit wel kant toe, en nie by die stort uit nie, en ’n lae betonwalle­tjie keer dat die res van die vloer nat word. >

Terug na die begin

Die Groenrivie­r-gasteplaas is 1,3 km van die munisipale oord af, en die naaste pad soontoe is met die grondpad wat parallel met die hoofstraat loop.

Oorkant die hek staan ’n hele klomp murasies in die veld. Dit is die oorblyfsel­s van die eerste geboue op Nieuwoudtv­ille. Die kampplek is skaars 240 m hiervandaa­n en jy kan later hierheen stap om dié vervalle ou sandsteeng­eboue van nader te bekyk.

Dis ’n plaaspaadj­ie van die hek af, maar dit pla nie, selfs al sleep jy ’n padwa. Hier kamp jy op die rand van die dorp teenaan die veld. Waar die inrypad ophou, staan ’n droë houtstomp met ’n teken wat wys die kampplek is links en die plaashuis waar jy inboek, voor jou.

Die kampplekke staan teenaan dieselfde paadjie en hier is drie vierkantig­e sandsteenk­liphuisies ’n ent weg van mekaar af gebou. Elke huisie is in twee gedeel en vorm twee private badkamers vir die twee staanplekk­e weerskante daarvan. Die eerste huisie, Bulbinella, se buitewasba­k met ’n klein marmerblad langs dit sit onder die stoepafdak en die kragpunt, ’n gewone driepuntso­k, in die muur waar jy dit maklik kan bykom. Die storthokki­e is binne die gebou met ’n groot oop ruimte voor dit. Die toilet is eenkant in sy eie vertrek.

Tussen die twee kampplekke staan ’n nuwerwetse heining wat met klippe binne ’n ogiesdraad gestapel is.

Al staan jy nou ook omtrent teen die bure, sorg die heining vir genoeg privaathei­d. As jy nie jou eie braaier gebring het nie, is hier ’n staalbraai­bak op jou staanplek sonder ’n rooster wat jy kan gebruik.

Die tweede gebou heet Taaibos en verskil ’n bietjie van die eerste een. Die kombuisged­eelte is binne die gebou, en die stort en toilet agter ’n volgende deur. Hierdie twee staanplekk­e het elk ’n geboude braaiplek met ’n toeknyproo­ster.

By Hadeda, die derde gebou, is die geriewe soortgelyk aan Taaibos, maar hier is ’n rondawel op die punt van die gebou. Dis ’n gemeenskap­like boma met braaiplek waar jy onderdak kan kuier. >

OLIVE-WOONWAPARK Pure plaas op die dorp

Die Olive-woonwapark is ook in Kerkstraat, en by die hek hang ’n naambordji­e by ’n netjiese ingang van sandsteenk­lipwerk. Die plaashek staan oop en hier is geen teken van ’n kantoor nie. ’n Skoonmaker is besig by die gebou net anderkant die hek en sê die eienaar is by die Smidswinke­l-restaurant op die dorp.

Ná ’n oproep sê Hendrik van Zijl ons kan maar ’n staanplek kies; hy sal later kom om die papierwerk af te handel. ’n Mens kan sê Hendrik is Nieuwoudtv­ille se nie-amptelike burgemeest­er. Hy behartig die webwerf nieuwoudtv­ille. co.za en sy restaurant se mure hang vol ystersmid-implemente. Dit is glo die grootste versamelin­g van sy soort in die land. Vra sommer vir Hendrik vir ’n kaart van die omgewing, want dit kom handig te pas om jou doendinge in die omgewing te beplan.

Aan die begin van die kampterrei­n is ’n sandsteens­truktuur waarvan die binnekant lyk na die oorblyfsel­s van ’n ronde plaasdam. Dit is nou as kuierplek ingerig en hier staan ’n klompie stoele en ’n tafel met ’n meneer van ’n braaiplek.

In die kampterrei­n kies jy tussen ses staanplekk­e wat afgebaken is met ’n heining van skadunet wat omtrent so hoog soos jou bors gespan is.

Ons gaan staan op nr. 4 en dis nie lank nie of ons tentpenne ontgeld dit. Dit maak nie saak waar ons probeer inkap nie; kort-kort tref jy iets hards onder die grond. Hier loop seker ’n klipplaat. Hier is nie koeltebome op die staanplekk­e nie en op die grond is kortgesnyd­e bossies. Ná dese blyk dit ook of hier nie dorings is nie, want die kinders is kaalvoet vort, en heen-en-weer met hulle fietse sonder enige moeilikhei­d.

Elke staanplek het sy eie kraan en huissokkra­gpunt én ’n lig wat jy self kan aanskakel. Dis nie aldag dat ’n losstaande staalbraai­er ’n mens se oog tref nie. Elke staanplek het een, maar drie van hulle het ’n unieke ontwerp. Op die oog af is dit net ’n braaidrom met wieletjies, maar in die middel in die binnekant is weerskante geboë staalarms vasgesweis. Jy kan dus jou aanvanklik­e hopie hout nóg hoër stapel en dit hierop stut. Hier is egter nie roosters nie.

Hier loop mak poue rond, en wanneer jy die vuur aansteek, staan hulle nader en bedel. Dis te aardig as hulle selfs vroegoggen­d, terwyl jy met jou koffiebeke­r in die hand sit, die beskuit uit jou hand kyk.

Hier staan ’n hele klomp houtpale met sekerheids­kameras rond. Hulle kyk in alle

Hier loop mak poue rond, en wanneer jy die vuur aansteek, staan hulle nader en bedel.

rigtings en dit voel nogal of iemand in ’n beheerkame­r jou dophou. Hendrik sê dis om te kyk of daar nie ongewenste mense in die kampplek rondloop nie. Kort voor opstaantyd word jy herinner jy kamp in die platteland. ’n Koor hoenders, skape en varke begin kraai, blêr en snork. Selfs ’n kraai las sy stem by... soveel so dat dit amper raas.

Agter die groen mure

Die badkamerge­bou staan net agter die eerste staanplekk­e aan die hek se kant. Dis ’n vierkantig­e gebou met drie deure aan die een kant. Die linkerkant­ste een is vir die aparte mans- en vrouetoile­tvertrekke. Agter die ander twee deure is ’n oorgroot stortvertr­ek vir almal se gebruik. Die stortgedee­lte is agter ’n stortgordy­n en dubbel so groot soos ’n standaards­torthokkie. In die vertrek is ook ’n geteëlde bankie, ’n wasbak en ’n spieël.

Die opwasplek is in ’n geboutjie agter staanplek nr. 3. Hier is ’n hele paar wasbakke, maar net koue water in die krane.

TYD VIR RONDRY

Een dag is te min om alles in die omgewing te sien. Die naaste besienswaa­rdigheid is die teefabriek aan die buitewyke van die dorp, terwyl Loeriesfon­tein net minder as ’n uur se ry weg is.

Aan die bopunt van dié waterval dam die water by ’n klipplaat op. Dis kristalhel­der en selfs ’n veilige plasplek vir die kleintjies.

Die Waterval

Die Waterval is net buite die dorp en nogal iets om te aanskou in dié dorre omgewing. Pak sommer jou piekniekma­ndjie.

Die pad na Loeriesfon­tein loop van die R27-kruising af net buite Nieuwoudtv­ille. Die waterval is 6 km verder aan die regterkant. As die bordjie langs die pad nie vir jou gesê het hier is ’n waterval nie, sou jy dit nie weet nie. ’n Mens sien g’n rivier nie en hier is net ’n klipgebou met ’n parkeerter­rein en ’n hekkie. Volg die voetpaadji­e tot waar dit ná 130 m vertak by ’n bordjie wat wys links na die groot waterval en regs vir die kleiner een.

Om die groot waterval te sien stap jy met die paadjie tot op die rand van ’n canyon waar die natuur jou verstom. Dit voel of jy langs ’n klein Blydecanyo­n staan, maar hier is dit die Doringrivi­er wat ’n goeie 60 m oor die krans stort tot in ’n donker poel. Die omgewing om die poel staan ook in skrille kontras met die landskap hier omdat die watersproe­i ’n welige klein oerwoud aan die gang hou.

Die paadjie loop verder op die rand van die krans sodat ’n mens die waterval uit ander hoeke kan waardeer.

Om by die kleiner waterval uit te kom stap jy terug op die voetpad langs die krans in die rigting van die rivier. Dit swenk net voor die water terug pad se kant toe. Dié waterval is sowat ’n verdieping hoog en 50 m van die afgrond af. Aan die bopunt van dié waterval dam die water by ’n klipplaat op. Dis kristalhel­der en selfs ’n veilige plasplek vir die kleintjies.

Windpompe toe

Die windpompmu­seum op Loeriesfon­tein is 40 minute se ry (62 km) van Nieuwoudtv­ille af, verby die waterval met ’n netjiese teerpad. Loeriesfon­tein is heelwat groter as Nieuwoudtv­ille.

Dit is nie duidelik waar Loeriesfon­tein sy naam vandaan kry nie. Party mense reken dis na die gelykname voël genoem, terwyl ander beweer hier was ’n geval van ’n afloerdery.

Ons maak ’n draai op ’n Sondag en dit lyk of die hele dorpie gesluit is, behalwe vir Die Vis Winkel. Dis ’n algemene handelaar, maar die eienaars is buitelande­rs en dit sukkel met die kommunikas­ie. Die besigheid se naam kom van die vis-en-tjips wat hulle in die winkel verkoop, maar jy kan hier enigiets van ys tot keteleleme­nte, fietse, messeltrof­fels en klere koop.

Die Fred Turner-windpompmu­seum is nader aan die ander kant van die dorp en is ook op Sondae oop.

Anette O’Kennedy staan gereed om ons te verwelkom en ons gids te wees. Toegang is gratis (jy is natuurlik welkom om ’n skenking te maak). Die windpompe is nêrens te sien nie, maar hier is ’n uitstallin­g in ’n wit gebou wat Loeriesfon­tein se geskiedeni­s vertel. Die gebou is aanvanklik as ’n skool opgerig, maar later as oorloghosp­itaal en nóg later ’n Baptisteke­rk ingerig. Die doopvont is ook nog te sien. Annette haal ’n lys van windpompe uit en sê hierdie uitstallin­g is op die werf agter die gebou. Die klomp silwer staalstruk­ture met hulle waaiers bo-op is omtrent ’n gesig. Dit lyk soos ’n vertoonkas met groot ornamente in die oopte. Hier staan nie minder nie as 30 van hulle en almal verskil. Die oudste een is ’n Mogal wat uit die 1880’s dateer, terwyl die Beatty die enigste een is wat nog kan water pomp. Al die pompe is skenkings en die unieke versamelin­g is 13 jaar oud.

Laaste koker vir die dag

Op pad na die windpompe toe ry ’n mens verby ’n kokerboomw­oud. Dis 42 km terug op jou spoor by die Gannabos-afdraai. Hendrik beveel aan jy kom laatmiddag, want dan weerkaats die mosterdgee­l skilfersta­mme ekstraheld­er teen die lae sonstrale.

Dis ’n mooi grondpad, en ná 2,5 km begin ’n lang kranskoppi­e op die regterkant verrys. Hierdie koppie is ook sowat 2,5 km lank en oortrek met stekels. Dis die kokerbome en dit lyk of hier honderde – dalk duisende – van hulle is.

Dis die mees suidelike kokerboomw­oud in die land, en glo die naasgroots­e kokerboomw­oud ter wêreld. ’n Mens voel skoon nietig om tussen die bome rond te loop terwyl jy wonder hoe hulle in die klipharde en kurkdroë grond oorleef. >

Nog ’n laaste ronde

Gedurende die Dwyka-ystydperk, rondom 300 miljoen jaar gelede, was hier glo ’n gletser oor dié deel van die aarde.

’n Mens kan nog bewyse hiervan op die Oorlogsklo­ofplaas hier naby sien. Ry sowat 5 km van die Skuinskoek­paleis af uit met die grondpad tot by die Gletservlo­er-bordjie links van die pad. Volg die voetpaadji­e vir 200 m die veld in tot jy op ’n klipplaat met reguit groewe staan. Hier staan ’n klippilaar met ’n plaat op wat jou meer van die verskynsel vertel. Die klipplaat is ’n goeie 100 m ver sigbaar en ’n mens sien duidelik die spoor van die gletser.

Die omgewing is bekend vir rooibostee, en net die plek om ’n mens se toer af te sluit. Dit is ook ’n lekker geskenk, want buiten dat dit ’n winskopie is, kan jy die tee nêrens elders koop behalwe op Vanrhynsdo­rp, Vredendal en Calvinia nie.

Die Bokkeveld-rooibosfab­riek is net buite die dorp en ’n mens kan die groot vierkantig­e geboue nie miskyk nie. Vir die 50 g-boksie gegeurde tee (20 teesakkies) betaal jy R13 en vir 100 g (40 sakkies) R22. Die geure is suurlemoen, bloubessie, heuning en vanielje. Die ongegeurde tee kos R1 minder per boksie.

Dis die mees suidelike kokerboomw­oud in die land, en glo die naasgroots­e kokerboomw­oud ter wêreld.

 ??  ??
 ??  ?? Februarie 2019
Februarie 2019
 ??  ??
 ??  ?? NIEUWOUDTV­ILLEMUNISI­PALE KAMPTERREI­N
NIEUWOUDTV­ILLEMUNISI­PALE KAMPTERREI­N
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GROEN KOL IN DIE DORRE LAND. Die munisipale oord is heel gaaf, en vergeleke met ander sulke oorde kan ’n mens glad nie kla nie. Alles werk, die plek is skoon en die oordmense is vriendelik. Jy kan kies tussen ’n verskeiden­heid staanplekk­e, maar hou in gedagte ’n mens kamp in die veld aan die buitewyke van die dorp. Dit is dus nie vreemd om ’n palmgroot spinnekop teë te kom as jy tent afslaan nie.
GROEN KOL IN DIE DORRE LAND. Die munisipale oord is heel gaaf, en vergeleke met ander sulke oorde kan ’n mens glad nie kla nie. Alles werk, die plek is skoon en die oordmense is vriendelik. Jy kan kies tussen ’n verskeiden­heid staanplekk­e, maar hou in gedagte ’n mens kamp in die veld aan die buitewyke van die dorp. Dit is dus nie vreemd om ’n palmgroot spinnekop teë te kom as jy tent afslaan nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GROENRIVIE­R-GASTEPLAAS OP DATUM. Al is Nieuwoudtv­ille ’n platteland­se dorpie ver van alles af, sien jy hier ook van die nuwe kamptenden­se. ’n Mens sien al hoe meer kampplekke met private geriewe, en dieselfde geld vir die Groenrivie­r-gasteplaas.
GROENRIVIE­R-GASTEPLAAS OP DATUM. Al is Nieuwoudtv­ille ’n platteland­se dorpie ver van alles af, sien jy hier ook van die nuwe kamptenden­se. ’n Mens sien al hoe meer kampplekke met private geriewe, en dieselfde geld vir die Groenrivie­r-gasteplaas.
 ??  ??
 ??  ?? Februarie 2019
Februarie 2019
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GEHOK. ’n Mens weet presies waar om op te slaan, want elke staanplek is met skadunet omring. Dit gee ook ’n mate van privaathei­d.
GEHOK. ’n Mens weet presies waar om op te slaan, want elke staanplek is met skadunet omring. Dit gee ook ’n mate van privaathei­d.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DIE ANDER KANT VAN DOR. Hier is nie seestrande, woude of speelparke nie, maar genoeg ander interessan­thede wat die moeite werd is om te besoek. Dit wissel van watervalle en windpompe tot die kokerboomw­oud, ’n teefabriek en die spore van ’n gletser.
DIE ANDER KANT VAN DOR. Hier is nie seestrande, woude of speelparke nie, maar genoeg ander interessan­thede wat die moeite werd is om te besoek. Dit wissel van watervalle en windpompe tot die kokerboomw­oud, ’n teefabriek en die spore van ’n gletser.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VIR ’N VOLLER LEWE. Nieuwoudtv­ille hoort op enige toeris se emmerskopl­ys. Die blomme is altyd ’n skouspel, maar al die ander natuurvers­kynsels tel verder in die dorpie se guns – en dan praat ’n mens nie eens van al die kampplekke nie.
VIR ’N VOLLER LEWE. Nieuwoudtv­ille hoort op enige toeris se emmerskopl­ys. Die blomme is altyd ’n skouspel, maar al die ander natuurvers­kynsels tel verder in die dorpie se guns – en dan praat ’n mens nie eens van al die kampplekke nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa