Weg! Ry & Sleep

MY PLEKKIE

’n Mens moet vroeg bespreek as jy by Dwarsberg Trout Hideaway buite Rawsonvill­e wil kamp, maar dis deur en deur die wag werd, sê Annine le Roux van Kaapstad.

-

Ek het al in Julie verlede jaar plek bespreek vir my en my man, Gerrit, ons kinders, Hannah en Lukas, en ’n klompie vriende om in die laaste naweek van November by Dwarsberg se kampplek te kom uitspan.

Dis op ’n werkende vrugte-en-wynplaas en nét die plek waar ’n mens kan wegkruip saam met jou mense. En dis minder as twee uur se ry van Kaapstad af.

Vertel ons meer oor die kampterrei­n

Jou staanplek is eintlik ’n kampterrei­n in die kleine met ’n private badkamer. Hier is 11 staanplekk­e, sommige met plek vir 20 mense, terwyl die ander ’n maksimum van 15 kampeerder­s kan huisves.

Die staanplekk­e is baie ver van mekaar af en jy weet nie van jou kampbure verder teen die Holslootri­vier af nie. Ons verkies dit om op nr. 5 te kamp en was gelukkig om met ons laaste besoek weer daar te staan. Hier is ’n dik mat gras, ’n heerlike swempoel rég voor die staanplek en ’n lekker vuurput waar ons om die kampvuur gekuier het. Die koeltebome is yl gesaai, maar hier is ’n groot afdak waaronder ’n mens teen die son kan skuil. Ons staanplek is een van dié wat nie krag het nie, maar op sommige van die ander is daar wel kragpunte. Ons het ook twee sakke hout per aand gekry. Die ander lekker ding is dat jy hier maar jou selfoon kan wegsit – vir sommige netwerke is hier geen ontvangs nie en ander is swak.

Hoe lyk die ablusieger­iewe?

Op nr. 5 is een badkamerge­bou van hout met ’n stort, toilet en wasbak. ’n Gasgeiser sorg vir die warm water en buite die deur is die opwasplek vir skottelgoe­d. Daar is dubbele geriewe op die staanplekk­e wat vir 20 mense bedoel is. Op elke staanplek is ook twee vullisdrom­me.

Waarmee hou ’n mens jou besig?

Om die kampplek lê die plaas wyd en oop, en jy kan die stap- en bergfietsr­oetes aandurf of in die skoon rivier en poele swem óf jou visgerei bring en kyk of jy ’n forel aan die hoek kan kry. Bring jou voëlboek en verkyker ook saam.

Verder is hier ’n magdom wynlandgoe­dere in die omgewing en jy kan by kelders soos Merwida, Avondrood, uniWines en Kirabo gaan inloer.

Is hier ’n kampwinkel?

Dit is langs die ontvangsge­bou en het goed soos koffie, suiker, rakmelk, koeldrank, lekkers en vuuraanste­kers op die rak. Hier is ook ’n bistro waar jy kan kom aansit vir ontbyt en middagete.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa