Weg! Ry & Sleep

Kom sê hallo

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Dis Februarie en dit beteken net een ding. Nee, ek praat nie van Valentynsd­ag nie. Ek praat van ’n veel groter gebeurteni­s. (Jy moet ieder geval meer as een keer per jaar blomme koop en jou liefie in ’n restaurant bederf.)

Die ding wat ons dié tyd van die jaar kinderlik opgewonde maak, is die Kamp-en-bestemming­skou (voorheen bekend as die Beeld-vakansiesk­ou) wat die laaste naweek van die maand, dus 22-24 Februarie, by Gallagher Estate in Midrand gehou word. Dit is die kampbedryf se kans om te spog en dit wil lyk asof vanjaar se skou een van die grootste verskeiden­heid nuwe waens tot nog toe gaan hê. Dit is baie opwindend en op ons nuusblaaie gee ons jou ’n voorsmaak van ’n klompie nuwe modelle wat jy by die skou van nader gaan bekyk.

Weg Ry & Sleep is ook weer by die skou. Ons is op dieselfde plek as altyd, reg by die ingang. Kom loer dus in en sê dag. Dit sal lekker wees om jou te ontmoet.

Een belangrike vervaardig­er gaan egter afwesig wees – Jurgens Ci. Dit is jammer, want dit gaan ongetwyfel­d ’n groot leemte laat. Ek dink dit is die onsekerhei­d oor wat presies by Suid-Afrika se grootse woonwaboue­r aan die gang is wat vir die grootste kommer sorg – veral onder eienaars van Jurgens Ci se waens.

Vandeesmaa­nd kan ons vir jou aansienlik meer lig op die saak werp, want Jurgens Ci se eienaar, Paul Kyriacou, het ons gebel en genooi om self te kom kyk wat by die fabriek in Ga-Rankuwa gebeur. Leon het uit die Kaap opgevlieg en ’n hele dag daar deurgebrin­g – en die volle verhaal eerstehand­s by Paul gehoor.

Dit is ons tydskrif se verantwoor­delikheid om te alle tye onpartydig te bly en net vir jou die feite te gee, maar as kampgeesdr­iftige is ek dankbaar dat Paul uiteindeli­k openhartig gesels oor alles wat gebeur het sedert hy Jurgens Ci gekoop het. Intussen het die nuus bekend geword dat die maatskappy onder voorlopige likwidasie geplaas is, maar terwyl die rolpers besig was om op te warm, het ons ook hieroor kommentaar gekry. Al die inligting wat jy oor Jurgens Ci moet weet, is op bl. 16.

Veilig reis!

Ons gaan stap net voor sononder ’n draai, en dis toe dat ons haar sien: ’n Moeder-seeskilpad kruip uit die see om haar eiers op die strand te kom lê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa