Weg! Ry & Sleep

DRIE HOERA’S VIR OOM COWBOY EN SY SLEEP-KEWER

- CHRISTO ELS Benoni >

Oom Cowboy en tannie Olive Els het in 1962 ’n merkwaardi­ge toer deur die land aangedurf met ’n woonwa. By daardie jaar se Grand Prix op Kyalami is daar ook woonwaens ten toon gestel. Dit is waar oom Cowboy-hulle ’n Travelitew­oonwa gesien en op die plek besluit het hulle moet een hê. Toe Grosvenor-motors in Johannesbu­rg die Maandagogg­end hulle deure oopsluit, was my pa se broer gereed om sy nuwe wa aan sy Volkswagen Kewer, ’n 1 200-model, te haak. Hy het sy eie vervoerbes­igheid gehad en het kort duskant drie maande opsy gesit vir ’n toer deur die land. Twee weke ná die transaksie vertrek hulle uit Benoni Kaapstad toe.

Die Kewer sleep te waffers met sy 88 Nm-enjin en hulle vorder tot by die destydse H.F. Verwoerdda­m (vandag die Gariep). Beaufort-Wes is volgende aan die beurt, en met hulle aankoms hier is hulle verstom oor al die aandag wat hulle kry. So al asof die dorp se mense weet hulle was op pad. By die vulstasie kom hulle agter mense wat op pad verby hulle gery het, het kom vertel van die Kewer met die woonwa.

Nou mik hulle Kaapstad toe, maar dis die jare voor die Hugenoteto­nnel, en die Kewer moet oor die Du Toitskloof­pas. Dit was eerste en tweede rat al die pad, maar oor hy is oor. Oom Cowboy is selfs verby ’n kar of twee wat nie die mas kon opkom nie en oorverhit het. Danksy sy lugverkoel­de enjin sukkel die Kewer nie met oorverhitt­ing nie. Van Kaapstad af is die Tuinroete volgende aan die beurt tot by Port Elizabeth. Die foto hieronder is op pad by die Paul Sauer-brug (vandag die Stormsrivi­erbrug) geneem. Oom Cowboy-hulle hou kuslangs met die N2 en ry deur die destydse Umtata tot op Margate. Die weer speel nie saam nie en hulle besluit teen die twee beplande weke op Margate. Hulle keer huiswaarts, maar op die ingewing van die oomblik, digby Estcourt, besluit hulle om oor Ladysmith Krugerwild­tuin toe te mik. Ná tien dae in die wildtuin is oom Cowboy-hulle se kamptyd verstreke. Die toer was ’n goeie 4 500 km lank en sonder enige meganiese teëspoed.

Tannie Olive is ’n rukkie gelede oorlede en oom Cowboy (inlas) is nou 95. Hy bly nog in Benoni, kyk na homself, en bestuur sowaar nog. Oom Cowboy sê hy sal nóú in die kar kan klim en Kaapstad toe ry. Ek wens ek sal dit eendag op 95 kan sê.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa