Weg! Ry & Sleep

Sal jy ’n Haval H9 oorweeg?

Die Haval H9-sportnutsv­oertuig is die duurste en luuksste Chinese ryding wat tans plaaslik te koop is. Ons het ons Facebook-vriende gevra of hulle bereid sal wees om hulle rygoed vir ’n H9 te verruil.

-

Stephan van Wyk

My GWM het dit sonder probleme deur Mosambiek gemaak en ek sal enige tyd een van dié Chinese voertuie koop.

Ben Visagie

Nee, hulle verwater ander vervaardig­ers se goeie produkte, maar mense koop dit steeds. Ek kan nie verstaan hoekom nie.

Andre van der Sandt

As hy enigsins soos die Foton is, sal ek hom koop. Ek ruil my Tunland nie vir enige ander bakkie nie – en ek het al met die meeste vervaardig­ers s’n gery. Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.

Keith Booysen

Was enigiemand onlangs in China? Hulle ry self nie met voertuie wat daar gemaak word nie omdat hulle net vir ’n jaar hou.

Hennie Lacock

Wat herverkoop­waarde betref, kom dié kar nie naby wat ek vir my Fortuner sal kry wanneer dit tyd is om hom in te ruil of te verkoop nie.

Deon Geyser

Die meeste mense wat hier kommentaar lewer, het waarskynli­k nog nie eens met een gery nie. Ek het voorheen Toyota- en Suzuki-voertuie besit en sal met graagte ’n H9 koop.

Fransoa Orffer

As jy een van daardie mense is wat besorg is oor handelsnam­e en oor wat mense van jou dink, is dit nie ’n kar wat jy sal koop nie. Ek het ook met ’n halfmiljoe­nrandse kar gery, maar besluit ek kan my geld beter gebruik, en vir my ’n GWM-bakkie gekoop. Ja, die gehalte is nie dieselfde nie, maar hy is ligter op diesel en die voertuie se verkope styg elke maand.

Walter Leon Hayes

Dalk oor 30 jaar. Vir nou hou ek eerder by Isuzu.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa