Weg! Ry & Sleep

Loftus se meerstersk­uif

-

Loftus Caravan City het pas ’n ooreenkoms met SuidAfrika se heel nuutste plaaslike padwoonwab­ouer, Checkmate, gesluit. Die Checkmate sal aanvanklik net by Loftus beskikbaar wees, maar daar word onderhande­l om die netwerk na Pretoria en Kaapstad uit te brei.

Checkmate se eerste model is die Knight, ’n middelslag­woonwa, met die Pawn en Queen wat glo binnekort volg.

Die Checkmate-reeks is sonder enige hout, en wat afwerking betref, kan dit kers vashou vir Europese waens. Woody Loftus verduideli­k die reeks pas netjies onder hulle ingevoerde Swift-waens in die prysklas R500 000-R600 000 in. Wat grootte betref, is die Knight vergelykba­ar met ’n Jurgens Classique.

Die badkamer sit agter met die eilandbed (dubbelbedg­rootte) voor. Jy kan kies tussen ’n eethoekie of meer kaste. Die eethoekie kan platslaan en ’n tweede dubbelbed vorm.

Die panele – wat die soliede dak insluit – bestaan uit ’n polistiree­nlaag met glasveseld­eklae, en rondom die rande is ’n hoëdigthei­d-PVCskuimla­ag. Hierdie panele is só sterk dat ’n mens selfs op die dak sou kon staan as jy wou. Die vloer bestaan uit dieselfde materiale, maar die stert en neus word van veselglas gemaak.

Die reeks het’ n uitglybuit­e kombuis met ondermeer ’n opwasplek en induksiepl­aat, en aan die agterkant is ’n luik. Die 100 ℓ-watertenk is digby die as en die noodwiel pas langs dit onder die wa. Die neuskas is ruim genoeg vir die geiser en ’n lugreëlaar.

Die tarragewig van die Knight se prototipe is 1620kg, en afhangend van die koper se behoefte kan die BVM op 1,8 t of 2 t vasgestel word. Die onderstel kom van Roadque af en Checkmate gebruik ’n unieke wring staaf stelsel sodat die onderstel nie kan buig nie. Kontak 011 792 1456 woody@loftuscc.co.za loftuscara­vans.co.za >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa