Weg! Ry & Sleep

Echo wys sy nuwe vaandeldra­er

-

Echo4x4 het ’n vierde boswoonwa by sy reeks gevoeg. Hy word die Kunene genoem en is groter as die Kavango, tans die grootste in die reeks. Jy kan kies tussen ’n boswoonwa waarin twee of vier mense slaap.

Echo gebruik nog sy kenmerkend­e veselglasr­omp en boustyl, maar anders as die Kavango, waarvan die dak net aan die een kant lig, werk die Kunene se dak soos ’n opwipdak. Die bed is agter, en in die model vir vier mense slaan die skuins paneel bo die neus plat na buite om die tweede bed te vorm.

Die wa het twee deure regoor mekaar in die sypanele, en jy kan ’n badkamerge­deelte kies wat by die regterdeur inpas. Die kombuis is buite, maar die mikrogolfo­ond en wasbak binne-in die wa.

’n Nuwigheid is die uitglytafe­lblad binne wat van die neus af uittrek – net reg vir jou skootreken­aar. Die tafel is groot genoeg dat julle selfs hier kan eet as die weer nie saamspeel nie. Ook die twee buitekassi­es in die stert is nuut. Hulle is 300 x 400 mm groot en 100 mm diep, en tussen die twee is ’n houtrak. Die syfers 5,7 (l) x 1,95 (b) x 2,2 m (h). Die tarragewig is nog nie vasgestel nie, maar behoort rondom 1,1 t te wees (dieselfde geld vir die BVM, wat 1,5 t behoort te wees). Die prys was teen druktyd nog nie beskikbaar nie, maar die Kunene is by die Kamp-enbestemmi­ngskou te sien. Kontak 012 345 3333

echo4x4.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa