Weg! Ry & Sleep

Fiat Panda kry óók ’n nulletjie

-

Die Nissan NP300 Hardbody hoef nie meer alleen te voel nie, want hy het nou ’n maatjie wat saam met hom voor die hoof se kantoor wag. Die Europese NCAP (dit staan vir New Car Assessment Program) het die Fiat Panda in ’n onlangse botstoets ook nul sterre gegee – nét soos die Hardbody.

Die Europeërs was veral omgekrap oor die 16%-syfer vir kinderbesk­erming en 7%- syfer vir elektronie­se veiligheid­stelsels wat die Panda gekry het.

Die beste punt wat die Panda behaal het, is 47% vir voetganger beskerming. As jy dus deur ’n Panda raakgery word, het jy ’n amper ewe groot kans dat jy ongeskonde gaan wegstap of in ’n ambulans gaan beland. Die Panda het’ n gemiddelde tevredenhe­id syfer van 28,75% behaal.

Die grootste kommer is sekerlik die swak beskerming vir kinders op die agtersitpl­ekke. Kindergroo­tte botstoetsp­oppe het ernstige beserings aan hulle nek en kop (én borskas) opgedoen in botsings van voor én van die kant af.

Buiten die Panda en die Hardbody wat dit ontgeld, vaar die 2018-model Jeep Wrangler óók swak, maar hy kry darem een ster. Hy kry 50% vir beskerming van die voorste insittende­s, 69% vir kinderbesk­erming, 49% vir voetganger beskerming en 32% vir elektronie­se veiligheid s middels.

Die voertuig wat die beste gevaar het in verlede jaar se NC A P-toet seis die Mercedes Benz A-kla smet’ n tevredenhe­id syfer van 88,5%.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa