Weg! Ry & Sleep

Jimny is g’n aspatat

Die Suzuki Jimny is ná 20 jaar uiteindeli­k vervang. Was dit die wag werd?

- Teks Cyril Klopper

Die vorige Suzuki Jimny het wel sy foute gehad, maar dit was maklik om dit oor te sien omdat hy emmers vol karakter gehad het. En as jy ooit saam met iemand in ’n Jimny ’n 4x4-roete gedoen het, sal jy weet ’n Jimny-eienaar is byna fanatiek oor sy karretjie. Hy gaan jou vertel dat sý Jimny sirkels om jóú bostrokkie kan ry... en soms is hy reg.

Suzuki het probeer om die jongste Jimny selfs beter as sy voorganger te maak. Kom ons kyk of hulle daarin kon slaag.

Hiervan hou ons

Die vorige 1,3 ℓ-enjin het gesukkel om ’n spoed van 120 km/h te handhaaf, veral in heuwelagti­ge terrein. Die nuwe 1,5 ℓ-enjin trek heelwat sterker op die langpad en versnel ratser van verkeersli­g tot verkeersli­g.

Saam met die groter enjin het jy nou ’n keuse tussen ’n 5 spoed-handrat- of 4 spoedoutom­atiese ratkas, wat net in die vlagskip-GLX beskikbaar is. Laasgenoem­de se ratkas is ’n welkome toevoeging, veral in die veld en in spitsverke­er, maar as jy regtig die beste uit die enjin wil haal, beveel ons eerder die handrat aan.

Ons is gaande oor die viertrek-kortkierie agter die rathefboom. Dit gaan voorstedel­ike huisvroue met min tot geen belangstel­ling in veldry koud laat, maar vir ’n 4x4-entoesias is dit bevredigen­d om ’n meganiese hefboom te trek en te voel hoe die oordraratk­as inhaak.

Die agterste passasiers het meer beenspasie – nie baie nie, maar genoeg om te keer dat ouboet krampe in die bene kry.

’n Jimny-eienaar kan jy aan sy nat regterbobe­en uitken. Eienaars van die vorige Jimny kén die verskynsel. As dit gereën het en jy maak die deur oop, stort daar soms ’n straal water op jou bobeen. Nou het Suzuki

’n geut aangebring wat die einde van dié probleem beteken. Die geut maak dit ook moontlik om ’n ordentlike dakrak aan te bring.

Die stilering is in die kol vir ’n Jimny. Dit bring hulde aan die oorspronkl­ike Suzuki SJ én sy direkte voorganger, maar daar is ook unieke eienskappe. Ons weet nie wie die Jimny ontwerp het nie, maar hy of sy verdien ’n bonustjek.

Ons is verheug dat Suzuki die leerraam-onderstel behou, want dit maak die Jimny lekker stewig. Hulle het die onderstel selfs verder versterk met ’n X-vormige dwarsspar.

Die breër agterdeur is nuttig vir eienaars wat die agtersitpl­ekke met ’n laaistelse­l wil vervang, en die opening is reghoekig sodat daar nie spasie vermors word nie.

Nóg iets wat ons opgewonde maak, is die slingers vir ruite (slegs in die GA-model). Dalk is ons in die bol gepik, maar daardie slingers laat ons terugverla­ng na eenvoudige­r dae toe álles nie met skakelaars gewerk het nie.

Hiervan hou ons nié

Die nuwe Jimny se bagasierui­m is kleiner as sy voorganger s’n. Jy kon voorheen vier plastiektr­ommels vol proviand inlaai – nou voel dit of daar skaars plek vir ’n 2 ℓ-koeldrankb­ottel is. Jy moet die sitplekke platslaan as jy jou maandeliks­e inkopies by die huis wil kry, maar dan is die vloeropper­vlak só glad dat die kruidenier­sware rondgly.

Die passasiers op die agterbank is ook hulle bekerhouer­s kwyt. Die Jimny het sitplek vir vier, maar twee van daai vier mense gaan hulle koeldrank tussen die bobene moet vasknyp.

En waar is die ewenaarslo­t waarna ons gesmeek het? Die Jimny het wel ’n remgekoppe­lde glipewenaa­r, maar hy werk nie so

Ons weet nie wie die Jimny ontwerp het nie, maar hy of sy verdien ’n bonustjek.

goed soos ’n regte ewenaarslo­t nie. Dis seker beter as niks...

Daar is nog ’n klompie haakplekki­es, maar kom ons hou eerder op hare kloof. Op die ou end bly die Jimny ’n gawe ryding.

Slotsom

Die enkele kwelvrae wat ons het, bederf nie die algehele pakket nie en jy sal nie spyt wees as jy een aanskaf nie.

Al wat wel ’n bietjie pla, is dat ons 20 jaar lank moes wag vir ’n gawe Jimny, en nié ’n verstommen­de een nie.

 ??  ??
 ??  ?? BOGSNUITER SE MOSES. Die instrument­epaneel het bonkige knoppe, nes dit ’n veldryvoer­tuig betaam, en die raakskerm reageer lekker vinnig. Die 1,5 ℓ-enjin is ’n welkome toevoeging, maar ons reken Suzuki moes eerder hulle M16a-1,5 ℓenjin uit die Swift Sport gebruik het. Dít sou nou vir jou ’n op en wakker dingetjie gewees het!
BOGSNUITER SE MOSES. Die instrument­epaneel het bonkige knoppe, nes dit ’n veldryvoer­tuig betaam, en die raakskerm reageer lekker vinnig. Die 1,5 ℓ-enjin is ’n welkome toevoeging, maar ons reken Suzuki moes eerder hulle M16a-1,5 ℓenjin uit die Swift Sport gebruik het. Dít sou nou vir jou ’n op en wakker dingetjie gewees het!
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa