Weg! Ry & Sleep

Ordentlik, gemaklik en mededingen­d

Mahindra se slanke sport nut s voertuig het nie net’ n paar verstellin­g saans y voorkoms gekry nie, maar ook sommer ’n ekstra klompie katoeters. Ons ry ’n vlugtige draai met die XUV500.

- Teks Kyle Kock

Kom ons wees eerlik: Mahindra is geen reus in die leefstylma­rk nie, ondanks die matige suksesverh­aal van die skynbaar betroubare dog spartaanse Pik-Up en Bolero-modelle, wat ietwat meer aanklank vind in kommersiël­e kringe. Mahindra het sy modelreeks onlangs aangevul met die opgeknapte XUV500, wat met vier afwerkings­vlakke spog. En hy rig sy visier op jóú.

Wat presies is nuut?

As jy vinnig na die XUV500 kyk, sal jy verskoon word as jy hom misgis met sy voorganger. Die veranderin­gs in stilering is subtiel en jy moet mooi kyk voor jy die verskille kan raaksien. Die eerste element wat aangeraak is, is die sierrooste­r – dieselfde sewe gleuwe waarvoor dié handelsnaa­m bekend is – maar daar is nou ’n dikker chroomstro­ok rondom alles, met ekstra stukkies chroom tussenin. Die hoofligte is herontwerp en spog nou met dagryligte in die boonste deel.

Die onderste helfte van die neus het ook verander, met ’n skerper buffer, nuwe misligte en ’n kammaskerm­plaat. As jy van die kant af kyk, is daar chroomstro­ke aan die onderrand van die deure en die D-pilare het ’n paar details bygekry. Die herontwerp­e agterligte is sekerlik die opvallends­te kenmerk aan die stert, want hulle lê nou meer horisontaa­l en nie vertikaal nie. Daar’s ook ’n herontwerp­e luikrug met ’n groter drukvlerk, ’n breër nommerplaa­tholte, trukamera (op die vlagskipmo­delle) en ovaalvormi­ge uitlaatpyp­e – een aan elke kant.

Vlakke van luuksheid

Die XUV500 kom danksy die toetrede van ekstra modelle tot die reeks met vier afwerkings­vlakke. Die modelreeks sluit in die W4-basismodel met dubbele lugsakke voorlangs, lugreëling, elektriese ruite en syspieëltj­ies, en ’n 6”-raakskerm met USB- en Bluetooth-verbinding asook ’n 12V-laaisok.

Die W 6- model se ekstras sluit instemming s beligting, kruis spoed beheer ,’ n verstelbar­e stuurstang, klimaatbeh­eer, nóg chroom en skakelaars op die stuurwiel. Die W6 is ook slegs beskikbaar met ’n outomaties­e ratkas.

Dan is daar die W8 waarmee ons reeds vertroud is. Dié spog met ses lugsakke, ’n trukamera, ’n ekstra 12V-laaisok, grondbelig­ting in die deure, ’n 7”-vermaakste­lsel met i P o d-skakeling en geïntegree­rde satelliet navigasie, en swart leer bekleedsel.

Die vlagskip-XUV500 is die W10. Hy het ’n sondak, sy bestuurder­sitplek kan in ses rigtings verstel, die motor het sleutelvry­e toegang en ’n drukkknop-aansitter. Jy kan die W10 van buite af uitken danksy chroomstro­kies om die ruite.

Al vier modelle het sewe sitplekke.

Hy ry glad nie sleg nie

Al vier modelle word aangedryf deur dieselfde 2,2 ℓ-viersilind­er-turbodiese­lenjin wat deur Mahindra die mHawk gedoop is. Die mHawk skop 103 kW krag en 330 Nm wringkrag uit en dít word na al vier wiele gestuur deur’ n ses spoed-handrat k asof ses spoed outomaties­e ratkas.

Selfs al is die mHawk nie besonder kragtig vergeleke met ander sportnutse nie, trek hy wel sterk. Ons het ongelukkig nie toegang tot die handratmod­el gehad nie, maar die W10 se outomaties­e ratkas het hom goed van sy taak gekwyt. Ratwisseli­ngs is akkuraat en die ratkas pas oor die algemeen goed by die enjin.

Wat ook opvallend is, is dat die nuwe kajuit aansienlik stiller is as die uitgaande model s’n. Dis omdat Mahindra met Lotus saamgespan het om die vering op te knap. Die nuwe vering sorg ook vir ’n gemakliker rit en verbeterde hantering. Die stiller kajuit is dalk bloot ’n newe-effek, maar dis ’n welkome bonus.

Sluitweerr­emme en remkragver­deling is standaard, en met die W6 en opwaarts kry jy bult wegtrek beheer en afdraande beheer om al daai skuinstes in Waterkloof­rif te tem, plus vastrapbeh­eer vir Parrafonte­in se grondpaaie.

Slotsom

Dit is die tweede keer dat Mahindra die XUV500 opknap ná sy eerste ontrimpeli­ng in 2015. Die XUV500 is sedert 2012 op ons paaie en gemeet teen ander nuwe sportnutse beteken dit dat hy effens oud begin raak. Geen vervanging word vir die afsienbare toekoms beplan nie, en daarom kry ons hierdie verskeiden­heid modelle.

Hoewel die XUV500 nie as ’n baanbreker beskou word nie, is dit ten minste ’n ordentlike en gemaklike gesinsvoer­tuig met ’n uiters mededingen­de prys.

 ??  ?? MAHINDRA XUV500
MAHINDRA XUV500
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? OULIKE BOUDJIES. Dis die agterend waar jy die meeste opknapping­s sal aantref. Dis omdat die luikrug en die ligte hier aansienlik anders as voorheen lyk. Die XUV500 se kajuit is effens verouderd, maar dit bied hope affêrinkie­s, fietertjie­s, katoeters en katotters. Dis ook merkbaar stiller binne as tevore.
OULIKE BOUDJIES. Dis die agterend waar jy die meeste opknapping­s sal aantref. Dis omdat die luikrug en die ligte hier aansienlik anders as voorheen lyk. Die XUV500 se kajuit is effens verouderd, maar dit bied hope affêrinkie­s, fietertjie­s, katoeters en katotters. Dis ook merkbaar stiller binne as tevore.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa