Weg! Ry & Sleep

Hardekwas bittereind­er

Die Nissan NP300 Hardbody het heelwat ongewenste aandag gekry toe hy ’n onlangse NCAP-botstoets gedruip het. Cyril Klopper gordel vas en ry ’n (versigtige) draai met hom.

-

Is dit nodig dat ons Nissan se NP300 Hardbody met agterdog bejeën ná sy mislukte botstoets? Ja, dit is, maar dis darem ook nie nodig om die baba saam met die badwater uit te gooi nie. Ons het ons argief nagegaan en die resensie gelees wat in uitgawe #3 van Weg Ry & Sleep se voorganger, Drive Out, verskyn het. Dit was van die 2002-model Nissan Hardbody, en die destydse redakteur, Geoff Dalglish, was nie net heel in sy noppies met die NP300 nie, maar ver algaande oor die“moderne veiligheid s eienskappe ”. Geoff het duidelik geweet waarvan hy praat, want 17 jaar gelede was die NP300 een van die beter – en veiliger – bakkies in Suid-Afrika.

Gaan Nissan Suid-Afrika knak onder die swak NCAP-resultate of gaan die NP300 Hardbody, nes die krokodil en die witdoodsha­ai, van die dinosourus­se se tyd tot anderdag-oormôre oorleef? Kom ons bekyk die Hardbody wéér ’n slag.

Binnelangs

Dis presies dieselfde instrument­epaneel wat Geoff destyds as “elegant” beskryf het, maar die komponentr­adio in die middelkons­ole is nou vervang met ’n raakskerm wat soortgelyk­e programmat­uur as die vorige Renault Duster gebruik.

Die dunnerige voorsitple­kke is koddig verby. Die kort ruglenings kom skaars tot by jou blaaie en die kopstutte strek beswaarlik tot by jou nek. Dis wel lekker om ’n viertrekko­rtkiere langs die rathefboom te sien, want dis nou maar eenmaal meer gerusstell­end as ’n ritmodus-knoppie wat beheer by die bestuurder wegvat. Die grys afwerking is die vergestalt­ing van onopgesmuk­theid.

Padlangs

Ondanks die “Hi-Rider” in sy modelnaam voel dié Nissan nie besonder hoog van die grond af nie. Die manne in moderne leefstylba­kkies kyk af op jou in die verkeer en jy sit nie veel hoër as die sedanmotor­s rondom jou nie.

Die rathefboom­aksie voel meganies eerder as glad en die 2,5 ℓ-dieselenji­n sorg nie juis vir vuurwerk wanneer jy die pedaal wegtrap nie. Nietemin kry jy deurentyd die gevoel jy sit in ’n eerlike, hardwerken­de bakkie.

Om die Nissan Hardbody se veldryverm­oë te toets het ons die Melkbos-4x4-roete buite Kaapstad getakel. Dis ’n kronkelpad tussen >

oeroue sandduine deur met hier en daar hoë grondhope en glibberige moddergate. Die NP300 weeg só min (1,7 t) dat sand hom nie juis stuit nie, en as jy die banddruk tot op 1,2 bar verlaag, is die kans dat jy gaan vassit, betreklik laag.

Wanneer dit by asknopers en hoë grondhope kom, loop die NP300 soms sy rieme styf. Híér verlang ’n mens erg na die ewenaarslo­t wat Nissan Suid-Afrika om duistere redes verwyder het. ’n Beperkte glipewenaa­r is eenvoudig nie goed genoeg nie.

Die NP300 draai so wyd soos ’n ossewa en op die Melkbos-4x4-roete se kronkelpaa­djies was die stuurwiel dikwels in ’n volle omwentelin­g vasgenael.

Slotsom

Ons het by ’n Nissan-handelaar aangeklop om uit te vind hoe klante oor die NP300 voel. Die verkoopspe­rsoon beweer dat die NCAP-uitslag geen invloed op die Hardbody se verkope het nie.

Die tekort aan ’n ewenaarslo­t pla wel. Dié handelaar het blykbaar ’n lonende kontrak met ’n bekende siviele-ingenieurs­firma verloor juis omdat die NP300 nie meer ’n ewenaarslo­t het nie.

Wat sou Geoff Dalglish vandag oor die Hardbody sê? Toe ons laas van Geoff gehoor het, het hy ’n paradigmas­kuif in sy lewe gemaak. Hy’t viertrekvo­ertuie afgesweer en loop nou te voet om die wêreld ten bate van natuurbewa­ring.

’n Mens kan egter nie help om te wonder of die NP300 Hardbody dalk sy oomblik in die son gehad het nie. Dalk is dit tyd vir Nissan om die NP300 vaarwel te roep voor hy ’n verleenthe­id raak. Sy ouskoolse sjarme is in werklikhei­d bloot ongemaklik. Sommige mense sal selfs sê dit kan in sekere gevalle lewensgeva­arlik wees.

Suid-Afrika se padsterfte­syfer is een van die hoogstes ter wêreld. Is daar regtig plek vir voertuie wat veilgheids­toetse dop?

 ??  ?? NISSAN NP300 HARDBODY
NISSAN NP300 HARDBODY
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEF IN DIE HAND. Die ouskoolse hefbome vir die lugreëling vorm nogal ’n kontras met die moderne raakskerm bo dit. Ons dink die NP300 dra sy jare relatief goed, maar die mense by NCAP voel nie dieselfde nie.
HEF IN DIE HAND. Die ouskoolse hefbome vir die lugreëling vorm nogal ’n kontras met die moderne raakskerm bo dit. Ons dink die NP300 dra sy jare relatief goed, maar die mense by NCAP voel nie dieselfde nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa