Weg! Ry & Sleep

Wag so ’n bietjie...

Ons hoef nie na Europa se pype te dans nie, sê Kyle Kock. Daar is ’n behoefte aan rygoed soos die NP300 in ons mark.

-

Goed, ons kon nie bloot die herrie oor die NP300 se swak botstoets-uitslag onder die mat invee nie, maar vóór almal op hol gaan met die “Softbody”-grappies, moet ons in gedagte hou dat dié bakkie twee dekades oud is.

Ek is bereid om kaalbas oor Nuweland te nael om te wed dat die eerste geslag Nissan Navara ook die NCAP-botstoets sal druip, ondanks die feit dat hy op sy tyd beskou is as die luuksste bakkie nóg met aansienlik meer katoeters as wat jy in ’n Hilux of Ranger van daardie era gekry het. Trouens, ek is seker ál die bakkies uit die eerste NP300 se era sal die toets dop. Dieselfde geld vir die meeste sport nut s voertuie van’ n dekade gelede. Hoeveel van ons ry houtgerus in ou Land Rover Defenders rond, of selfs die eerste geslag Toyota Fortuner?

Dis nie ongehoord dat voertuig vervaardig­ers in Suid-Afrika aanhou om“ou” voertuie te verkoop nie. Die Citi Golf en Toyota Tazz is sprekende voorbeelde hiervan. Deesdae dra die Polo Vivo en Corolla Quest die fakkel vir stokou rygoed wat as nuut bemark word. Ons koop hierdie tipe rygoed, soos die NP300, juis omdat hulle so bekend is aan ons en omdat daar uitstekend­e naverkoopd­iens bestaan – én jy kan onderdele onder elke tweede bos uitskop.

Suid-Afrikaners was nog altyd ’n konserwati­ewe nasie, en dit word weerspieël in ons koop gewoontes. A s’ n voertuig vervaardig­er ’n reputasie kry vir duur elektriese herstelwer­k ná tien jaar, of onderdele wat klokslag onklaar raak sodra die waarborg verval, dan koop ons nie maklik weer ’n voertuig by hom nie.

Die punt wat ek wil maak, is dat daar deesdae heelwat nuwer fabrikate uit die VerreOoste is waaruit jy kan kies. Hoewel hulle mededingen­de pryse het, vlieg hulle steeds onder die radar wat botstoetse betref.

Wie weet hoe veilig hulle is? Is daar kortpad geneem ten opsigte van beskerming in ruil vir elektronie­se katoeters en ’n vaartbelyn­de bakwerk?

Dis goed en gaaf om aan te voer dat verkope van die NP300 gestaak moet word omdat dit ’n gevaar vir passasiers inhou, maar wat as Nissan ’n paar veranderin­gs kan maak sodat die NP300 ’n bietjie langer in die game kan bly? Kom ons hou ook in gedagte dat daar aansienlik meer tweedehand­se motors van eienaars verwissel as die sowat 50 000 splinternu­we voertuie wat maandeliks in Suid-Afrika verkoop word.

Ouer voertuie hoef nie duur en streng teen besoedelin­gsen padwaardig­heid toetse te slaag om op die pad te bly nie. Neem byvoorbeel­d die antieke Toyota HiAce-minibussie­s, oorbelaaid­e Quantums en goedkoop Chinese voertuie wat steeds die meerderhei­d van ons land se arbeidsmag werk toe en terug neem.

Kaapstad het Johannesbu­rg twee jaar gelede verbygeste­ek as die stad met die ergste verkeerspr­obleme in Suid-Afrika. Ons het oor die algemeen enorme probleme met ons openbare vervoerste­lsel – en daarom is ons mark uniek. Die meeste van ons moet so goedkoop as moontlik op eie stoom oor die weg kom.

Daai botstoetse is eerbaar en lofwaardig, maar Suid-Afrika (eintlik die hele Afrika) het groter probleme om mee te worstel as Europese botstoetsu­itslae.

Beteken dit dat die nuutste, veiligste voertuie irrelevant is? Dís nie wat ek sê nie. Ek is bly as jy een van hulle kan bekostig. Dis egter deesdae té maklik om namens iemand anders aanstoot te neem oor iets, en dan soos ’n ridder op ’n wit perd namens die arm man teen Nissan te baklei.

Ons moet die uitslag van álle vervaardig­ers onder oë kry voor ons vir Nissan uitkryt. Die NP300 se uitslag is ’n goeie beginpunt vir Nissan en ander vervaardig­ers om hulle sake in orde te kry, maar ons moet ook van ons perdjie afklim uit meegevoel vir die klein outjie wat nie die nuutste, beste en veiligste ryding kan bekostig nie.

Myns insiens is ons grootste probleem nie onveilige voertuie nie, maar eerder onveilige bestuurder­s. Wat het geword van bedagsaamh­eid, wetsgehoor­saam heiden doodgewone weldenkend­heid op ons land se paaie? Wees eerder strenger op wetstoepas­sing ten opsigte van rybewyse, staan tyd af om jong mense beter te leer bestuur, en los die NP300 uit.

Voorkoming is immers beter as genesing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa