Weg! Ry & Sleep

5 DOENDINGE

-

Ontmoet die grootvoete Die olifante in die Tembe-olifantpar­k het van die grootste tande wat al ooit op aarde gesien is. Pak ’n piekniekma­ndjie en gaan sit in een van die park se voëlskuili­ngs (veral die Mahleselap­an, die naaste aan die ingang, is gewild) en wag tot die grootvoete kom water drink eerder as om op en af in die park te ry.

Kyk hoe lê ’n seeskilpad eiers Die kuslyn tussen St. Lucia en die Mosambieks­e grens is die enigste plek in SuidAfrika waar karet- en leerrugski­lpaaie eiers lê. Van Oktober tot Desember kan jy saam met ’n gids van iSimangali­so gaan kyk hoe die wyfies eiers lê, en as jy tussen Januarie en Maart kom, kan jy die kleintjies sien uitbroei.

Soek die manglietvi­svanger Die kus mere, vleiland een wortelboom moerasse( ma ng l i ete) in die iS i manga lis o bewarea, die Ma put o-spesiale reservaat en rondom San ta Maria is die tuiste van die skaars manglietvi­svanger. Enige ernstige voël kyker behoort dié pragtige blou visvanger op sy lys te hê, en as jy gelukkig is, sien jy dalk ook die ewe skugter visuil of witaasvoël. Bring dus jou verkyker, hope geduld en ’n tikkie geluk saam.

Snorkeldui­k oor koraalriww­e Die noordooste­like deel van Kwa-Zulu Natal is nie verniet bekend vir sy snorkel- en s kuba duik bestemming­s nie, maar het jy geweet daar is ook pragtige koraalriww­e in Maputobaai? Bring gerus jou snorkel toerusting of bespreek’ n uitstappie by’ n operateur op San ta Maria.

Vang jou aandete Op Kosibaai en San ta Maria is daar operateurs wat visvang uitstappie­s in die mere, riviermond­ings en die diepsee aanbied. Pakkette sluit gewoonlik die boot, skipper, brandstof en visvang gereedskap in en jy kan jou verblyf daarmee saam reël.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa