Weg! Ry & Sleep

Wat jy moet weet

-

4x4/laestrek/ewenaarslo­t? Beslis 4x4 en laestrek, maar ’n ewenaarslo­t is nie nodig nie, tensy jy vir Berta wil aandurf.

Kry ek ’n kaart? Ja, plus ’n roetebeskr­ywing. Die roete is egter maklik om te volg en mooi uitgemerk.

Hoe lank vat dit? 22 km, 2-3 uur.

Sal my voertuig krap? Nee.

Moet ek ’n kompressor saamneem? Dis nie nodig nie.

Kan ons langs die pad braai? Daar is ’n lekker braaiplek by die kampterrei­n langs die rivier, maar jy moet jou eie braaitoeru­sting en hout bring.

Kan ek halfpad omdraai? Ja.

Is daar selfoonsei­n? Net aan die bokant van die canyon; nie onder by die rivier nie.

RONDOM DIE ROETE

Beste tyd om te gaan? In die blommeseis­oen (Julie tot Oktober).

Kan ek my gesin saamneem? Ja, beslis.

Net vir die dag of die naweek? Albei. Jy kan die roete op ’n oggend of namiddag doen, maar met die pragtige kampplek langs die rivier gaan jy langer wil bly.

Is daar ablusieger­iewe? Nie op die roete nie; net by die plaashuis.

Aanwysings Draai op Vanrhynsdo­rp suid uit Voortrekke­rstraat en volg die grondpad teen die Gifbergpas uit.

GPS S31.809253 E18.783783

Wat kos dit? R80 p.p. (R50 vir kinders).

Kontak 027 219 1555

info@gifberg.co.za gifberg.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa