Weg! Ry & Sleep

Verken Mosambiek van die Bosveld tot die kus

Reis saam met ons en Bhejane van die vlaktes van die Krugerwild­tuin af tot by die strande van Mosambiek.

-

DAG 1

Ons ontmoet mekaar by die Punda Maria-kamp in die noorde van die Krugerwild­tuin waar ons die eerste aand in tente kampeer. Die aand kuier ons met ’n heerlike maaltyd om die kampvuur, terwyl ons toerleier ons inlig oor wat voorlê in die volgende nege dae.

DAG 2

Ná ’n goeie nagrus en stewige ontbyt kies ons koers na die Pafurihek en steek die grens na Mosambiek oor. Ons ry omtrent 80 km op ’n sanderige tweespoorp­ad deur die koorsboomw­oud van die Limpopoval­lei. By die dorp Mapai steek ons die Limpopo oor.

DAG 3

Ons is vroeg uit die vere sodat ons in die rigting van Machaila kan ry. Ons ry steeds vandag op ’n sanderige tweespoorp­ad, maar steek interessan­te staalbrûe uit die koloniale era oor. Daarna ry ons oos na die dorp Mabote, waar ons weer die eerste keer tekens van mense sien.

DAG 4

Vandag kom ons nie naby ons voertuie nie – ons besoek die pragtige Paradyseil­and per boot. Die bootrit duur omtrent 45 minute. Dalk sien ons dolfyne en skilpaaie in die kristalhel­der water van die Bazaruto-bewaringsg­ebied. Hier is gewoonlik hope seediere.

DAG 5

Ons is weer agter die stuurwiel vandag en ry noord na die Inhassoro-skiereilan­d. Ons ry bo teen die duine, met die see aan ons regterkant en die strandmeer links van ons tot by die wortelboom­woud. Wees op die uitkyk vir die baie skaars visarend.

DAG 6

Vandag ontspan ons die hele dag. Ons strandrype­rmitte is steeds geldig – diegene wat dus see se kant toe wil ry, is welkom om dit te doen. Daar is ook tyd om die groter Inhassoro-gebied te verken.

DAG 7 & 8

Ons val vroeg in die pad, want ons het ’n ver ent om te ry na ons kampterrei­n net noord van die dorp Xai Xai. Die kampterrei­n het ’n heerlike restaurant wat oor die Indiese Oseaan uitkyk.

DAG 9

Van Xai Xai af ry ons binneland toe in die rigting van Masingir. Ons gaan die Limpopo-oorgrenspa­rk by sy suidelike hek binne. Ons ry omtrent twee uur voordat ons ons pragtige kamp by die Masingirda­m bereik. Vannag hoor jy die roep van die visarend...

DAG 10

Dis ongelukkig tyd om te groet. Ná ’n laaste stewige ontbyt steek ons weer die grens oor na die Krugerwild­tuin. Ons gebruik die Giriyondo-grenspos net noord van Letaba.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa