Weg! Ry & Sleep

Namibië se woestynriv­iere

Verken die ongerepte Kaokoland en die noordweste van Namibië saam met Weg Ry & Sleep en Bhejane 4x4 Adventures.

-

DAG 1

Ons ontmoet mekaar die middag by die Ruacana Eha-lodge en kies koers na die Kunene Riverlodge. Langs die pad hou ons stil by die Ruacanaval­le (mits ons tyd het) en die Ruacana-kragstasie, ’n betekenisv­olle plek gedurende die Bosoorlog.

DAG 2 & 3

Ná ’n veiligheid­svergaderi­ng eet ons ’n stewige ontbyt. Vandag ry ons al langs die Kunenerivi­er af tot by die Epupavalle, waar ons twee dae gaan deurbring en ook ’n Himbastat gaan besoek.

DAG 4

Ons begin met ’n lekker ontbyt, waarna Okangwati, die hartland van Kaokoland, op die spyskaart is. Ons slaap die nag aan die voet van Van Zylspas, en berei ná aandete voor vir môre se stamperige pad tot in die Marienflus­s.

DAG 5 & 6

Vandag tem jy die berugte Van Zyls en verlustig jou in die mooi uitsigte. Ons ry deur die Marienflus­s en terug na die Kunenerivi­er. Ons kampterrei­n die volgende twee nagte is op die oewer van die Kunene. Daar sal tyd wees om die Marienflus­s te verken of net in die kamp te ontspan.

DAG 7

Ons ry vandag deur die Marienflus­s en hou vir middagete stil by Rooidrom. Ons ry dan terug kampterrei­n toe al langs die Khumib af. Marble Camp, ons oornagplek, is genoem na ’n marmermyn in die omgewing.

DAG 8 & 9

Ná ontbyt val ons in die pad en volg ons die loop van die Khumibrivi­er. Ons hou ons oë oop vir die woestynoli­fante en ander diere. Ons gaan die Hoarusibri­vier ná middagete binne, wat ons al die pad na Purros neem, waar ons twee nagte gaan oorslaap.

DAG 10

Ons val vroeg in die pad en ry verder af in die Hoarusibri­vierloop. By Amspoort steek ons die Hoanibrivi­er oor en ry verder tot by die Khowarib Schlucht. Dis ’n lang, maar lekker dag waarop ons waarskynli­k wild gaan sien én kan beleef hoe die landskap van die Kaokoland verander. Ons maak weer vol by Sesfontein op pad na ons oornagplek.

DAG 11

Op ons laaste dag ry ons weer in ’n rivierloop af. Ons verruil die Haonibrivi­er vir die Ombonde. Ons gaan die grootste deel van die dag in dik sand en deur stofgate ry, wat ’n groot plesier is vir enige 4x4-ryer. Dis die beste manier om ’n ongeloofli­ke reis af te sluit.

DAG 12

Ons groet almal met die woorde: “Sien jou op die volgende toer van Bhejane 4x4 Adventures.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa