Weg! Ry & Sleep

Voor jy jou beursie oopmaak

-

Wat sê die boekie?

Brandstof Diesel Enjin 2,442 ℓ Silinders 4 Krag 133 kW @ 3 500 r.p.m. Wringkrag 430 Nm @ 2 500 r.p.m. Ratkas 5 spoed-outomaties Aandrywing Agterwiel en vierwiel met sentrale en agterste ewenaarslo­t. Tarra 1 900 kg BVM 2 880 kg BKM 5 885 kg Waaddiepte 500 mm (600 mm as jy stadiger as 5 km/h ry) Sleepvermo­ë vir geremde

sleepding Tot 3 100 kg Afmetings 5 285 mm (l); 1 780 mm (b); 1 815 mm (h) Asafstand 3 000 mm Spoorwydte 1 520 mm (voor); 1 515 mm (agter) Grondvryho­ogte 205 mm Brandstoft­enk 75 ℓ Prys (nuut) R579 995 Prys (tweedehand­s) Ons het op autotrader.co.za ’n 2018model met 100 km op die klok gesien vir R519 995.

Vinnige feite

Die sleephaak Die haak is nie standaard nie en kos R3 864. Dis gesertifis­eer vir ’n sleepvrag van 3 100 kg en ’n neusgewig van 150 kg.

Vering Onafhankli­ke dubbelmikk­ronkelvere voor en bladvere agter. Die Athlete se stert het 4 cm gesak toe ons die Xplorer haak.

Wat sê die skaal?

2 320 kg met ’n vol tenk brandstof en die Xcell se neus op die stang. Die kombinasie was 3 300 kg, wat beteken jy kan nóg 2,5 t gesamentli­k laai.

Binneruimt­e As jy ses voet is, is daar op die agtersitpl­ek vier vingers oop voor jou knieë en drie bo jou kroontjie.

Spoed Die spoedmeter en die GPS-spoed verskil 5 km/h: As die spoedmeter 100 km/h wys, sê die GPS jy ry 95 km/h.

Brandstofv­erbruik Op die kop 12,5 ℓ/100 km (8 km/ℓ) – dis beter as wat ’n mens verwag met so ’n nuwe enjin wat nog nie mooi ingeloop is nie.

Afwerking Buiten al die oranje is daar blink en dowwe swart panele met dowwegrys dele tussenin. Die uitleg is basies en nie oordrewe nie.

Ekstras Onder meer ’n enjinbeske­rmingsplaa­t R3 013, enjinkapbe­skermingst­rook R966, en chroombuff­erstaaf R4 692.

Ander modelle

Die Athlete is ’n beperkte uitgawe wat in een model en twee kleure beskikbaar is.

Weg Ry & Sleep sê Die Athlete wys sy ware kleure op die grondpad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa