Weg! Ry & Sleep

Wiele-wiele-walie

-

Al die smake vir hierdie sosaties werk uitstekend saam.

Jy benodig

(genoeg vir 6)

800 g hoenderbor­sies sonder been of vel 100 g salami ½ koppie pikantriss­ies (peppadews)

½ koppie ontpitte olywe ¼ koppie olyfolie 4 eetlepels sojasous 4 eetlepels balsemieka­syn 1 eetlepel heuning ½ teelepel paprika 1 teelepel droë Italiaanse kruie

Só maak jy

1 Sny die hoenderbor­sies in die lengte in lang repe van 3 cm breed. Vlek en rol dit met ’n rolstok effens platter sodat jy lang repe vleis het wat jy kan oprol.

2 Pak ’n plakkie salami, pikantriss­ie en 1-2 olywe op elke hoenderree­p. Rol dit op en ryg dit aan ’n sosatiesto­kkie – jy kan 2-4 sulke wiele op elke stokkie ryg.

3 Meng die olyfolie, sojasous, balsamieka­syn, heuning, paprika en Italiaanse kruie en bedruip die sosaties met die helfte van die sous.

4 Braai die sosaties oor matige kole tot gaar. Haal dit van die kole af, pak dit in ’n opdienskot­tel en gooi die res van die sous oor die sosaties. Sit dit voor met ’n lekker groenslaai.

Weg Ry & Sleep sê Jy kan ook die hoenderwie­le tuis maak en dit vries. Neem dit dan met die klaargemen­gde sous in ’n aparte houer saam.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa