Weg! Ry & Sleep

2 Buig die paaltjie…

-

As jy jou tent ordentlik en sorgvuldig wegbêre wanneer jy nie kamp nie, behoort jou pale betreklik veilig te wees, veral as jy jou paalsak gebruik om die tent op te rol. Dit sorg dat die pale ’n opgestopte laag om hulle het vir ekstra beskerming.

Maar die meeste pale wat byvoorbeel­d vir koepeltent­e gebruik word, word van een of ander plastieksa­mestelling vervaardig en kan metteryd bros raak en buig of selfs morsaf breek. By Christys word drie verskillen­de soorte materiaal gebruik om jou gebuigde tentpale weer reguit te kry: koolstofve­sel, plastiek en hout met ’n buitelaag van koolstofve­sel. Met dié verskeiden­heid kan hulle óf ’n hele tentpaal óf net ’n enkele swak skakel regsien. Dit hang van jou behoeftes af.

In die kampterrei­n kan jy ’n gebreekte paal as noodmaatre­ël sommer tjop-tjop met ’n rolletjie boereband (duct tape) regmaak. Draai ’n klompie lae oor die plek waar die paal gekloof is en jy behoort jou kampnaweek in vrede te kan geniet. Moet egter nie die band té dik omrol nie, want die paal moet steeds in die passtuk pas.

Coghlans vervaardig plaasverva­ngertentpa­le wat teen R120 per stel beskikbaar is by Camp & Climb. Hierdie stel sluit vier 65 cm-veselglasp­ale in met ’n deursnee van 9,5 mm. Met sommige tente kry jy ’n metaalbuis­ie by wat jy oor die paal kan skuif vir ’n kitsoploss­ing, maar dis gewoonlik net een. Jy kan ook die rekband in die pale vervang – dié is in verskillen­de diktes beskikbaar en jy ryg dit met ’n stukkie staaldraad deur die tentpale.

Of gaan klop by die beroepsmen­se aan: As hulle nie te besig is nie, kan hulle jou binne ’n halfuur help.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa