Weg! Ry & Sleep

Pak dié goed in

-

’N HERSTELPAK VIR TENTPALE Dit is veral nuttig as jou tent nie sy eie klein metaalbuis­ie het vir noodgevall­e nie. Maak seker jou herstelpak sluit ’n stuk rekband in.

’N ROL BOEREBAND Jy kan dit gebruik om basies enigiets vas te maak. Boereband was ’n staatmaker in MacGyver se gereedskap­kis en hy is ewe tuis tussen jou kamptoerus­ting.

’N HERSTELPAK VIR JOU TENT Dit sluit gewoonlik ’n klompie nuttige stukkies in, soos gare, naalde en plakstukke. Jy gaan egter sukkel om bypassende plakstukke te kry as jou tent neon-oranje is – hulle is gewoonlik kakiekleur, groen of blou.

EKSTRA TENTTOUE ’n Mens weet nooit wanneer jy dit gaan nodig kry nie, maar hulle kom altyd handig te pas. Dalk waai die wind sterker as wat jy verwag en jy het eksta beskerming vir jou tent nodig... dan gaan jy bly wees jy het dit.

EKSTRA TENTPENNE Tentpenne buig of verdwyn wanneer jy dit die minste verwag. Hou ’n noodstel byderhand in ’n aparte sak.

TANGE Die skerpbekta­ng is die beste vir fyn takies, maar hou ook ’n gewone een byderhand. SEËLMIDDEL Jy kan dit in ’n spuitblik koop en maklik saamneem wanneer jy gaan kamp. As jy onseker is hoe waterdig jou tent is, spuit ’n bietjie aan die binnekant, al met die nate langs, nadat jy opgeslaan het. Doen dit terwyl die weer in jou guns tel. Dit gaan jou min help as jy dit doen nadat dit begin reën het en jou tent lek. Die geheim is om dit op ’n droë en skoon oppervlak te spuit. DITJIES EN DATJIES Maak ’n Ziploc-sakkie vol met items wat jy weet jy een of ander tyd gaan nodig kry, soos glystukkie­s vir jou tenttoue, die haakstukke wat jou tent aan die paal vashou, eindstukke vir jou pale en buisies vir waar die pale in mekaar steek. Van dié items kos so min as R2 by Christys en jy kan jou hele sak vir minder as R100 volmaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa