Weg! Ry & Sleep

4 O gits, die ritssluite­r

-

Die ritssluite­r het nie veel verander sedert hy meer as ’n eeu gelede gepatentee­r is nie. Dié nuttige katoetertj­ie se taamlik basiese samestelli­ng beteken enige probleme wat jy dalk mag kry, het waarskynli­k ’n eenvoudige oplossing.

As die glystuk vassit en jy het klaar seker gemaak daar is nie ’n stukkie materiaal wat vasgeknyp word nie, is jou volgende stap om die tandjies te smeer. Hiervoor kan jy die olyfolie in jou kombuiskra­t, ’n koekie seep, ’n kers of ’n bietjie petroleumj­ellie (soos Vaseline) gebruik.

Maak ook seker geen van die tandjies staan skeef nie. Jy kan ’n skerpbekta­ngetjie gebruik om hulle terug in lyn te kry. ’n Ander moontlike probleem is dat die glystuk se mondjie effens oopgebuig het. Jy kan dit ook met ’n tangetjie regsien.

As jy al dié dinge probeer het maar jou tent se ritssluite­r wil stééds nie behoorlik werk nie, is dit tyd om hom te vervang. Jy kan dit binne ’n dag by ’n plek soos Christys laat doen. Hulle ritssluite­rs word deur een van die wêreld se grootste vervaardig­ers, YKK, voorsien.

Weg Ry & Sleep sê Teoreties kan jy alles self regmaak wat moontlik met jou tent verkeerd kan loop. Soms moet jy net kreatief dink, veral as jy in die kampterrei­n ’n noodgeval het. Maar wanneer jy terug is by die huis, is die beste raad om dit vinnig en ordentlik te laat doen deur iemand wat weet wat hulle doen. Op hierdie manier beskerm jy jou belegging. Jy sal nie spyt wees nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa