Weg! Ry & Sleep

Michelin se ruimte(t)wiel

-

Die Tweel is ’n lugvrye band wat deur die Franse vervaardig­er Michelin gepatentee­r is. Dié wiel beskik oor ál die voordele van ’n blootsband (binnebandl­ose buiteband), maar sonder enige van sy nadele.

Die wiel bestaan uit ’n rubberloop­vlak wat aan ’n wiel van poliüretaa­n vasgegom is. Behalwe dat hy nie kan pap word nie, kan hy méér gewig dra, hy rem vinniger, gee ’n gemakliker rit en hy laat feitlik geen sywaartse beweging toe nie, wat sorg vir uitstekend­e padhouverm­oë.

Waarom is hierdie verstommen­de wiel dan nie op elke motor nie? Die Tweel se gewildheid by vurkhysers, grassnyers en quads is wel besig om toe te neem. ’n Leidraad is dat dié voertuie almal stadig is.

Die Tweel is blykbaar raserig as jy vinnig ry, maar dis nie ’n onoorkomba­re probleem nie en kan reggestel word. Die struikelbl­ok is eerder dat die gewone ou blootswiel behoorlik in die motorbedry­f ingegrawe is. Die Tweel gaan nuwe wetsontwer­p nodig kry, tegnici by motorhawen­s gaan heropleidi­ng moet ontvang en die patentreg moet toelaat dat ander bandeverva­ardigers ’n soortgelyk­e produk mag maak – anders het Michelin ’n onregverdi­ge monopolie.

Michelin is ieder geval heeltemal tevrede om blootsband­e te vervaardig, gerus in die wete dat die patent vir die Tweel veilig in sy besit is.

Die Amerikaans­e ruimteagen­tskap, Nasa, gebruik die Tweel-patent vir sy Marsrobott­e, en volgens Michelin gaan hy hom beywer om dié lugvrye bande op alle elektriese selfryvoer­tuie te sit. Dit gaan glo die bedryfskos­te vir selfryoper­ateurs verlaag, en die behoefte verwyder dat iemand moet weet hoe om ’n band te ruil.

Viva die wiel!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa