Weg! Ry & Sleep

Korreltjie klein...

-

Wanneer hulle weggaan, is haar kamera altyd om haar nek, sê Elma Gough van Pretoria.

“Ons het in April 2018 by Dube naby Brits gekamp, ’n plek met ’n magdom dierelewe. Dít is waar ek hierdie grysloerie afgeneem het. Ek raak nie aan my kamera se verstellin­gs nie en gebruik die Outo-modus, en daarom is dit ’n geval van mik-en-druk en hoop op die beste... Ek verander my foto’s ook nie ná die tyd op die rekenaar nie, behalwe dalk om dit kleiner te sny.

As ’n mens op dié foto inzoem, kan jy ’n saadkorrel in die grysloerie se bek sien.”

Net soos Dries se foto het dié een van Elma net twee kleure: swart en blou. Uit ’n artistieke oogpunt sou die foto nie naastenby soveel trefkrag gehad het as dit nie ’n silhoeët was nie. Omdat Elma nie met die kameravers­tellings peuter nie, flous hierdie ligomstand­ighede die ligmeter wat nie besef die groter ruimte op die foto is in der waarheid ligter nie. Die ligmeter kompenseer verkeerdel­ik hiervoor en die foto is dan, as getroue beeld van wat voor die lens is, té donker.

Maar met die kamera se fout verander die foto van bloot ’n grysloerie in die boom na ’n kunswerk met lyne, vorms en komposie. Elma gebruik die derdelynko­mposisie, en al die negatiewe ruimte – die blou regs en onder die voël – balanseer netjies met die swart op die foto.

En as ’n mens nader staan, sien jy inderdaad ’n saadkorrel in sy bek, net daardie laaste bietjie detail.

 ??  ?? Nikon D5300; 70-300 mm-lens op 135 mm (202 mm in 35 mmformaat); 1/600; f7,1; ISO 400.
Nikon D5300; 70-300 mm-lens op 135 mm (202 mm in 35 mmformaat); 1/600; f7,1; ISO 400.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa