Weg! Ry & Sleep

Vaarwel na 44 jaar

Hulle het meer as 44 jaar gekamp in die enigste woonwa wat hulle ooit besit het, maar Piet en Hannetjie Dunn van Magaliesbu­rg het uiteindeli­k besluit om hom te groet.

-

Ons het ons Jurgens 580B Deluxewoon­wa in 1974 by Kennis-woonwaens in Roodepoort gekoop en ’n stewige R2 580 vir hom betaal. Sedertdien het ons die land van bo tot onder en van hoek tot kant verken. Ons was in al nege provinsies, van Kaap Agulhas in die suide tot by Tshipise in die noorde. Ons het selfs in Namibië gaan draai en by plekke soos die Visrivierc­anyon en Etosha gekamp.

Ons eerste sleepvoert­uig was ’n Chevrolet Constantia en ons het die Jurgens 7 jaar aan hom gehaak. Daarna het ons 9 jaar ’n Ford Cortina 3.0-bakkie gebruik voor ons hom met ’n nóg ’n Ford, die Fairmont GT, vervang het. Ons het die wa 4 jaar met hom gesleep. Daarna het ons ’n Audi 500 gekry en 14 jaar met hom gaan kamp, voor ons uiteindeli­k vir die laaste dekade van ons reise ’n Toyota Hilux 3.0 KZ-TE gery het.

Ek en my vrou is nou onderskeid­elik 80 en 82 jaar oud en is dankbaar dat ons só baie plekke met ons wa kon besoek. Die grootste voorreg was om saam met ons kinders – en later ons kleinkinde­rs – in die wa te kamp.

Maar ná ons laaste besoek aan die Krugerwild­tuin het ons besluit die tyd het aangebreek om die wa te verkoop.

Die 580B Deluxe het nog sy oorspronkl­ike bekleedsel en daar is selfs ’n ou kaart van Suider-Afrika op die tafel gedruk.

Die mense by Kennis het ingestem om die woonwa terug te koop vir R30 000 – dis mos wat ’n mens ’n belegging noem! Is daar enigiemand anders wat 44 jaar met dieselfde woonwa gekamp het, of is hierdie een vir die rekordboek­e?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa