Weg! Ry & Sleep

ROETES WAT ROEP

Net buite Vanrhynsdo­rp lê ’n weggesteek­te 4x4-roete aan die bopunt van die Gifbergpas waar jy behoorlik van die gejaagde lewe kan wegkom.

- Teks en foto’s Evan Naudé

Die N7 is aansienlik meer as net die pad van die Kaap af Namibië toe. Sodra jy aftrek op die grondpaaie en begin rondsnuffe­l in die omgewing weerskante van dié bekende hoofpad, sien jy daar is oral weggesteek­te bly- en kampplekke wat jy nie van die teerpad af kan sien nie. Dié plekke is nie net lekker afgeleë naweekbest­emmings nie, maar bied ook die geleenthei­d om jou bakkie in 4x4 te haak en spore te gaan trap waar dit net jy en die stille natuur is. Die Gifberg-gasteplaas naby Vanrhynsdo­rp is só ’n plek.

Só ry jy

Die roete begin digby die werkershui­sies sowat 350 m wes van die plaashuis. Dis ’n lineêre roete tot by die Doringrivi­er, waar jy dan omdraai en weer in jou spore terugry. Nadat jy deur die vlak driffie anderkant die huisies is, word die pad byna onmiddelli­k ’n tweespoors­andpaadjie (en jy ry dalk in diep trekkerspo­re, want as jy links kyk, sien jy hier word ook met rooibostee geboer). Dis nie taai sandry nie, maar dit is nie ’n slegte idee om jou bande effens af te blaas nie – die eienaar beveel 1,8 bar aan.

Die sandspoor klim geleidelik tot op die platorand, en vir die volgende paar kilometer word jy omring deur teebossies weerskante van die pad. Dis eers wanneer jy die rivier nader dat die sand skielik verdwyn en deur klip vervang word. As jy nog nie in 4x4 is nie, is dit nou die tyd, want die laaste 4 km tot by die rivier is die eintlike interessan­te deel van die roete. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? STADIG OOR DIE KLIPPE... Die Gifberg4x4-roete se grootste uitdagings op die Bruinkrans­roete is ’n paar klipbanke (hooffoto en regs) waar jy jou lyn oor die klippe fyn moet kies. Die pad na Camp Berta is ’n ander storie met kliptrappe so hoog soos jou heup.
STADIG OOR DIE KLIPPE... Die Gifberg4x4-roete se grootste uitdagings op die Bruinkrans­roete is ’n paar klipbanke (hooffoto en regs) waar jy jou lyn oor die klippe fyn moet kies. Die pad na Camp Berta is ’n ander storie met kliptrappe so hoog soos jou heup.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa