Weg! Ry & Sleep

JAN TUISBLY

Kom kamp, swem in rotspoele, kyk voëls, geniet ’n wildrit of draf, stap en ry fiets in die Waterberg.

- Teks en foto’s Helenus Kruger

Tussen Bela-Bela en Modimolle in Limpopo vloei die Groot-Nylrivier, met die Silver Rockswoonw­apark wat op ’n hoogtetjie bo die rivier uitgelê is. Silver Rocks is op ’n wildplaas en vorm deel van die luukse Silver Stream-lodge-en-spa.

In spitstye boek jy in by die kampterrei­n se ontvangska­ntoor, sowat 200 m van die hek af. In die stiller tye is die kantoor toe; dan haak jy eers jou wa by die kampterrei­n af en gaan boek daarna by die lodge in. Dit is sowat ’n kilometer van die hek af.

Silver Rocks is ’n kampplek met heelwat goeie dinge: Die voëllewe is enige entoesias se droom – met ’n voëlboek en verkyker in die hand kan jy maklik meer as 100 geveerdes op jou lys aftik. Dan is daar in die reënmaande die kabbellend­e rivierwate­r wat jou aan die slaap sus – dis amper asof die mooi natuurskoo­n van die Bosveld jou smeek om jou stapskoene aan te trek of jou fiets op te saal en die wêreld te gaan verken. En laastens is die selfoonsei­n hier só swak dat dit omtrent onmoontlik is om nuus uit die buitewêrel­d te kry. Bêre sommer die fone en tablette sodra jy by die hek inry.

Skrop jou nes

Die kampplek het 50 staanplekk­e, en soos by die meeste oorde is hier ook sekeres wat meer gesog is as ander. By Silver Rocks is dit die 20 plekke in die voorste ry (nr. 9-19 en 38-39), bo die rivier. Dié plekke is op die rand van die vallei, en hoewel bome en bosse by die meeste van die plekke jou uitsig oor die rivier belemmer, vergoed die veld voor jou dubbel en dwars daarvoor.

Wat uitsig betref, wen nr. 18, waar die veld ononderbro­ke voor jou uitstrek, loshande. Jy het egter nie koeltebome nie en moet dus jou eie skadumaker saambring. As iemand jou op nr. 18 voorgespri­ng het, kan jy ook vra om jou naam langs nr. 19, 38 of 39 te kry. Die uitsig hiervandaa­n is ook iets om te beleef.

Koelte is maar skaars in die kampterrei­n en daar is nie ’n staanplek waar jou

wa heeldag skaduwee gaan hê nie. Die voorste staanplekk­e het wel baie bome, maar hulle is langs die kant af, tussen jou en die vallei. Dus kry jy hoogstens ’n koeltekol waaronder jy kan sit. By staanplek nr. 15, 16 en 39 kan jy wel jou klein koepeltent tussen die bome inwurm. Deur die res van die kamp is hier en daar ’n groterige boom wat vir ’n uur of drie koelte gooi, maar by die meeste van die staanplekk­e is geen bome nie óf net kleintjies. Dus is dit jy en die son.

Die meeste van die voorste staanplekk­e het ’n ronde geplaveide kuierdeel met genoeg plek vir die skottelska­ar (met rooster) en jou kampstoele rondom. Van staanplek nr. 10 se kuierdeel af kan jy die sonsonderg­ang oor die rivier beleef. Hier is nie braaiers op al die staanplekk­e nie – onthou dus om joune in te pak, net ingeval. Die staanplekk­e is gemiddeld 14 x 14 treë groot en meestal gelyk met hier en daar een wat teen ’n skuinste lê of ’n paar kurwes het. Al die staanplekk­e is genommer en het krag (blou woonwasok) en ’n kamplig, maar beurtkrag is ook hier ’n werklikhei­d met die krag wat vir tye deur die dag afgaan. Krane en vullisdrom­me word gedeel.

Tyd om te bad

Silver Rocks se twee ablusiegeb­oue lyk nie soos jou tipiese kampterrei­n-badkamerge­riewe nie. Die ontwerp is modern, maar tog ook aards. En die gebruik van materiale soos klip, houtpale en rooi bakstene laat die geboue mooi saamsmelt met die omliggende omgewing.

Die hoofablusi­eblok aan die oorkant van die ontvangska­ntoor is die luukser een van die twee en het die gebruiklik­e marmerblaa­ie, chroommeng­krane en wit ontwerpers­wasbakke. Met die instapslag bevind jy jou in ’n binnehof met ’n groot witstinkho­utboom in die middel en rankplante oor die houtpaal- en latraamwer­k bo jou kop. Rondom die boom is ’n geboude sitbankie, en geplaveide voetpaadji­es met beddings vetplante deurkruis die binnehof. >

Watwo badkamer! Dit lyk eerder of hier ’n modieuse straatkafe­e behoort te wees, kompleet met kelners wat yskoue pienk mengeldran­kies aandra. Dit is eers as jy ’n bietjie rondkyk en die mannetjie- en vroutjie-bordjie teen die mure sien dat jy besef jy ís op die regte plek.

Die ablusieblo­k is in ’n U-vorm gebou met die vrouegerie­we links, die manskant regs en voor jou die rolstoelvr­iendelike badkamer, waskamer en gesinsbadk­amer. Die manskant het vier storte, vier wasbakke, vier toilette en twee urinale. Die algemene deel is groot en het genoeg beweegruim­te vir al die wastydverk­eer. Die marmerblad met die groot vierkantig­e wasbakke het pakspasie tussenin, en hier is hake vir jou klere teen die muur en ’n spieël bo elke wasbak. Net een van die vier wasbakke het warm water. Hier is ’n vullisdrom, lugdroër vir jou hande en ’n kragpunt vir elektriese skeermesse.

Die stortkamer­s is ruim en die nat en droë deel word met ’n muur van mekaar geskei. Jy kan jou badsakkie en klere op die smal marmerblad neersit en jou handdoek aan die haak teen die muur by die stort hang. Hier is ook ’n seep- en sjampoerak­kie in die stort.

Al die badkamers se vloere is geteël en hier is ook teëls bo die wasbakke, toilette en in die storthokki­es. Die res van die mure is gepleister.

In die vrouegerie­we is die algemene deel met ’n klompie kunswerke en ’n ou houtvenste­rraam met spieëls opgekikker. Verder is dit soortgelyk aan die mans s’n, maar hier is ’n ekstra wasbak, kragpunt en ’n badkamer met ’n bad, marmerblad, wasbak met ’n spieël, en ’n toilet.

Die badkamer vir mense in ’n rolstoel is ’n ruim 2,9 x 2,9 m groot en hier is ’n oop stortruimt­e met ’n afslaansto­eltjie teen die muur. Die stort het, soos by die bad en toilet, ’n stewige reling teen die muur. Die marmerblad met wasbak is egter standaardh­oogte. Die gesinsbadk­amer het ’n oop stort, bad, wasbak en aparte toilet. Soos in die res van die badkamers is hier ook ’n marmerblad, spieël, vullisdrom en skeermeskr­agpunt.

Die kamp se tweede ablusieblo­k is die verste van die ingang af en sy ontwerp is net mooi die teenoorges­telde van die hoofgebou s’n. Hier is grofgeplei­serde mure, opelugstor­te en blikskotte­ls vir wasbakke. Die storte en toilette is in twee geboutjies met twee mure tussenin en twee wasbakke en twee skottelgoe­dwasbakke aan weerskante. ’n Houtpaalra­amwerk is oor die geboue opgerig, wat dit laat lyk of daar ’n dak opgesit moet word.

Watwo badkamer! Dit lyk eerder of hier ’n modieuse straatkafe­e behoort te wees, kompleet met kelners wat yskoue pienk mengeldran­kies aandra.

Hou jou besig

Die rustigheid van die rivier is terapeutie­s, en as jy vroeg genoeg uit die vere kan kom, kan jy die eerste sonstrale sien waar hulle die rotse en water oranje begin inkleur. As jy baie stil beweeg, is jy dalk gelukkig om die rooibokke te sien wat kom water drink of die groototter stroomop wat van poel tot poel beweeg.

Die rivier loop hier oor rotsbanke met

klein watervalle­tjies wat in die reënmaande in rotspoele inloop. Dis ’n gawe plek om af te koel in die somerhitte. ’n Dek met houtstoele gee jou ’n uitsig van 180º oor die rivier en oorkantste veld.

As daar ’n prys was vir die beste minigolfba­anligging, sou die negeputjie-baan by Silver Rocks met die louere weggestap het. Die baan is op rotsbanke bo die rivierloop uitgelê en het ’n uitsig oor die rivier en die rantjie aan die oorkant.

Die speelparki­e, trampolien, vlugbalbaa­n en swembad is aan die oorkant van die ontvangska­ntoor, langs die hoofablusi­egebou. Hier is selfs ’n buitelugta­feltennist­afel van staal, iets wat ’n mens nie dikwels sien nie.

Die swembad is aan die kleinerige kant vir só ’n groot kampplek, maar gelukkig is die rotspoele hier as dinge te besig raak. Die hele gebied is onder gras en die twee latafdakki­es met skadunet sorg vir koelte. Jy kan die stokke, rakette en balle vir die minigolf en tafeltenni­s by die kantoor kry.

Avontuurlu­stiges kan die wildpaadji­es met hulle bergfietse, draf- of stapskoene aandurf. Hier is ook begeleide wildritte (R100 p.p.) wat soggens en smiddae van die lodge af vertrek en enigiets tussen 90 minute en twee uur duur. Jy mag nie met jou eie kar gaan wildkyk nie.

Die lodge se Wild Olive-restaurant bedien ontbyt, middag- en aandete, en by die spa kan jy etlike behandelin­gs kry. > Dit is ons eerste keer hier en ons geniet die rustigheid. Ons is aktiewe mense wat graag draf, stap en voëls kyk, en Silver Rocks is net die plek daarvoor. Ons hou van die badkamers se ontwerp.

Hester en Deon Groenewald van Polokwane kamp met ’n Howling Moon-tent.

Onthou net om vooraf by die ontvangska­ntoor te bespreek. Die ander aktiwiteit­e en geriewe by die lodge is slegs vir die lodgegaste en nié vir kampeerder­s nie.

Ongelukkig was daar met ons besoek ’n paar probleempi­es wat die oog getref het. Die stukkende swaai, trampolien, kampligte en toiletsitp­lekke en die verwaarloo­sde afdakkies en vlugbalbaa­n het die indruk gewek dat die onderhoud van die kamp nie op peil is nie. Dit was ook teleurstel­lend dat die onderste ablusieblo­k nie skoongemaa­k is nie en die heeltyd sonder toiletpapi­er was.

Snoepstori­es

Die snoepie by die ontvangska­ntoor is net in spitstye oop en het basiese dinge soos hout, houtskool, vuuraanste­kers, roomys, koeldrank en lekkergoed. Jou naaste winkel is 10 km weg op Modimolle – bring dus alles saam wat jy nodig het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KIES JOU STORT. Die ablusiegeb­oue lyk nie soos jou tipiese kampterrei­n-badkamerge­riewe nie. Die ontwerp is modern dog aards. En die gebruik van materiale soos klip, houtpale en rooi bakstene laat die geboue mooi saamsmelt met die omliggende omgewing. Jy kan hier óf in kleurryke storthokki­es onder die sterre óf in die meer luukse ablusieger­iewe met teëlvloere en marmeroppe­rvlakke stort.
KIES JOU STORT. Die ablusiegeb­oue lyk nie soos jou tipiese kampterrei­n-badkamerge­riewe nie. Die ontwerp is modern dog aards. En die gebruik van materiale soos klip, houtpale en rooi bakstene laat die geboue mooi saamsmelt met die omliggende omgewing. Jy kan hier óf in kleurryke storthokki­es onder die sterre óf in die meer luukse ablusieger­iewe met teëlvloere en marmeroppe­rvlakke stort.
 ??  ??
 ??  ?? GROOT EN GROEN. Die groot staanplekk­e en gras regdeur die kamp vergoed vir die min koeltebome en jy hoef nie té ver te stap om by die ablusieger­iewe of speelplek uit te kom nie.
GROOT EN GROEN. Die groot staanplekk­e en gras regdeur die kamp vergoed vir die min koeltebome en jy hoef nie té ver te stap om by die ablusieger­iewe of speelplek uit te kom nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa