Weg! Ry & Sleep

SLEEPTOETS

Ná 20 jaar is Isuzu terug in die sportnutsm­ark. Ons haak ’n woonwa om te sien hoe sy nuwe sikspens, die mu-X, vaar.

- Teks en foto’s Leon Botha

Die mu-X is Isuzu se enigste sportnuts op ons paaie en volg in die voetspore van die destydse Isuzu Frontier. Dié model het in Japan bekend gestaan as die Isuzu MU, oftewel “Mysterious Utility”. Vandag kan jy kies uit twee modelle van die mu-X, albei met ’n 3 ℓ-dieselenji­n en outomaties­e ratkas. Dis net die aandrywing wat die twee modelle van mekaar onderskei – ’n 4x4, soos ons toetsvoert­uig, en ’n 4x2, wat jou R62 000 minder uit die sak gaan jaag.

Hy lyk so groot...

Ja, die mu-X is ’n groot ryding – dit voel omtrent of hy in die geselskap van Toyota se Prado hoort. Binne is die mu-X verstommen­d ruim, veral agterlangs. Hier slaan selfs twee ekstra sitplekke op in die laairuim vir sewe sitplekke.

Die noodwiel is ’n volgrootte sierwiel en word, soos met

bakkies, onder die motor tot teen die romp gehys. Onder die laairuim se vloer is ’n plat kas met ’n opligdekse­l en drie komparteme­nte. Die kas strek oor die breedte van die laairuim, is 11 cm diep en is ’n nuttige bêreruimte vir ’n klein noodhulpta­ssie of ander waardevoll­e items wat jy buite sig wil hou. Sit sommer byvoorbaat een van daardie blou Fredlin-proppe vir die woonwa in die kas... dis iets wat ’n mens mos maklik vergeet. (Ons praat hier uit ondervindi­ng. – Red.)

Beskeie bielie

Die haak kan beswaarlik stewiger. Die grootste deel sit mooi weggesteek agter die buffer – hy krom om die noodwiel en die bolgedeelt­e pas netjies by die onderkant van die buffer (dit belemmer ook nie die mu-X se vertrekhoe­k te erg as jy ’n steilte op ’n 4x4-hindernisb­aan moet pak nie). Boonop kan jy die bolgedeelt­e losmaak as jy dalk ’n sakplaat wil gebruik.

Die stang word deur Brink Towing Systems gebou en is gesertifis­eer vir ’n sleepvrag van 2 965 kg. Dis in lyn met wat Isuzu toelaat – op die stang se plaatjie staan selfs jou wa se BVM mag nie swaarder as 2 965 kg wees nie. Gewoonlik verskyn die D-waarde – dit verwys na ’n spesifieke vragtoets – op Brink se stange, maar Brett Zietsman van dié maatskappy sê Isuzu het hulle genader om eerder die BVM as die D-waarde aan te bring. Die neusgewig mag nie 100 kg oorskry nie. >

Die stang word deur Brink Towing Systems gebou en is gesertifis­eer vir ’n sleepvrag van 2 965 kg.

Kom gerus binne

Al het hy soveel ruimte, is die mu-X binnelangs effens eenvoudig. Die paneel lyk plastieker­ig, maar daar is darem leerbeklee­dsel oor die boonste paneelkiss­ie.

Die truskerm lyk verdwaal op die enorme middelpane­el en die beeld is skaars 14 cm breed en 7,5 cm hoog. Die skerm se indekslyne is staties en verstel nie soos jy die stuur draai terwyl jy terugstoot nie. Jy kan darem die bol op die skerm sien – mooi in die middel van jou beeld.

Die rekenaar herken nie ’n woowna op die haak nie en die trusensors raas wanneer jy met die wa terugstoot. Ons kon nêrens ’n knoppie vind wat die alarm afskakel nie.

Voor die rathefboom, in die paneel onder die lugreëling­knoppie, is drie USB-sokke. Elkeen het ’n klappie met ’n gleufie aan die bokant wat jy met jou nael moet haak om oop te maak, maar dis moeilik om jou vinger daar te kry, want die paneel van die lugreëling loop tot teenaan die klappies. By die agtersitpl­ek is een USB-punt met ’n soortgelyk­e kappie, maar dié is oop en ’n mens sukkel nie.

Die passasiers op die agtersitpl­ek is ook nie uitgelewer aan die voorkeure van die bestuurder as dit kom by die verstellin­gs van die lugreëling nie. In die dak is ’n knop waarmee die passasiers self kan stel hoe hulle die lugreëling wil hê (bo albei kantsitple­kke is ’n lugopening in die dak). Bo die opslaansit­plekke in die laairuim is nóg twee lugopening­e.

 ??  ?? ISUZU MU-X 3.0 4x4
ISUZU MU-X 3.0 4x4
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’N FRAKSIE. Die stang is opsioneel en dit kos minder as 1% van die waarde van ’n nuwe mu-X om een te laat opsit. Vir wat jy kan sleep, is dit die logiese ding om te doen.
’N FRAKSIE. Die stang is opsioneel en dit kos minder as 1% van die waarde van ’n nuwe mu-X om een te laat opsit. Vir wat jy kan sleep, is dit die logiese ding om te doen.
 ??  ?? MIDDELPUNT. Die temperatuu­rknop vorm die middelpunt van die lugreëling se verstellin­gs. Die waaierspoe­d is regs van die knop.
MIDDELPUNT. Die temperatuu­rknop vorm die middelpunt van die lugreëling se verstellin­gs. Die waaierspoe­d is regs van die knop.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa