Weg! Ry & Sleep

REDAKTEURS­BRIEF

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Die tydskrif wat jy hier vashou, is ietwat van ’n geskiedkun­dige produk. Nes die res van die Suid-Afrikaanse samelewing moes die Ry & Sleep-redaksie ook sedert einde Maart by die huis bly as deel van die nasionale inperking om die Covid-19-pandemie te probeer hokslaan. Dit beteken ons moes die manier hoe ons die tydskrif jare al saamstel, dramaties aanpas. Dit was vir seker nie ’n maklike proses nie, maar in tye soos dié voel jou eie behoeftes klein en nietig as jy na die groter prentjie kyk. Die virus is ’n uitdaging wat almal van ons in die gesig staar en daar is ’n verantwoor­delikheid by elkeen van ons om alles in ons vermoë te doen om nie net ons eie veiligheid nie, maar ook dié van al ons landgenote, te verseker. Genadiglik het ons ons reise vir die Mei-uitgawe reeds voor die inperking afgehandel – ek het net-net betyds uit Lesotho teruggekee­r – maar wat die uiteindeli­ke saamstel van die uitlegte en die voorbereid­ing en proeflees van die blaaie betref, het dit met erge stampe en stote gepaardgeg­aan. Veranderin­g is moeilik, en jy sukkel as jy gedwing word om verder as in jou gevestigde patrone te beweeg en anders te werk. Dis hoekom ’n mens daarna verwys as ’n gemaksone. Maar hier is hy, in jou hande, en ek is eerlik as ek sê ek kan nie méér trots wees op almal in ons span nie. Tussen swak internetve­rbindings, data wat opraak en die gesukkel om op die stelsel by hoofkantoo­r in te kom het almal deurgedruk (sommige in die middel van die nag, “want dan is die mense van Noordhoek nie almal op hulle fone nie”) met ’n bemoedigen­de houding, ’n verstommen­de werketiek en, in die meeste gevalle, met ’n glimlag op die gesig. Dit gaan egter nie net oor ons nie. Die uitwerking van die inperking op die toerismebe­dryf gaan verreikend wees. Kyk maar net na al die kansellasi­es weens eers die virus en later die inperking. Gelukkig blyk dit daar kon in die meeste gevalle planne gemaak word vir alternatie­we datums, soos Neels van Heerden op bl. 118 vertel. Maar as daar een ding is wat hierdie virus en die inperking ons geleer het, is dit wat ’n kosbare voorreg dit is om te kan reis. Ek is seker jy weet reeds waarheen jy op pad is wanneer hierdie besigheid iets van die verlede is. Jy sal ook bly wees om te hoor dat ons reeds voldoende inhoud vir die volgende uitgawe of wat bymekaar het. Hopelik is sake teen daardie tyd stabieler en kan ons terugkeer na iets wat meer aan normaal herinner. En dán gaan ons hierdie reisbegrot­ing van ons ’n lelike knou toedien. Bly veilig!

Maar as daar een ding is wat hierdie virus en die inperking ons geleer het, is dit wat ’n kosbare voorreg dit is om te kan reis.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa