Weg! Ry & Sleep

Nog lank nie koud

- DAVE ELSTON Assagay, Durban >

Ek en my vrou, Gillian, het pas teruggekee­r ná ’n kort vakansie by die Scottburgh-woonwapark in die KwaZulu-Natalse Suidkus, en wil graag ons agting en bewonderin­g uitspreek teenoor ons kampbure, Johnny en Ria Jordaan van Vanderbijl­park.

Toe ek Johnny die eerste keer met sy ou Kombi en sleepwa sien verbyry, het ek nogal gedink ’n mens is nooit te oud om te kamp nie.

Ons was geseën dat hulle besluit het om die kampplek langs ons te kies. Ná skaars 10 minute was hulle kamp opgeslaan en die 82-jarige Johnny kon agteroorsi­t met ’n koue bier in die hand. “Dis hoe ’n mens dit doen,” het hy agterna gesê.

Ons was verbaas hoe basies dog prakties hulle opset is. Hulle sê as hulle langer kamp, sleep hulle eerder hulle Mazda 323 saam pleks van die sleepwa, maar hulle slaan steeds hulle gazebo op langs die Kombi.

Dié slag kamp hulle enigiets tussen twee en vier weke, afhangend van hoe hulle voel, want dit was onbeplan.

Ek het nóg meer respek vir Johnny gekry nadat hy ’n stel gholfstokk­e uitgehaal het. Naas kamp is gholf sy groot liefde, en hy speel 2-3 keer per week waar hy ook al kamp.

Johnny het op 55 opgehou werk en kamp sedertdien reg oor Suider-Afrika. Hulle besit hulle strydros-Kombi sedert 1991 en dié gee nie veel probleme nie. Trouens, hulle het toevallig met hierdie kamp die hulp van motorwerkt­uigkundige­s ingeroep omdat die Kombi nie wou vat nie. Een van die werktuigku­ndiges het vir Johnny gevra wanneer laas die petrolfilt­er vervang is. “Seker 20 jaar gelede,” het Johnny met opgetrekte skouers geantwoord.

Op 17 Junie vier die egpaar hulle 60ste huwelikshe­rdenking, en daarom het ek net vóór ons vertrek vir hulle ’n bottel vonkelwyn gegee – dis die bottel wat Johnny hier vashou.

Ek is 58 en het ook op 55 ophou werk. Om te sien hoe Johnny en Ria voluit leef en dit geniet om hierdie mooi land van ons te verken gee my soveel om na uit te sien. Wie weet, dalk sal iemand ’n foto van my na Ry & Sleep stuur wanneer ek 82 is!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa