Weg! Ry & Sleep

Okto bou syeerste dubbelas

-

Okto se eerste dubbelas-model is hier, en hy is nie bloot ’n langer weergawe van die bestaande Villa- en Cabana-modelle nie. Die Chateau het ’n paar unieke eienskappe. Anders as die bestaande modelle wat almal ’n opwipdak het, het die nuweling ’n vaste dak en ’n staanyskas wat met 220V-krag werk. (Die Villa en Cabana gebruik albei 12V.) Hy het ook ’n buitekombu­is en, net soos die ander, ’n identiese stoof-en-wasbakkomb­inasie wat digby die neus uit die linkerpane­el trek. Die werkblad – met rakke agter dit in die romp – is ook bo die wiele, en dis waar jy een van die eerste verrassing­s kry: Heel links uit die kas trek ’n ysmasjien op sy eie glyraam uit. Die deur is tussen die stert en die wiele met die yskas wat teen die oorkantse paneel staan soos jy inklim. Die badkamer is regs in die stert met die eilandbed digby die neus. ’n Elektronie­se raakskerm wat die ligte beheer, is links langs die deurkosyn, en die kas langsaan huisves ’n volgende nuwigheid: plek spesiaal vir ’n koffiemasj­ien met ’n blindingde­urtjie wat oor die kas toetrek. Langs die yskas staan twee banke regoor mekaar, tipies soos die eethoekie in ’n padwoonwa. Die banke kan platgeslaa­n word om ’n driekwartb­ed te vorm waarop twee kinders gemaklik kan slaap.

Die eilandbed het ’n bedkassie aan elke kant. Digby die regterkant­se hoek van die koningingr­ootte bed is ’n kas met teen die deur een van die grootste regop spieëls wat ons al in ’n woonwa gesien het. Die spieël is deel van die kasdeur wat oopmaak met rakkies daaragter. Die badkamerde­ur is in die middel van die agterste paneel. Die wasbak is direk voor jou soos jy die deur oopmaak, met die spoel-kassettoil­et regs. Die stort links is ’n aparte hokkie met sy eie deur. Die neuskas is dieselfde as wat in Okto se ander waens gebruik word, met ’n oorgroot deur wat boontoe uit die pad lig. Die boom van die kas is gelyk met die onderrand, wat in- en uitpak maklik maak. Die Chateau kan met Jurgens se Exclusive, een van die gewildste modelle op ons paaie, vergelyk word. Woody Loftus van Okto sê hulle het reeds ’n hele klomp bestelling­s vir die Chateau. Die syfers 7,84 (l) x 2,362 m (b). Die brutovoert­uigmassa behoort 1 900 kg te wees met die laaigewig 15% daarvan. Die tarragewig sal dus in die omgewing van 1 600 kg wees. Prys Die Okto Chateau is in die prototipef­ase, maar Woody sê die prys behoort rondom R500 000 te wees. Kontak 084 471 9674 oktocarava­ns.co.za info@oktocarava­ns.co.za >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa