Weg! Ry & Sleep

’n Disco vir gewone mense

As jy vandag ’n “goedkoop” nuwe Land Rover wil koop, reken Pierre Steyn die opgekikker­de Discovery Sport is dalk die intreevlak­model waarna jy moet kyk.

-

Noudat ’n nuwe Defender jou byna R1 miljoen uit die sak gaan jaag en die stadsjapie Evoque meer tuis voel voor ’n gin bar as op ’n stofpad, is die Discovery Sport dalk die mees onopgesmuk­te Land Rover wat jy kan koop.

Die eerste Discovery Sport is in 2015 bekend gestel om die sukkelende Freelander te vervang. Die gedagte was om ’n relatiewe bekostigba­re sportnutsv­oertuig te verkoop wat ewe tuis sal wees in die voorstede as op grondpad, iets waarmee jy kan sleep en wat ook ’n bietjie kan veldry as dit nodig sou word. Nou nie so goed soos die duurder Discovery oor rowwe terrein nie, maar darem...

Dit is vyf jaar later en die “nuwe” Discovery Sport is binne, buite en onderlangs redelik ingrypend opgeknap. Ons het vroeg in Maart die D180 R-Dynamic HSE van Kaapstad na Langebaan en toe na Riebeek-Kasteel gery om die motor op teerpad, plaaspad en deur ’n 4x4-hindernis of twee te toets.

Die enjins

Met die Disco Sport se bekendstel­ling was daar net een enjin beskikbaar – ’n 2 ℓ-viersilind­erturbodie­sel met 132 kW krag en 430 Nm wringkrag. Dié beproefde enjin het sy voordele: Hy is taamlik verfynd vir ’n diesel, en sy brandstofv­erbruik, sê Land Rover, is net 5,8 ℓ/100 km. Op die ooppad het ons redelik naby aan daai syfer gekom. Daar is min fout te vind met die ZF-negespoed- outomaties­e ratkas wat baie glad verwissel.

Die enjin se swak punt is die mate van turbotraag­heid wat te bespeur is. As jy die versneller wegtrap om ’n vragmotor verby te steek, moet die enjin eers vir ’n sekonde of wat dink voor die turbo inskop. En selfs dan neem dit ’n tydjie voor hy spoed optel. Ook die versnellin­g van 0-100 km/h binne 9,7 s is nie te waffers nie.

Die P250-petrolenji­n (183 kW en 365 Nm) sal vinniger reageer. Dié model sal binnekort in Suid-Afrika bekend gestel word saam met ’n elektriese hibriede model, die P300.

In gewone padomstand­ighede, soos wanneer jy teerpad ry, word krag net na die voorste as gestuur. Dit help om die brandstofv­erbruik te verminder. Maar sodra die motor se sensors agterkom jy’t vastrap verloor, word krag oombliklik ook na die agteras gestuur.

Die rit

Een van die grootste verbeterin­gs op die nuwe Disco Sport is sy onderstel. Dis gebou op Jaguar Land Rover se Premium Transverse Architectu­re, en die gevolg is dat die motor heelwat minder wieg deur die draaie as sy voorganger. Voorlangs is daar verbeterde McPherson-stutte wat help om vibrasie te verminder. Padgeraas word buite gehou, en in die algemeen is hierdie Disco se padgedrag op teer uitstekend.

Ook op grondpad is dit die geval, en selfs oor rowwe terrein is dié groot motor se vermoë beter as wat ’n mens sou verwag. Land Rover se Terrain Response-stelsel is verbeter: Jy kan alles in outomaties los en die motor se blikbrein sal die dinkwerk doen na gelang van die terrein waaroor jy ry, óf jy kan self speel tussen verskillen­de programme wat sand, modder en klippe insluit. Wringkrag word outomaties na verskillen­de wiele gestuur na gelang van die situasie waarin die motor hom bevind.

Die grondvryho­ogte is 212 mm, en met iets wat Ground View genoem word, kan jy op die raakskerm in die kajuit tot 180º voor, om en onder jou sien wat aangaan. Jy kan tot 600 mm deur water waad en tot 2 500 kg sleep met die Discovery Sport.

Binne- en buitelangs

Baie van die nuwe Discovery se ontwerpele­mente is nou oorgedra na die Sport, veral wat betref die LED-ligte voor- en agterlangs, en die nuwe buffers. Die Sport lyk vir ons mooier as sy duurder familielid – veral van agter af.

Binnelangs het die Sport ook nou die 2020’s betree en dit voel asof jy in ’n luukse sportnuts sit. Al die jongste tegnologie, van ’n 10”-raakskerm, Apple CarPlay en ’n vakkie waarin jy jou selfoon koordloos kan herlaai, is daar.

Sommige van die tegnologie werk beter as ander. Die ClearSight-trupspeëlt­jie, gekoppel aan ’n kamera agter op die dak, gee jou ’n wye digitale beeld van wat agter jou aan die gang is. Maar as jy net ’n paar sekondes daarna kyk, kan dit begin voel jy is seesiek. Jy kan dit darem oorskakel na die konvension­ele truspieëlt­jie.

Die afwerkings­vlakke is goed en die leersitple­kke baie gemaklik. Teoreties is die Discovery

Sport ’n sewesitple­kmotor, maar soos in die meeste van die gevalle is die agterste twee sitplekke net vir kleuters en noodgevall­e. Beskou dit veel eerder as ’n binneruim wat gemaklik vyf mense en hulle bagasie sal sluk.

Slotsom

Geen (nuwe) Land Rover kan meer as werkerskla­s bestempel word nie. Dié Britse vervaardig­er spits hom deesdae veel eerder op die luukse kant van die mark toe. Maar die Discovery Sport, wat baie tuis is in die stad en verbasend bekwaam in die veld, is dalk net sy mees onopgesmuk­te model. Dalk nie werkerskla­s nie, maar genadiglik middelklas in sy aanslag.

 ??  ??
 ??  ?? OU SLIMJAN Met Land Rover se verbeterde Terrain Response-stelsel kan jy alles in outomaties los en die motor se blikbrein sal die dinkwerk doen na gelang van die terrein waaroor jy ry. Die Discovery Sport se vermoë is oor die algemeen beter as wat jy sou verwag.
OU SLIMJAN Met Land Rover se verbeterde Terrain Response-stelsel kan jy alles in outomaties los en die motor se blikbrein sal die dinkwerk doen na gelang van die terrein waaroor jy ry. Die Discovery Sport se vermoë is oor die algemeen beter as wat jy sou verwag.
 ??  ??
 ??  ?? Die toonbeeld van luuksheid, maar effens vervelig teenoor die Landie. R813 416 Mercedes-Benz GLC 220d
Die toonbeeld van luuksheid, maar effens vervelig teenoor die Landie. R813 416 Mercedes-Benz GLC 220d
 ??  ?? R764 900 Hyundai Santa Fe R2.2 Elite AWD
Billike prys en goed afgewerk, maar hy geniet nie dieselfde aansien nie.
R764 900 Hyundai Santa Fe R2.2 Elite AWD Billike prys en goed afgewerk, maar hy geniet nie dieselfde aansien nie.
 ??  ?? R771 000 Volvo XC60 D5 Momentum
Deftig en haastig met ’n treffende voorkoms, maar swak herverkoop­waarde.
R771 000 Volvo XC60 D5 Momentum Deftig en haastig met ’n treffende voorkoms, maar swak herverkoop­waarde.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? MEDEDINGER­S
Luukse 4x4-sportnutse met 2 ℓ-enjins
MEDEDINGER­S Luukse 4x4-sportnutse met 2 ℓ-enjins

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa