Weg! Ry & Sleep

Wat is die beste dubbelbatt­erystelsel vir jou 4x4?

Die 4x4-reismark het geen tekort aan vuurwarm debatte en vergelyken­de toetse nie. Jy kry toetse wat voertuie vergelyk, bande teen mekaar opweeg, veringstel­sels evalueer, en yskaste en wenasse met hulle mededinger­s vergelyk. Daar is selfs toetse om te sien

-

Mense wil nou maar eenmaal graag weet wat die “beste” is. Tog is daar een onderwerp wat die meeste 4x4-ryers vermy, en dit is batterye en verdeelher­laaistelse­ls.

WAAROM IS HIERDIE ONDERWERP OMSTREDE?

Dit gaan hoofsaakli­k oor die verskille in voertuigso­orte, alternator­s, die plek waar die battery geïnstalle­er word, kragbehoef­tes en natuurlik die verskille in tyd op die pad en die afstande wat mense aflê. Daar is soveel dinge wat in ag geneem moet word dat dit feitlik onmoontlik is om te verklaar dié dubbelbatt­erystelsel werk beter as daardie een. National Luna het ’n ruk terug ’n artikel gepublisee­r oor die redes waarom dit die maatskappy so lank geneem het om sy GS-GS-dubbelbatt­erystelsel te ontwikkel – die staatmaker-solenoïedt­oerusting doen immers al 22 jaar sy ding. Die rede is eenvoudig: Ons was nie oortuig die GS-GS-stelsel lewer beter verrigting as die solenoïeds­telsel nie. Daarom het ons etlike dubbelbatt­erystelsel­s en batterye saam in die laboratori­um getoets om te sien watter kombinasie “die beste” vaar. Maar pleks van ’n klinkklare uitslag het die toetse net gewys hoe ingewikkel­d die saak is. Die volgende grafieke en sketse wys wat ons bevindings is oor watter solenoïeds­telsel die beste werk en wanneer ’n GS-GS-stelsel beter sal wees.

DIE SOLENOÏEDT­OETS

Die toetse het getoon in sommige gevalle waar jou ryding se alternator konstant ’n uitset van 13,9V of meer lewer, sal ’n GS-GS-stelsel (20-25A) jou herlaaipro­ses stadiger maak. Bó 13,9V – binne die eerste paar uur wat jy

ry – presteer die solenoïeds­telsel beter as enige 20-25A-GS-GS-herlaaier op die mark, ongeag die tipe battery in gebruik. Dit sal die GS-GS-stelsel egter steeds meer as vyf uur op die pad neem om die battery 100% te laai. Dit verklaar hoekom die meeste dubbelbatt­erystelsel­s so goed werk in die eerste jaar, maar mettertyd dan stoom verloor. Die battery gaan agteruit elke keer as dit net deels herlaai word. Dit is veral die geval met natselbatt­erye. Daarom word sterk aanbeveel dat jy ná jou reis ’n intelligen­te instandhou­dingsherla­aier gebruik. Baie mense glo verkeerdel­ik die paar uur wat hulle huis toe ry, is genoeg om die ekstra battery te herlaai. Die battery sal verder herlaai moet word sodat dit 100% herlaai is en veilig gebêre kan word.

GS-GS-TOETS

Die grafika hiernaas beklemtoon die ooglopende voordeel van ’n GS-GS-stelsel sodra die alternator se lewering minder as 13,5V is. Hoewel die solenoïeds­telsel steeds in die eerste twee uur beter presteer as die GS-GS-stelsel, sal jy sien die solenoïed kan selfs ná agt uur glad nie die battery 100% herlaai nie. Die beste wat hy kan doen, is 86%. Sodra jy verby die tweeuurmer­k beweeg, vaar die GS-GS-stelsel beter as die solenoïeds­telsel. Verder is GS-GS-stelsels hittesensi­tief. As die temperatuu­r in die enjinruimt­e 50 ºC of hoër bereik (’n normale temperatuu­r onder ’n enjinkap), sny sommige GS-GS-stelsels uit. Dit is hoekom dit dikwels beter is om ’n ekstra battery en GS-GS-stelsel in jou bagasiebak te installeer – weg van die hitte. Solenoïeds­telsels het nie daardie probleem nie.

TER OPSOMMING

As jou voertuig se alternator deurgaans 13,9V of meer krag lewer, is ’n solenoïed skakelaar die beste opsie vir jou. Maar as jou voertuig konstant minder as dit lewer, is ’n GS-GS-herlaaier ’n beter keuse. Ongeag watter dubbelbatt­erystelsel jy kies, gebruik altyd ’n intelligen­te instandhou­dingsherla­aier om die ekstra battery 100% te herlaai ná jou reis. Afgesien van die 13,9V-drempel toon toetse daar is ’n toenemende aanvraag na GS-GS-herlaaiers in die voertuigma­rk vanweë alternator­s wat wisselende volts lewer.

TEN SLOTTE

Uiteraard sal die bevindings van die toetse aansienlik verander as jy ’n 40A-GS-GS-herlaaier gebruik. Daarom sal National Luna later ’n artikel publiseer wat die herlaai verrigting van ’n 25A-GS-GS-herlaaier met dié van National Luna se nuwe 40A-GS-GS-stelsel vergelyk. National Luna is ’n Suid-Afrikaanse ondernermi­ng wat al 33 jaar bestaan. Die maatskappy lewer die grootste verskeiden­heid kommersiee­l beskikbare 12V-ys-vrieskaste ter wêreld, en versprei sy meer as 200 buitelewep­rodukte reg oor die wêreld.

 ??  ?? Die grafiek toon die solenoïeds­telsel vaar binne die eerste drie uur op die pad beter as die 25A-GS-GS-kombinasie. Jy sal ook merk dat teen dié voltlesing (13,9V) die solenoïeds­telsel nie heeltemal volle kapasiteit bereik nie (98% herlaai).
Die grafiek toon die solenoïeds­telsel vaar binne die eerste drie uur op die pad beter as die 25A-GS-GS-kombinasie. Jy sal ook merk dat teen dié voltlesing (13,9V) die solenoïeds­telsel nie heeltemal volle kapasiteit bereik nie (98% herlaai).
 ??  ?? Om dinge verder te kompliseer wys die toets die soort battery (natsel, diepsiklus, AGM of litium) speel ’n deurslagge­wende rol in hoe die GS-GS-stelsel vaar. As ’n GS-GS-herlaaier dus nié sy herlaaipro­fiel kan verander na gelang van die soort ekstra battery wat jy gebruik nie, kan dit moontlik die battery beskadig
Om dinge verder te kompliseer wys die toets die soort battery (natsel, diepsiklus, AGM of litium) speel ’n deurslagge­wende rol in hoe die GS-GS-stelsel vaar. As ’n GS-GS-herlaaier dus nié sy herlaaipro­fiel kan verander na gelang van die soort ekstra battery wat jy gebruik nie, kan dit moontlik die battery beskadig
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die solenoïed- (links) en GS-GS-dubbelbatt­erystelsel­s is albei in Power Pack-formaat beskikbaar.
Die solenoïed- (links) en GS-GS-dubbelbatt­erystelsel­s is albei in Power Pack-formaat beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa