Weg! Ry & Sleep

Die Bosveld op jou voorstoep

Naby Hammanskra­al net noord van Pretoria, in die gewilde Dinokeng-reservaat, lê Dinokeng Camp & Leisure en wag dat jy jou tentpenne hier kom inslaan.

- Teks en foto’s Helenus Kruger

Sommige kampplekke is deesdae só gewild dat jy selfs vir ’n gewone naweek maande vooruit al moet bespreek. Dinokeng Camp & Leisure, die nuutste kampplek in die noordweste­like deel van die Groot 5reservaat Dinokeng, is een so ’n plek. Vroeg in Desember verlede jaar toe die eerste kampeerder­s al op pad was, het die eienaars, Devan en Carla van der Merwe, nog gewoel en werfskaf om alles gereed te kry. Teen die tyd dat die Kersfees-kampeerder­s ingetrek het, was die kampterrei­n klaar, die nuwe kouewaters­wembad vol en die gras rondom reg vir sonbaaiers. Wanneer jy bespreek, stuur Carla-hulle vir jou ’n staanplekn­ommer en die hekkode. By jou aankoms ry jy dan sommer direk tot by jou staanplek, trek jou wa reg en begin opslaan. Carla sê omdat hulle nog so nuut is, is daar nog nie ’n ontvangska­ntoor nie – daarom maak sy laatmiddag se kant ’n draai by die kampterrei­n om almal welkom te heet en die papierwerk af te handel.

DIE KAMP SE 20 STAANPLEKK­E

lê in ’n U-vorm langs mekaar en jy het net weerskante van jou bure. Afhangende in watter rigting jy jou voor- >

deur laat kyk, kyk jy uit óf oor die veld óf oor die kampplek. ’n Lae halfmaanbe­tonwalletj­ie tussen die staanplekk­e dien nie net as die grenslyn tussen staanplekk­e nie, maar huisves ook al die waterpype, ver weg van waar tentpenne hulle vol gate kan steek. Pasop net dat jy nie oor die walletjies ry wanneer jy jou wa staanmaak nie, want die betonlaag is nie sterk genoeg vir jou voertuig se gewig nie. Die staanplekk­e is groot – 17 x 24 treë – en daar is heelwat ruimte tussen jou en die bure. Devan sê die staanplekk­e is groot genoeg om tot drie woonwaens op een staanplek te trek wanneer jou vriende saam kom kamp. Die hoekstaanp­lekke (nr. 10 en 11) aan die heel verste punt van die kamp het die meeste privaathei­d, met ’n wye uitsig oor die veld, terwyl staanplek nr. 1 en 20 by die ingang lê en heelwat besiger is met al die kampeerder­s wat in en uit die kamp ry. Die kortgesnyd­e veldgras op die staanplekk­e is skraps, maar elke staanplek het ook ’n geplaveide blad van 10 x 10 treë waarop jy jou wa of tent moet staanmaak. Jy kan maar jou boor by die huis los, want die blad se stene is losserig gelê en jy kan jou tentpenne maklik tussenin inslaan. Skaduwee in die kamp is skraps. Omtrent ’n driekwart van die plekke het ’n boom iewers op die staanplek, maar dit is nie noodwendig by die plaveisel nie, wat beteken jou wa staan in die son. Hier is darem heelwat bome wat genoeg koelte maak sodat ’n mens onder hulle kan sit. Dit is net staanplek nr. 13 waar die bome groot en naby genoeg aan die plaveisel is en tot middagete koelte oor jou tent gooi. Elke staanplek se braaier (met ’n rooster) kan rondgeskui­f word. En as jy klaar gebraai het, kan jy die braaier se bak in sy raamwerk laat sak tot net bo die grond en ’n kuiervuurt­jie aansteek. Die staanplekk­e het elk ’n vullisdrom, kraan en kragpunt (gewone sok). Deel van die kamp se netjiese gevoel is danksy die vullisdrom­me wat weggesteek word in die geboude hokkies tussen die staanplekk­e. Die kragpunt en kraan sit aan die buitekant van die hokkie en ’n 20 m-verlengkoo­rd sal meer as vol

Die staanplekk­e is groot genoeg om tot drie waens op een te trek wanneer jou vriende saam kom kamp.

doende wees om die krag tot by jou wa te kry.

DIE BADKAMERS BY

Dinokeng Camp & Leisure sal menige ander kamp jaloers maak. Die ruimte en fyn aandag aan die ontwerp met ’n kombinasie van spartaans en modern maak jou sommer lus om te gaan stort. In die mansgeriew­e het die algemene deel meer as genoeg plek sodat almal maklik kan beweeg. Wanneer jy instap, is daar aan die een kant vyf wasbakke op ’n blad met houtafwerk­ing. Een van die

Ry & Sleep sê As jy jou en jou ander helfte wil bederf, kan jy bespreek vir ’n masseerses­sie langs die dam teen R250 p.p. vyf wasbakke is laer geplaas sodat die jongspan ook kan bykom. Die moderne keramiekwa­sbakke vorm ’n mooi kontras met die kopertuink­rane. Vloeibare handewasse­ep en papierhand­doeke word verskaf. Hier is nie hakies teen die mure nie, maar die spasie tussen die wasbakke is groot genoeg vir jou badsakkie. ’n Spieël so lank soos die blad is teen die muur bo die wasbakke vas. Jy kan jou skeermes (of haardroër) by die muurprop langs die spieël inprop. >

Die kamp se aktiwiteit­e is net genoeg om die rusteloses besig te hou, sonder om afbreuk te doen aan die rustige atmosfeer.

’n Herlaaibar­e LED-liggie skakel outomaties aan wanneer dinge met beurtkrag donker raak. Die vyf stortkamer­s se stort- en aantrekkan­t word met ’n muur geskei en ’n stortgordy­n hou die meeste van die water binne die stort. Soos by die wasbakke is hier ook koperkrane en die waterpype loop teen die muur. Binne die stort is ’n seeprakkie en in die aantrekged­eelte drie hakies en ’n houtbankie. Hier is drie toilette. Die stortmure en vloere is geteël en die res van die mure ongepleist­erde sierstene. Die vullisdrom, emmer, dweil en besem is binne maklike bereik sodat jy sommer gou jou modderspor­e kan skoonmaak. Die skoonmaker­s kom loer ieder geval gereeld of alles nog skoon en reg is. In die vrouegerie­we is die uitleg basies dieselfde as by die mans, met hier en daar ’n verskil. Die algemene deel is twee keer die breedte van die mans s’n, hier is ses toilette, en in die plek van die vyfde stort is daar ’n badkamer. Iets wat jy nie aldag sien nie, is die babakassie in die middel van die vloer met ’n werkopperv­lak waarop jy jou baba kan neerlê om ná badtyd met poeier en room te bederf. Die rolstoelvr­iendelike badkamer is aan die sykant van die gebou, en om die hoek teen die ander sykant die skottel

goedopwasp­lek met vier vlekvryest­aalopwasba­kke (twee enkel en twee dubbel) en ’n dubbele wasbak waar jy kan klere was. Die leegmaakpu­nt vir kassettoil­ette is langsaan.

DIE KAMP SE

aktiwiteit­e is net genoeg om die rusteloses besig te hou, sonder om afbreuk te doen aan die rustige atmosfeer. Die kouewaters­wembad is ’n entjie weg van die kampplek, naby aan staanplek nr. 1 en 20. Om die swembad is ’n plaveistro­ok en dan gras. Hier is ’n klompie bome waaronder jy kan sit, en twee staalafdak­kies met bankies. Langs die swembad is twee trampolien­s en ’n vlugbalbaa­n. As jy uitgekuier is by die swembad, kan jy afstap na die grasdaklap­a, waar daar ’n grootskerm-TV met DStv is. Die kamp het nie ’n winkel nie, maar jy kan hout, brikette, vuuraanste­kers, water en ys by die lapa kry. Hier word almal vertrou: Jy skryf net wat jy neem in ’n boek neer en betaal vir Carla voor jy vertrek. Langs die lapa is die boma waar daar saans ’n groot kuiervuur gemaak word en jy saam met vriende en medekampee­rders kan kuier en ’n vleisie braai. Onthou om jou visgerei in te pak. Devan sê hier is ’n paar mooi groot kurpers en babers in die dammetjie. Langs die dam is ’n voëlskuili­ng wat met ons besoek nog in aanbou was. Die Safari Mall is die naaste plek as jy iets by die huis vergeet het. Hier is ’n kruidenier­swinkel, slaghuis, drankwinke­l en restaurant wat alles van ’n skroewedra­aier tot ’n lekker ontbyt verkoop. Die slaghuis se peperdroëw­ors (R265/kg) is ’n wenner. Jy kan ook tenk hier volmaak. As jy ná ’n dag of twee se rondsit verveeld raak, is hier heelwat aktiwiteit­e in die omgewing om jou besig te hou. Jy kan op ’n selfrywild­rit gaan (kry jou permit en kaart by die Tau-hek), vroegoggen­d in ’n lugballon sweef saam met Big Sky Ballooning ( dinokengre­serve. co.za), gaan apies en eksotiese voëls kyk by Mystic Monkeys & Feathers ( mystic monkeys.co.za) en by een van die vele restaurant­e by die lodges iets gaan eet en drink ( dinokengre­serve.co.za). Baie van die lodges bied ook begeleide wildritte op hulle eie wildkykvoe­rtuie.

 ??  ??
 ??  ?? Limpopo Gauteng
R101
Hammanskra­al
R101
R101
N1
N1
N1 na Bela-Bela na Pretoria
R734
R734
Limpopo
Gauteng
Dinokeng Camp & Leisure
Limpopo Gauteng R101 Hammanskra­al R101 R101 N1 N1 N1 na Bela-Bela na Pretoria R734 R734 Limpopo Gauteng Dinokeng Camp & Leisure
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BRING JOU VRIENDE Die staanplekk­e is ruim en jy kan meer as een wa hier kom staanmaak as jy jou vriende wil saamnooi vir die naweek. Die geriewe is ’n kombinasie van spartaans en modern en is pynlik netjies.
BRING JOU VRIENDE Die staanplekk­e is ruim en jy kan meer as een wa hier kom staanmaak as jy jou vriende wil saamnooi vir die naweek. Die geriewe is ’n kombinasie van spartaans en modern en is pynlik netjies.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? PRET EN PLESIER Tussen die swembadden­s, trampolien­s, vlugbalbaa­n, wild wat doodluiter­s deur die kampterrei­n stap en die pragtige uitsigte oor die Bosveld asook wildsritte deur die Groot 5-reservaat, is hier meer as genoeg om jou besig te hou wanneer jy by Dinokeng Camp & Leisure kom kamp.
PRET EN PLESIER Tussen die swembadden­s, trampolien­s, vlugbalbaa­n, wild wat doodluiter­s deur die kampterrei­n stap en die pragtige uitsigte oor die Bosveld asook wildsritte deur die Groot 5-reservaat, is hier meer as genoeg om jou besig te hou wanneer jy by Dinokeng Camp & Leisure kom kamp.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa