Weg! Ry & Sleep

Ry óp die tafel

Skaars twee uur se ry van Kaapstad af kan jy op een van die voorste veldryroet­es in die Wes-Kaap kom speel.

- Teks en foto’s Piet van Heerde

Klein Tafelberg-4x4 is geleë op ’n plaas naby Redelinghu­ys – omliggende dorpe sluit in Velddrif, Aurora en Elandsbaai. Die roete en kampterrei­n is ontwikkel deur die eienaar, Stephen Burger, maar word deur sy bure Alfie en Gezie Louw bestuur. Met die aankomslag is daar ’n kort en kragtige inligtings­essie waar jy ook jou tweerigtin­gradio kry. Geen alkoholies­e verversing­s word op die roete toegelaat nie en by elke hindernis moet elke voertuig wag tot hy deur die gids geroep word. Normale konvooireë­ls geld ook, en daarom wag jy by elke kruising of afdraai vir die voertuig agter jou.

DIE EERSTE HINDERNIS

heet Milkshake, wat kort ná die begin oor jou pad kom. Jy ry eers ’n paar draaie deur die sand en wag dan vir die gids om deur ’n klomp skerp draaie tot bo-op die heuwel te ry. Die gids roep die eerste voertuig en dié skop boë sand om die skerp draaie op soos hy vorder. Dit lyk of hy dit gaan maak, maar dan staan hy stil, die enjin grom nog ’n keer of wat, en uiteindeli­k blaas hy die aftog al die pad tot onder. Dan kom dit oor die radio: “Wat is jou banddruk en in watter rat was jy? Stoot maar terug tot waar jy begin het.” Daar word vasgestel die banddruk het van die ontvangska­ntoor tot hier met 0,2 bar opgegaan – dis die warm son. Nadat die sakie reggestel is, volg hy met die tweede poging sonder probleme tot bo. Elke voertuig word dus sommer by die eerste hindernis al ordentlik getoets.

Van hier af vorder jy tot by die volgende hindernis. Dié is nuut en moet nog gedoop word, maar voorlopig word dit Klein Heartbreak Hill genoem. Dit is ’n steil bult in die sand met ’n skerp draai onder wat jou snelheid én momentum beperk. As jy spoed en momentum kan behou, is dit relatief maklik, maar indien nie, moet jy weer onder begin. Ná jou derde mislukte poging moet jy die ontsnaproe­te neem. Dit is nie iets om oor skaam te wees nie – ’n mens moet êrens begin om jou en jou voertuig se vermoë te ken. >

 ??  ??
 ??  ?? DEURGAANS IN GESPREK Jy kry ’n tweerigtin­gradio wanneer jy die veldryroet­e hier kom aandurf, en jy wag by elke hindernis vir intruksies van jou gids. Hier ry jy oor sand, los gruis en groot klippe terwyl jy meer oor jou voertuig en jou eie vermoë leer.
DEURGAANS IN GESPREK Jy kry ’n tweerigtin­gradio wanneer jy die veldryroet­e hier kom aandurf, en jy wag by elke hindernis vir intruksies van jou gids. Hier ry jy oor sand, los gruis en groot klippe terwyl jy meer oor jou voertuig en jou eie vermoë leer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa