Weg! Ry & Sleep

’n Ford vir die familie

Voorheen het hy hulle 1980-model Gypsey Caravette 5 met ’n Isuzu KB gesleep, maar sedert hy drie jaar terug ’n Ford Ranger aangeskaf het, is die lewe ’n lied, sê Clint Morris van Durbanvill­e.

-

Ek het sewe jaar lank met ’n 2003model Isuzu KB 300 TDI-4x2dubbelk­ajuitbakki­e gery, maar hy het onklaar geraak en ek het besef dis nie die moeite óf geld werd om hom te laat regmaak nie. Ek het besluit die tyd is ryp vir ’n nuwe ryding.

’n Bakkie is altyd nuttig wanneer jy gaan kamp, ongeag of jy sleep of nie. Ons sleep wel, maar ek laai die meeste van ons bagasie agterin die bakkie en nié in die wa nie. Ek hou ook van selfdoenpr­ojekte en om aktief te wees saam met my kinders. As daar dus nie ’n kruiwa en sakke sement agterop die bakkie is nie, is dit my kinders se fietse.

Ek was dus van die begin af op soek na ’n bakkie, veral oor die veiligheid, betroubaar­heid, gemak en veelsydigh­eid daarvan. Ek het na twee sportnutse ook gekyk, maar omdat ek so lank al ’n bakkie gebruik, het ek geweet ek sal weer een koop.

Uiteindeli­k het ek in Januarie 2017 ’n nuwe Ford Ranger 2.2 TDCi-dubbelkaju­itbakkie (4x2 met ’n handratkas) vir R333 000 gekoop. Die bakkie is net ’n plesier. Ek het al bakkies van ander vervaardig­ers besit, maar jy gaan sukkel om my voortaan in enigiets anders as ’n Ford te kry.

Ek moet darem erken ek sou dadelik vir my ’n Mercedes-Benz G-klas aanskaf as ek die geld gehad het. Dit is nou wel nie ’n bakkie nie, maar ek sal dan vir my ’n sleepwa kry om die ekstra pakplek te kry waarvan ek so baie hou.

Een van die beste eienskappe is dat ek 850 km met ’n tenk vol diesel kan ry. En hy skrik nie vir harde werk nie. My Ford is nog standaard, maar as ek hom gaan opgradeer, gaan hy eerste ’n stel alleterrei­nbande kry.

Met 385 Nm wringkrag tot my beskikking maak hy korte mette daarvan om my Gypsey Caravette (van 670 kg) te sleep. Die beste van alles is dat daar nie ’n noemenswaa­rdige toename in brandstofv­erbruik is nie en ek kan steeds amper 750 km met ’n vol tenk haal wanneer ek sleep.

Vloedbos naby Caledon is ons gunsteling­bestemming omdat dit gemik is op gesinne. Boonop is daar baie om die kinders besig te hou by die oord. Dit is in private besit en ’n mens kan sien hulle ontsien geen geld of moeite om elke ding op sy plek te hou en seker te maak almal wat daar kamp, hou by die oordreëls nie.

Ons het nog nie ’n enkele slegte ervaring daar gehad nie.

Trouens, ons is só gaande oor die plek, ons ry soms van Durbanvill­e af Vloedbos toe om die dag daar deur te bring.

Een van die beste eienskappe is dat ek 850 km met ’n tenk vol diesel kan ry. En hy skrik nie vir harde werk nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa