Weg! Ry & Sleep

Soek vis in die Wildekus

Trennerys is ’n spoggerige kampplek in die suide van die Wildekus. Hier kamp én hengel jy ’n hond uit ’n bos.

- VISVANGOOR­D

TRENNERYS-HOTEL Pak jou kampgoed, want die vis is hier

Die Trennerys-hotel is teen ’n bult gebou met die kampplek aan die voet daarvan, aan die see se kant. Kyk sommer met die aankomslag mooi wat alles by die kantoor is, want jy gaan meer as een keer van jou kampplek af hierheen stap. Die wassery, winkel, speelkamer, kroeg én swembad is alles hier bymekaar. Van die kantoor af maak die pad ’n slap draai na regs teen die bult af en loop dan tot in die kampplek op ’n terras onder die speelparki­e. Die onafgebake­nde staanplekk­e is nie genommer nie. Hulle is in ’n sirkel uitgelê en die kantoormen­se sê vir jou waar jy moet staan. Agt van die staanplekk­e is langs mekaar aan die rand van die sirkel, met die ander twee in die middel daarvan. Jy slaan op ’n netjiese grasperk kamp op. Die drie staanplekk­e heel regs in die kampplek is die gelykste, maar op hulle het jy geen koelte nie. Die res het almal ’n effense helling, maar is beskut teen die son. Die twee middelste staanplekk­e is weerskante van ’n boom wat ’n paar verdieping­s hoog staan – selfs die hoogste ryhuis sal hier inpas sonder dat jy sy dak skraap. Jou kragpunt (’n gewone driepuntso­k) is in ’n weerbestan­de boks teen ’n lae paaltjie. Bo-op die paaltjie is ’n lig wat teen donker deur die hotelmense aangeskake­l word. Jy braai jou vleis of vis op ’n los staalbraai­er. Krane is skaars, en op van die staanplekk­e is dit makliker om badkamer toe te stap vir water. Dié gebou is op die verste punt van die sirkel, maar steeds naby vir almal. Een van die twee paadjies af strand toe begin by die kantoor, by die slap draai wat jou kampplek toe vat. Dié paadjie loop tot by die strandmeer en die strand is regs af oor ’n paar lae duine. Die kortpad see toe van jou staanplek af is ’n paadjie wat by die kampplek begin. Links waar jy inry, regoor die eerste staanplek, is ’n hek in die heining. Deur dié hek is dit net sowat 100 m tot op die strand.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa