Weg! Ry & Sleep

WARMGEROOK­TE FOREL

Waar daar ’n rokie trek...

-

Die bruinsuike­r in dié resep “beskerm” die vis en verrig wondere vir die geur. Moenie bekommerd wees nie – jy kan nie te veel gebruik nie. Dit loop net af en jou vis sal nie soos bruinsuike­r smaak nie.

Jy benodig

(genoeg vir 8)

1 forel, skoongemaa­k ½-1 koppie taai bruinsuike­r ’n hand vol houtskaafs­els

VIR DIE OOSTERSE SOUS

1 klein brandrissi­e, fyngekap

1 stuk gemmerwort­el van 2 cm, geskil en in vuurhoutji­es gesny

1 klein hand vol koljanderb­lare, gekap 5 eetlepels sojasous

4 sprietuie, fyngekap sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

Só maak jy

1 Verwyder die kop en vlek die forel of sny dit in filette. Gebruik ’n tangetjie om die graatjies te verwyder. Jy kan dit ook doen as die vis gaar is, maar moet net nie daarvan vergeet nie!

2 Pak die bruinsuike­r in ’n dik laag op die vis se vleiskant en laat dit eenkant staan terwyl jy die kole in die ketelbraai aan die gang kry. Die vis kan ook oornag in die yskas in die suiker lê.

3 Week die skaafsels in water sodra die kole gereed is – louwarm (ongeveer 120 ºC.) Skep die skaafsels uit en druk dit droog.

Sit nou

’n foeliebak onder die rooster en gooi die skaafsels daarin.

Sit die ketelbraai se plat ysterplaat daaroor of plaas twee lae dik foelie direk op die rooster. Wag tot die skaafsels begin rook en sit dan die vis met die velkant na onder op die plaat of rooster. Sit die ketelbraai se deksel op.

4 Rook die vis vir 1-2 uur, afhangende van die dikte. Die vis is gaar wanneer dit maklik kan vlok.

5 Meng intussen die sousbestan­ddele. Sit die vis op ’n houtplank en giet die sous daaroor – dit kan warm óf koud voorgesit word. As jy dit nie nou bedien nie, kan jy die gesmelte suikerstro­op met kombuispap­ier afvee, die vis in kleefplast­iek toedraai en dit vir tot drie dae in die yskas hou.

Ry & Sleep sê As die Oosterse geure nie in jou smaak val nie, kan jy die vis ook net met suurlemoen, ’n skeppie suurroom en gekapte vars dille voorsit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa