Weg! Ry & Sleep

’n Dubbel op die bak

Die meeste abbawaens het net slaapplek vir twee, maar in die Obiqua kan vier mense nesskop.

- Teks en foto’s Leon Botha

Met ’n abbawa omskep ’n mens jou bakkie in ’n kits in ’n kamptrokki­e. Dis soos ’n dop wat bo-op die laaibak pas, en hierin slaap twee mense op ’n dubbelbed. Gewoonlik is so ’n abbawa ook toegerus met kamptoerus­ting soos ’n yskas en stoof en selfs ’n stort of toilet.

André van der Merwe, ’n vrugteboer uit Tulbagh se wêreld, toer en kamp al meer as 30 jaar, en hy het ook nou ’n abbawa ontwerp en gebou.

Sy wa stem grootliks ooreen met ander modelle op die mark, maar daar is een groot verskil: Sy Obiqua het twee dubbelbedd­ens en het dus slaapplek vir vier.

Die romp van die eenheid bestaan uit veselglas met ’n spesiale brandbesta­nde isolasiela­ag en weeg skaars 230 kg. Wanneer die Obiqua toegeslaan is, pas hy net so in ’n gewone motorhuis.

’n Verdere bonus hiervan is beter brandstofv­erbruik omdat hy nie ver bo jou bakkie se dak uitsteek nie.

Ons het André se skou-eenheid geleen en vir ’n naweek in die Boland gaan kamp.

Bou bed

Een van die besonderse aspekte van die Obiqua is hoe die beddens uitslaan. Soos jy agter die bakkie staan, vou die een helfte van die dak na regs oop en die ander kant na links.

Maak eerste die dakknippe aan elke kant los en slaan die leertjie in die middel van die eenheid by die agterklap plat.

Die deur maak dan van links na regs oop. Klim op met die leertjie tot jy omtrent teen die dak staan. Vat elkeen van die kante voor jou en lig dit op – hulle swaai so te sê moeiteloos oop.

Terwyl die twee beddens oopslaan, word die tent voor jou gelig. Waar jy by die eenheid inloop, is ’n paneel met ’n boog daarin wat die deurkosyn vorm. Soos die tent dan oopvou, lig die kosyn op sodat jy nou in die Obiqua jou staan kan kry. Voor jou is nog ’n soliede paneel wat saam met die voorste een lig.

’n Verstelbar­e paal pas nou tussen die twee panele se bokante in om die nok te vorm – die seildak word behoorlik gespan. In die lengte en op die ver kante van die bed slaan ’n U-raam elk op. Vier stutpale pas nou tussen die U-rame se hoeke tot by die nokpaal. Die Obiqua se tent lyk dus soos ’n dubbele daktent bo-op ’n veselglasr­omp. Die boseil span met drie veerbelaai­de staallatte aan elke kant. Dis tipies soos dié wat jy op daktente sien. Jy moet wel hoog strek om by te kom; bring maar ’n klein trappie saam sodat jy nie sukkel nie. >

Waar is wat?

Die gangetjie is 46 cm breed en strek 1,76 m voor jou, en aan weerskante is ’n 40 ℓ-ys-vrieskas wat op ’n glyraam uittrek – dit is maklik om van buite af iets in enige van die twee by te kom, hoewel jy net een op ’n slag kan uittrek. (’n Volledig toegeruste Obiqua kom met net een ys-vrieskas, maar hier is plek vir ’n tweede een.) ’n Groot oop kas waarin jy ’n kassettoil­et kan hou, is langs die linkerkant­ste ys-vrieskas; langs die oorkantste een is ’n oop kas waarin twee ammokiste bo-op mekaar pas. Bo albei ys-vrieskaste is ’n plat rakkie so breed soos jou hand met ’n seildeurtj­ie wat toerits. Hierin kan jy ’n hele paar plastiekba­kkies met kruidenier­sware bêre.

Bo dié rakkie links is drie kaste, ook met seildeurtj­ies – dit is die klererakke. Aan die oorkant is nóg ’n oop rak met die skakelaars vir die ligte, waterpomp, yskas en dies meer langs dit. Hier is ook twee USB-sokke en ’n Hella-sok met ’n gesiggie tussen die twee wat die battery se Voltlesing wys.

Die boonste deel van elke kant is ’n plat blad waarop jy goed kan neersit – in die regterkant­ste blad is ’n gesigwasba­kkie versonke – en op die punt van elkeen is ’n bankie met ’n los kussing. As jy die kussing lig, is daar ’n kas onder elkeen wat goed is om linne weg te pak, maar ewe goed werk vir kruidenier­sware.

Op die punt van die gangetjie, dwars met die romp, is nog

’n rak met vier oop rakkies langs mekaar wat elkeen so groot soos ’n skoendoos is – net reg vir iets soos ’n haardroër. Langs die linkerkant­ste bankie is ’n twee- en driepuntkr­agsok plus ’n USB-sok. Die spieël is teen die nokpaneel langs jou vasgesit.

Elkeen van die beddens is 94,5 cm breed, wat natuurlik nie naastenby dubbelbedg­rootte is nie. Maar André het met nog ’n slim plan vorendag gekom: Langs die bed is ’n weggesteek­te los blad wat jy lig en langs die bed inpas – wat elke bed 24,5 cm breër maak.

Die bed se bokant is 1,14 m bo die vloer, wat beteken jy moet klouter om daar uit te kom. Natuurlik kan jy op die bankies trap, maar minder soepel mense gaan effens sukkel.

Buitentoe

Omdat die beddens oorhang en hoog bo die bak is, kan die storie effens wieg as jy in die bed beweeg, want jy is aan die bakkie se vering oorgelaat.

Die Obiqua het stewige los hoekstutte wat uit twee dele bestaan: ’n domkrag met ’n slinger en voetstuk, en dan ’n deel wat by die hoeke agter inpas om die eenheid te dra. Dié stutte (plus die ander twee in die kas) kan jy gebruik om die Obiqua van die bakkie af te haal en op die grond te laat staan.

In dieselfde kas as waarin die hoekstutte gebêre word, is daar ook ’n storthands­tuk met ’n lang pyp.

Die wasbak met die droograk slaan uit die kas langsaan: ’n Raamwerk vou na jou toe oop met ’n los droograk wat daarin pas. Maar die raamwerk bestaan uit twee dele sodat ook die wasbakraam hieruit slaan (omtrent maaghoogte).

Die inlyn-gasgeiser sit regs in dieselfde kas, en weerskante van die inklimdeur is daar plek vir twee gassilinde­rs.

Die gasstoof slaan aan die ander kant uit en is in die kas die naaste aan die kajuit. Die stoof sit dwars op die blad van 37 x 52 cm. Die toetsmodel het nie ’n skermplaat langs die stoof nie, wat beteken jy moet maar hoop die wind waai van die ander kant van die bakkie af.

Op die Toyota Hilux was die toetsmodel se stoof reg langs die brandstoft­enk se inlaat, maar André kan die stoof na die kas langsaan skuif.

Waar die stoof uitslaan, is ’n versteekte rak met ’n dubbele driepuntso­k waarop ’n ketel en broodroost­er kan pas. In die kas langsaan is ’n hele paar ingeboude rakkies vir jou glase, bekers, borde en eetgerei.

Terloops, as jy buite staan, is die uitslaanbe­ddens hoog genoeg bo jou. Dit vorm in der waarheid ’n netjiese dak oor die kante van die Obiqua en jy gaan nie jou kop stamp nie. >

Wat is standaard?

Toerusting soos die 55 ℓ-watertenk met sy 12V-waterpomp, 12V-binne- en buiteligte, 220Ven USB-sokke, die uitvouwasb­ak met sy droograk én die vier hoekstutte is standaard.

Die volledig toegeruste eenheid het daarby ook ’n 140 Ahbattery met ’n laaier en monitor, breekware vir vier mense, ’n elektriese ketel en broodroost­er, ’n potte-en-pannestel, geiser, twee gassilinde­rs, een 40 ℓ-ys-vrieskas, ’n tweeplaatg­asstoof, kassettoil­et en ’n afdakkie bo-oor die inklimkant.

Die kombuis- en storttent is R4 025 ekstra vir elk, en dit kos dieselfde om die Obiqua dieselfde kleur as jou bakke te maak. En as jy die sykante van die stoepdakki­e wil toemaak, gaan dié panele jou R5 175 uit die sak jaag.

 ??  ?? OBIQUA-ABBAWA
OBIQUA-ABBAWA
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa