Weg! Ry & Sleep

Berei voor vir ’n landsreis

Hier is die belangriks­te vyf dinge wat jy moet aanskaf vóór jy vertrek op ’n epiese reis deur ons buurlande.

-

Een van die algemeenst­e vrae wat groentjies op 4x4forums vra, is watter toerusting hulle eerste moet aanskaf vir ’n landsreis.

Ons het op die 4x4 Community-forum en die Nissan Patrol-forum gaan kuier om te lees watter soort wyshede die gesoute avonturier­s met minder ervare forumlede deel.

Ons het ook ons Facebook-vriende gevra en dit blyk dat buiten ’n goeie tent, kampmeubel­s en ’n ellelange lys van gereedskap, jy beslis die volgende moet aanskaf vir jou toer.

1Maak keel nat

Water is die allerbelan­grikste oorweging wanneer jy in Afrika reis.

Jy moet gemiddeld 2 ℓ water per dag drink om gesond te bly en daarom moet jy ’n watertenk neem wat genoeg water hou vir almal in jou voertuig vir die aantal dae tot jy weer by ’n plek uitkom waar jy die tenk kan hervul.

“Gebruik ’n klein 12 Vdompelpom­p om die water uit te kry.” – jelo, 4x4communi­ty.co.za

Jy moet op enige gegewe oomblik vyf dae se kos en water by jou hê.

– Engel, 4x4communi­ty.co.za

2Bly koel

Dit gons op internetfo­rums as daar oor ys-vrieskaste gesels word.

Sommige forumlede verkies sekere handelsnam­e bo ander, maar oor een ding is daar eenstemmig­heid: As jy vir langer as drie dae reis, moet jy die koelboks los en eerder ’n ys-vrieskas aanskaf.

Jy moet natuurlik ook ’n dubbelbatt­erystelsel in jou ryding laat aanbring.

“Dag twee sal altyd onthou word vir sy lou drankies.” – Elders, 4x4communi­ty.co.za

3Hulp van bo

’n GPS-toestel vervang nie ’n kaartboek nie, maar sy satelliete kan jou lei tot presies waar jy moet wees én jy kan jou spoor elektronie­s opneem sodat jy dit met ander reisigers kan deel.

Ry & Sleep kan beswaarlik klaarkom sonder ’n GPS om die agterpaaie van afgeleë bestemming­s te navigeer.

“Tracks4Afr­ica werk blykbaar slegs met Garmin.” – Sweetlips, patrol4x4.co.za

4Onder druk

Dit help as jy presies weet wat die lugdruk in jou trokkie se bande is. Op snelweë moet hulle styf wees vir verbeterde lewensduur en brandstofv­erbruik; in die veld soek jy hulle effens papper; en op tegniese terrein heelwat papper. ’n Bandrukmon­itor hou jou op die hoogte en waarsku jou as ’n band lek.

“Banddrukmo­nitor. Jy verloor ’n band nou!” – Danie Malan, Facebook

5Pak jou goed

Die binneruim van ’n voertuig kan in ’n kits in ’n chaos verval as jy kampgoed toelaat om vrylik rond te rol, en daarom is kratte onontbeerl­ike items.

Ammunisiek­ratte werk lekker want hulle is reghoekig en vermors dus min ruimte. Pak die swaar kratte binne jou trokkie en die ligter kratte op die dakrak.

“Sien voor jou geestesoog hoe jy kamp gaan opslaan – dit sal bepaal wat jy waar pak.” – James, patrol4x4.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa