Weg! Ry & Sleep

Wat hoort in jou noodhulpta­ssie?

-

Jy kan nie sonder ’n basiese noodhulpst­el gaan kamp nie. Ons het met Ryan Harrison, ’n paramediku­s, gesels oor wat alles daarin moet wees. BURNSHIELD

Dit is ’n hidrojel wat die pyn van ’n brandwond behandel en die genesingsp­roses vroeg begin. Moenie petroleumj­ellie soos Vaseline op brandwonde gebruik nie omdat dit ’n olierige middel is wat die sweetgaatj­ies laat verstop en die vel verhinder om asem te haal. Burnshield is ook beskikbaar as ’n wondbedekk­ing. TRAUMAVERB­ANDE EN -DOEKIES, EN STERIELE GAAS

Moenie jou oor watte bekommer nie, want dit is nie waarmee jy ’n wond moet skoonmaak nie – stukkies daarvan kan losskeur en in die wond agterbly, wat dan ontsteking veroorsaak. Steriele gaas en ’n traumadoek­ie stop die bloeding en help ook die bloed verdik. En dít is presies wat jy wil hê om erge bloeding te keer. HANDSKOENE

As jy dit kan bekostig, probeer van die dikker chirurgies­e handskoene kry, sê Ryan.

“Dit help om jou en die slagoffer teen die oordrag van kieme te beskerm. Die alledaagse latekshand­skoene skeur maklik.” KNELVERBAN­D (TOERNIKET)

In ’n noodgeval kan jy met ’n belt en stok jou eie een prakseer, maar ’n ordentlike toerniket bly noodsaakli­k in jou noodhulpst­el, sê Ryan. As daar erge bloedverli­es is, kan dit die vloei beperk en dalk ’n lewe red. SKÊR

Nie die soort wat Kleinjan in sy penneblikk­ie het nie, maar die sogenaamde reddingskê­r. Dit is die een met ’n hoek op die lem – hy is sterk genoeg om deur amper enigiets – selfs denim, leer en plastiek – te sny en word ook nie maklik stomp nie. HAARTANGET­JIE

’n Haartanget­jie (ja, ’n tweezer) kom veral handig te pas wanneer jy iets moet verwyder wat in die vel vassit, soos ’n doring of ’n stukkie glas. Dit is baie veiliger as om met jou hand te probeer. ONTSMETTIN­GSMIDDEL

’n Antiseptie­se vloeistof soos Savlon is ’n moet om wonde te ontsmet. Vir kleiner skrape en snyplekke kan jy ook ’n soutoploss­ing gebruik. SPALK

Wanneer jy met ’n gebreekte arm of been te doen het, help ’n spalk om die ledemaat te stabilisee­r totdat die pasiënt mediese aandag kan kry.

Ons het ook met Johan Marais, die uitvoerend­e hoof van die Afrika-Slangbytin­stituut, gesels en hy beveel die volgende twee noodsaakli­ke items aan. DRUKVERBAN­D

Dit is ’n spesiale soort verband wat help keer dat slanggif versprei deur die limfstelse­l af te sny. Die verband dui vir die een wat dit aanwend aan hoe om dit styf om te draai. Jy trek die verband tot die driehoeke daarop soos reghoeke lyk, en maak dit dan vas. ASEMMASKER

Johan beveel ’n produk met die handelsnaa­m Pocket Mask aan. Dit pas oor die slagoffer se neus en mond en seël dig. Jy blaas elk ses sekondes in die masker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa