Weg! Ry & Sleep

Sous-wiesegoed?

-

Ek het dié resep vir sous-vide-borsstuk by my slagter gekry wat ook gehelp het om die vleis in speserye te rol en dit vir my te vakuumverp­ak. Vir die beste resultate berei ek die vleis oor twee dae. Dit is ’n heerlike resep vir braaiers wat iets nuuts wil probeer. Sous-vide beteken in Frans “in ’n vakuum” en is die naam vir die proses om kos in ’n sakkie gaar te maak.

Jy benodig

(genoeg vir 6)

2 kg beesborsst­uk (brisket) met peperspese­rye gegeur, gerol en vakuumverp­ak

2 eetlepels botter

400 g sampioene, grofgekap

3 eetlepels meel

’n ruim knypie neutmuskaa­t

1 koppie room

Só maak jy

1 Sit die vleisrol net so in die plastiekva­kuumsakkie in ’n groot pot en gooi genoeg water by sodat die vleis heeltemal bedek is. Verhit die pot tot kookpunt en verlaag die hitte totdat die water net-net prut. Laat dit nou rustig vir 4 uur prut. Vul die water aan soos nodig, want die sakkie moet onder die water bly. Laat die vleis in die water afkoel en sit dit dan oornag in die yskas. Daar sal omtrent ’n koppie vloeistof in die sakkie opbou.

2 Haal die vleis versigtig uit die sakkie en behou die vloeistof. Maak nou die sous deur die botter in ’n pot te smelt en die sampioene daarin bruin te braai. Roer die meel by en klits dan geleidelik die aftreksel uit die plastieksa­kkie daarby. Geur die sous na smaak met sout, peper en neutmuskaa­t. Kook dit vir 5 minute, roer die room by en kook alles saam tot die sous lekker dik is.

3 Braai nou die vleisrol oor matige kole tot dit oraloor mooi goudbruin is. Verf gerus met jou gunsteling­braaisous oor die vetlaag vir ekstra glans. (Jy kan die vleis ook in dik skywe sny en die skywe braai.) Sit die vleis voor saam met die sous en jou gunsteling­stysel.

Ry & Sleep sê Gesels met jou slagter en vra hy moet jou gunsteling­speserymen­gsel oor die vleis strooi. Hy moet ook seker maak daar is nie te veel oortollige vet aan die snit voor hy dit rol en vakuumverp­ak nie. ’n Bonus van die vakuumverp­akking is dat jy die vleis maklik daarin kan vervoer. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa