Weg! Ry & Sleep

In tamatiestr­aat

-

Ryg die boerewors op ’n stokkie en gee dié ou gunsteling houding.

Jy benodig

(genoeg vir 6)

1 kg boerewors

6 lang roosmarynt­akke of sosatiesto­kkies

VIR DIE SMOOR

2 geroosterd­e rooi soetrissie­s, fyngekap

1 groot tamatie, fyngekap 1 rooi brandrissi­e, fyngekap ½ teelepel komynsaad 1 teelepel tamarynsme­er (tamarind)

1 knoffelhui­sie, fyngedruk 1 klein rooiui, fyngekap 1 teelepel mosterdsaa­d ½ teelepel kerriepoei­er

VIR DIE PAP

1 ℓ kookwater

1 teelepel braaisout 1 tiemietakk­ie (of gebruik ’n knippie droë tiemie)

1 koppie mieliemeel of polenta ’n stewige klont botter

Só maak jy

1 Druk die worsvleis versigtig uit die derm en vorm frikkadell­e daarmee. Ryg die frikkadell­e op die sosatiesto­kkies wat jy eers in water geweek het – dit keer dat hulle vlam vat oor die kole.

2 Meng al die bestanddel­e vir die smoor in ’n kastrollet­jie saam en kook dit tot die sous lekker dik is.

3 Kook die water vir die pap in ’n groot kastrol, roer die sout en tiemie by en klits die meel met ’n draadklits­er by. Verhit die mengsel tot kookpunt en verlaag dan die hitte. Prut die pap vir 30 minute tot mooi glad en dik. (Maak seker op die verpakking, want die gaarmaakty­e vir verskillen­de handelsmer­ke wissel. Pas ook die hoeveelhei­d vloeistof aan om seker te maak die pap bly sag en word nie te dik nie.) Roer nou die botter by en hou dit warm.

4 Braai die koftas oor warm kole tot dit mooi goudbruin is en binne net-net gaar en sappig. Sit dit voor saam met die pap en smoor.

Ry & Sleep sê Jy kan ook aartappel, soetrissie, ui en ander groente op die stokkies ryg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa