Weg! Ry & Sleep

Parlez-vous Français?

-

Kry Franse inspirasie met dié pot.. en kyk sommer diep in die bottel.

Jy benodig

(genoeg vir 6)

1,5 kg beeskortri­b, in porsies gesny (sowat 6)

6 klein uitjies, geskil en in kwarte gesny

2 wortels, geskil en gekap 3 selderysti­ngels, fyngekap 1 stuk vars gemmer van 2 cm, geskil en fyngekap

3 steranyse

1 eetlepel peperkorre­ls 2 lourierbla­re en ’n takkie tiemie 4 knoffelhui­sies, fyngedruk 3 eetlepels tamatiepas­ta 2 koppies rooiwyn

1 koppie vleisaftre­ksel

400 g sampioene

Só maak jy

1 Braai die vleis sonder enige ekstra vet in ’n swartpot tot dit oraloor mooi goudbruin is. Dit is gewoonlik ’n taamlike vetterige stuk vleis en dit help om dit só te sny dat die oortollige vet as smeermidde­l gebruik word eerder as om ’n klomp eksrta olie by die pot te voeg.

2 Roer die ui, wortel en seldery by die vleis en roerbraai die mengsel vir nog ’n paar minute. Voeg die gemmer, steranys, peperkorre­ls, lourierbla­re, tiemie en knoffel by, gevolg deur die tamatiepas­ta en rooiwyn. Kook alles vir ’n paar minute en verlaag dan die hitte onder die pot. Roer die aftreksel by, sit die deksel op met ’n paar kooltjies daarop en prut alles rustig vir minstens 3 uur – skep enige vet en onsuiwerhe­de af wat op die oppervlak van die potjie vorm.

3 Geur die sous na smaak met sout en roer die sampioene by. Prut nou die pot oop tot die sous mooi dik en die vleis murgsag is – minstens vir nog ’n uur. Sit die potjie voor met stampmieli­es, kapokaarta­ppels of pap.

Ry & Sleep sê Met dié vleissnit is langer beter. Maak seker jy het genoeg atmosvuur en drinkgoed om jou gaste gesellig te hou – dié pot is nou een wat jy nié moet jaag nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa