Weg! Ry & Sleep

Met murg en been

-

Skink ’n glas rooiwyn saam met dié een – wie het gesê jy kan nie deftig wees by die kampvuur nie?

Jy benodig

(genoeg vir 6)

’n stewige klont botter (maak seker jy gebruik regte botter) 6 skywe murgbeen van 3 cm dik 1 groot witui, gekap

1 heel knoffelhui­sie

1 teelepel borrie

’n knippie droë brandrissi­e 2 koppies risottorys

(soos arborio of carnaroli)

’n glas witwyn

1 ℓ goeie vleisaftre­ksel

½ koppie gerasperde pecorino of parmesaan

Só maak jy

1 Verhit ’n groot swaarboomp­ot oor matige hitte, smelt die botter daarin en braai die murgbene tot dit oraloor mooi goudbruin is. Roer die ui en knoffel by en braai alles stadig vir 5 minute saam tot dit begin geurig word.

2 Voeg die borrie, rissie en rys by en roer tot al die korrels goudgeel en oraloor met botter bedek is. Skink die wyn by en roer die rys totdat al die vloeistof geabsorbee­r is.

3 Skep ’n koppie aftreksel by en roer die mengsel verder tot die die rys die meeste van die vloeistof geabsorbee­r het. Voeg die res van die aftreksel koppie vir koppie by en roer dit elke keer tot die vloeistof amper weggekook het. Wees geduldig – uiteindeli­k moet die rys ná ongeveer 20 minute romerig en al dente wees.

4 Haal die pot van die hitte af en skep die heel knoffel uit (dié gooi jy weg). Roer die kaas deur die risotto en geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper. Sit dit dadelik voor met ’n murgbeen in die middel van elke bakkie. ’n Strooisel biltongpoe­ier is ’n heerlike ekstra.

Ry & Sleep sê Omdat risotto taamlik ryk is, kan jy dit ook as ’n bykos voorsit. As jy luuks voel, vervang die borrie met ’n knippie saffraan wat jy in ’n bietjie warm water week.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa