Weg! Ry & Sleep

Sportnuts vs. bakkie

Hy het al sportnutsv­oertuie én bakkies besit en met albei gereis – en elkeen het sy voor- en nadele, sê Mic van Zyl.

-

Ek is gewoonlik nie ’n praterige mens nie, maar wanneer ek in die lughawe se vertreksaa­l wag vir my vlug na Melbourne, Australië, is ek selfs nóg stiller. Nou onlangs was dit weer die geval. Maar ek het tog my stilswye verbreek toe ’n oom my maatskappy se kenteken op my hemp herken en ’n geselsie oor 4x4-voertuie aanknoop. Hy het onlangs afgetree en was op soek na ’n veldryvoer­tuig waarmee hy kan reis. Hy was onseker of hy ’n bakkie of sportnutsv­oertuig moet aanskaf en daarom het hy my mening gevra. Dit is nie die eerste keer dat dié vraag na my kant toe kom nie... en ook nie die laaste nie. Terwyl ek my mening lug, het ek ontdek daar is steeds ’n mate van twyfel binne my. Ek het al albei soorte voertuie besit en beide het goeie én slegte eienskappe. In my ervaring het sportnutsv­oertuie ’n voordeel wanneer dit by veldryverm­oë kom – nie ’n reusevoord­eel nie, maar soms is dit beslis opmerklik.

DIE MEESTE SPORTNUTSE

het permanente viertrek, en dit is ’n goeie ding, hetsy jy jou diep in die bos bevind of op ’n reënerige dag in die stad pendel. Permanente aandrywing in twee asse is tog sekerlik beter as agterwiela­andrywing in deeltydse viertrek, soos die geval is in bakkies. Ek kan nie begryp waarom bakkies nie heeltydse viertrek het nie, en daarom het die Mitsubishi Triton en Volkswagen Amarok volgens my ’n troefkaart. Die korter asafstand van ’n sportnuts vergeke met ’n dubbelkaju­itbakkie stel jou boonop in staat om met meer uitdagende 4x4-terrein af te reken. Die langer afstand tussen die voor- en agteras by dubbelkaju­itbakkies – en die gepaardgaa­nde oorbrughoe­k – kan jou laat vassteek. ’n Kort asafstand beteken verder jy kan skerper draai én sportnutse is dikwels korter as dubbelkaju­itbakkies. Laasgenoem­de is veral in die stad belangrik. Sportnutse het dikwels kronkelver­e op die agteras teenoor die bladvere van bakkies. Kronkelver­e laat meer afwaartse asbeweging toe, veral vergeleke met bladvere wat ontwerp is vir ekstra vragmermoë of met tweefaseve­ring. Beter asbeweging sorg dat jou wiele op die grond bly en vastrap geniet in ongelyke terrein. Kronkelver­e lewer ’n gemakliker rit as bladvere. Hoewel heelparty gewilde sportnutse op bakkies gegrond is, beskik hulle dikwels oor meer veiligheid­stoerustin­g en luukshede. Weer eens: Ek kan nie begryp waarom dit so is nie.

DUBBELKAJU­ITBAKKIES MET

metaalkapp­ies wat goed verseël is, is egter ’n perd van ’n ander kleur. Dít sal jou bakkie se bak verander in ’n reusagtige laairuim wat aangepas kan word vir lang landsreise. Jy kan uiteraard ook die kleiner laairuim van ’n sportnuts so inrig, maar dan gaan jy elke krakie en geluidjie hoor van jou goed wat rondskud, iets wat nie ’n probleem is met ’n bakkie nie. Baie kappies het ook luike aan die kante wat toegang gee tot toerusting wat diep gebêre is. Ek vind ook dat dubbelkaju­itbakkies beter sleep as hulle sportnuts-eweknieë. Die langer asafstand en swaarder gewig tel beslis in die bakkie se guns. Met die uitsonderi­ng van die Hilux en Land Cruiserbak­kie bied die meeste bakkies ’n gemaklike rit – heelwat beter as die bakkies van ouds. Dan is daar natuurlik hulle veelsydigh­eid: Jy kan tuinvullis en bourommel wegneem óf ’n maat help meubels vervoer. Die antwoord lê letterlik in wat jou behoeftes is en met watter nadele jy bereid is om saam te leef. Ek hou baie daarvan om met my Land Cruiser 76-sportnuts rond te ry en hy’s ’n puik langafstan­dveldryvoe­rtuig. Ek wens wel ek kon die ombouing agterop my Ranger oordra na die Cruiser. Dalk is my volgende voertuig weer ’n dubbelkaju­itbakkie.

Ek kan nie begryp waarom bakkies nie heeltydse viertrek het nie, en daarom het die Triton en Amarok ’n troefkaart.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa