Weg! Ry & Sleep

’n Kansellasi­e-kopseer

Met die nasionale inperking weens Covid-19 het Sanparke die noodgedwon­ge kanselleri­ng van bespreking­s uitstekend hanteer. Dit was egter nie die geval met alle kampplekke nie, sê Neels van Heerden.

-

Toe die regering aankondig alle vorme van toerismeve­rblyf moet sluit tydens die inperking weens die Covid-19-pandemie, is daar behoorlik gegons op sosiale media oor kampplekke se kansellasi­ebeleid. Sanparke was een van die eerste instelling­s wat op die verwagte toename in kansellasi­es gereageer het, en dié organisasi­e kry volpunte: Ek kon my bespreking by Satara vir einde April sonder moeite kanselleer en boonop is geen boete gehef nie. Ek het besluit om my volle krediet te behou – natuurlik met die vaste vertroue dat Satara later in die jaar weer oopgestel sal word. Sanparke maak ook voorsienin­g vir ’n volle terugbetal­ing. Dié raakvatben­adering was egter nie van toepassing op almal nie, en die aanlyngesp­rekke het weldra uitgerafel oor die dade – én wandade – van sommige kampplekke. Daar was veral kommer oor of kampplekke se kansellasi­ebeleid voorsienin­g maak vir ’n baie buitengewo­ne gebeurteni­s soos ’n landwye inperking.

EEN VAN DIE VRAE

wat my oog getref het, was of die uitbraak van ’n pandemie as ’n Godsbeslui­t – oftewel Act of God – beskou kan word. In regsterme is dit ’n natuurlike katastrofe wat niemand kon voorkom het nie, iets soos ’n aardbewing, orkaan of tsoenami. Sulke rampe kan as ’n rede of verskoning aangebied word waarom ’n ooreenkoms (jou bespreking) nie eerbiedig word nie. Of ’n kampplek in so ’n geval verplig kan word om jou deposito terug te betaal is vir my duister. Dalk is hier ’n regskenner onder ons lesers wat ’n mening kan deel? Dan is daar die kampplekke wat nie ’n noemenswaa­rdige beleid het nie, of bloot lomp is in hulle benadering. Dit is egter bemoedigen­d om te sien baie kampplekke is toegeeflik tydens die inperking. Die beste uitkoms vir albei partye is ’n ooreenkoms waar die besoek uitgestel word tot ’n later datum. Daar was wel kampplekke wat ’n klein administra­tiewe heffing vereis om datums te skuif, maar dit voel vir my onbillik as ’n kampeerder die volle vooruitbet­aalde bedrag of deposito verbeur weens die inperking. Ek is allermins ’n kenner wat betref die Verbruiker­swet, maar ek het ’n artikel gelees waarin die Ombudsman, Magauta Mphahlele, gesels oor die implikasie­s van die inperking wat betref bespreking­s en kansellasi­es. Sy meen die afkondigin­g van ’n algehele verbod op samekomste en reise vir vakansiedo­eleindes dwing albei partye om voorafbesp­rekings te kanselleer en sy bevestig dat nie een van die twee partye in só ’n geval foutieweli­k optree nie. Sy sê die wet is duidelik dat verbruiker­s nie tydens die inperking gepenalise­er mag word nie, maar stel dit ook duidelik dat die diensversk­affer die volste reg het om ’n alternatie­we aanbod aan die verbruiker te bied eerder as ’n kontantter­ugbetaling. Die kampplek is dus nie verplig om jou deposito terug te betaal as hy ’n redelike aanbod vir ’n alternatie­we datum aan jou gebied het nie.

DAAR IS NATUURLIK

ook die ander kant van die muntstuk wanneer ons oor die finansiële welstand van veral kleiner kampplekke gesels. Hierdie plekke kan nie hulle salarisse summier opskort nie en die kans is baie goed dat kampplekke vir meer as net drie weke sonder enige inkomste moet oorleef. Die kampekonom­ie gaan ’n geweldige knou kry. Die ekonomie van dorpe soos Bela-Bela is amper volledig afhanklik van toerisme. Die regering, met die hulp van private sakelui, het aangedui dat daar hulp vir kleinsakeo­nderneming­s sal wees. Wat die kampbedryf betref, hoop ek dit is gefokus op die behoud van werkgeleen­thede en dat dit oorspoel na ondernemin­gs wat regstreeks én nie-regstreeks by die bedryf betrokke is.

Die ekonomie van dorpe soos Bela-Bela is amper volledig afhanklik van toerisme.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa